Donderdag 12 Februarie – Laat julle lewe aan die Here oor
Psalm 37: 1-5 en 23-26
Ons hou daarvan om in beheer te wees van ons finansies en sukses asook ons huishouding. Sommer van ons lewe. Daar is niks wat die appelkar so gou omkeer as wanneer ’n dag of selfs die lewe nie uitspeel soos ons dit beplan het nie.
Dan lees ’n mens ’n psalm soos Psalm 37 wat sê: Laat jou lewe aan die Here oor (Ps 37: 5). Jy het lus om vir Dawid te sê dat dit nie so eenvoudig is nie. Hy ken nie ons omstandighede nie en sien nie hoe ver die Here van ons af is nie. Tog is daar niemand beter as Dawid om hierdie boodskap oor te dra nie, want hy het eerstehandse ervaring van God se nabyheid en genade.
Omdat jy in beheer wil wees, maak jy altyd planne en soek uitkoms. Ook wanneer dit met jou swaar gaan, wil jy alleen die stryd stry. Jy wil nie hê ander moet weet jy kry swaar nie, want swaarkry word dikwels geassosieer met swakheid. In jou swaarkrytye is jy baie keer ver van God af want jy is so besig om planne te maak, om ’n uitweg te soek en te stoei met jou omstandighede dat jy nie eers na sy wil vra nie. Jy soek konkrete sekuriteit en ’n tydlyn van hoe lank die sukkel of swaarkry gaan duur.
Tog, wanneer jy jou lewe aan die Here oorlaat en op Hom vertrou, het jy versekering wat vir jou van onskatbare waarde is. Sekuriteit wat geen geld vir ons kan koop nie. As jy gekonfronteer word met die gevolge van moord en doodslag, roof en geweld moet jy nie aanvaar dat die Bose tog maar sy sin gekry het nie. Jy moenie vir ’n oomblik glo dat jy weerloos staan nie Jy moenie in jou sukkeltye moed verloor of boedel oorgee nie. Nee, want dieselfde God wat lank gelede al vir die psalmdigter en deur die psalmdigter vir gelowiges gesê het: Laat julle lewe aan die Here oor, rig daardie selfde uitnodiging vandag aan jou,
Ds Marissa Kidson, Pretoria-Wes
Woensdag 11 Februarie – Die evangelie is vir almal wat glo
Lukas 4: 21-30 Jesus het in ’n sinagoge in Nasaret gepreek. Die mense was eers beïndruk met Jesus se prediking, maar dit het spoedig verander. Jesus se gehoor het verwag dat Hy ook vir hulle wonderwerke sal doen soos wat Hy elders gedoen het. Nie net verwag hulle dat...
Dinsdag 10 Februarie – Jesus voorsien in oorvloed
Johannes 2: 1-12 Jesus, sy moeder en die dissipels is gaste by ’n bruilof in Nasaret. Iewers tydens die week se feesvieringe het die wyn opgeraak. Vir die bruidegom se vader was dit nie net ’n groot krisis nie, maar ook ’n verleentheid. Nie net sou hy sy familie in...
Maandag 9 Februarie – God kies en roep
Markus 1: 16-20 Vissers was doodgewone mense wat hard gewerk het om vir hulle en hul families te kon sorg. Jesus ontmoet hulle met ’n boodskap: Volg My, en Ek sal jou ’n visser van mense maak (Mark 1: 17)! Volg my!, was die eerste opdrag. Toe Jesus vir hierdie manne...
Sondag 8 Februarie – Wanneer jy Jesus ontmoet
Handelinge 9: 1-19 Die verhaal van Saulus kan in met een woord opgesom word: genade. Saulus het na Stefanus se dood die leiding geneem om Jesus se volgelinge selfs tot in die uithoeke van die aarde te soek om hulle te vervolg. Baie van Jesus se dissipels het na ander...
Saterdag 7 Februarie – Die plig om te vergewe
Matteus 18: 21-35 Ek is seker ons elkeen was al in ’n situasie waar ons so kwaad was vir iemand dat dit gevoel het of ons hulle nooit sal kan vergewe nie. En tog as gelowiges word daar van ons verwag om te vergewe. Maar vergifnis is nie maklik nie. Die verhaal van...
Vrydag 6 Februarie – Nuwe seisoene in Christus
Kolossense 3: 5-17 Die natuur beweeg elke jaar deur vier bekende seisoene – herfs, winter, lente en somer. Elke seisoen bring verandering: blare begin val in die herfs, alles raak vaal as gevolg van die koue in die winter, nuwe lote begin later bot in die lente, en...