Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika
AANTAL GEMEENTES
HOEVEELHEID GEMEENTE-PREDIKANTE
AANTAL LIDMATE IN 2025
Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld, en daarom is dit die Kerk se missie om die evangelie van Jesus Christus te vier, die gemeenskap van gelowiges te beoefen, diens te lewer, en getuienis te lewer oor die hoop wat in ons leef.
Donderdag 13 November – Selfgemaakte mens
1 Korintiërs 4 (AFR2020) Daar is ’n mite wat die rondte doen in ons moderne samelewing: die mite van die selfgemaakte mens. Volgens hierdie mite is alles wat ons het en alles wat ons ooit bereik het, alleenlik deur ons eie toedoen. Daar is talle selfhelpboeke wat ons probeer leer hoe om ’n selfgemaakte mens te word – iemand wat van niemand anders afhanklik is nie. Is hierdie mite enigsins waar, veral in die lewe van ’n volgeling van Jesus Christus? In 1 Korintiërs 4 spreek Paulus die gemeente...
