Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
AANTAL GEMEENTES
HOEVEELHEID GEMEENTE-PREDIKANTE
AANTAL LIDMATE IN 2025
Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld, en daarom is dit die Kerk se missie om die evangelie van Jesus Christus te vier, die gemeenskap van gelowiges te beoefen, diens te lewer, en getuienis te lewer oor die hoop wat in ons leef.
Sondag 7 Desember (Tweede Adventsondag) – Waag ’n slag!
Jesaja 7: 1-14; Matteus 1: 23 Staan God op ’n afstand en kyk na wat met ons gebeur? Die vraag is miskien eeue oud, maar steeds relevant. God bly nie iewers daarbo nie. Hy hou ons nie maar net dop van ver af nie. Hy is Immanuel. God by ons. So sê God wanneer Hy belowe dat Hy vir Koning Agas, wat ’n krisis met sy bure beleef, ’n teken gaan gee. Daardie teken is ’n vrou wat swanger sal word en ’n seun in die wêreld sal bring, en sy sal hom Immanuel noem. God by ons. God sê vir Agas om nie bang te...
