Matteus 5: 14 

’n Kersboom is nie ’n Kersboom sonder liggies nie. Helder liggies van verskillende kleure. Jaar na jaar haal ons die liggies uit die kas en kyk ons of hulle nog werk. Wanneer Kersfees verby is, bêre ons dit weer vir nog ’n jaar en vergeet daarvan.

Voorstel: Ons moet daarteen waak om soos hierdie liggies te wees wat in die kas gebêre word en van vergeet word. Liggies wat net skyn wanneer dit een maal ’n jaar uit die kas gehaal word. Ons lig moet daagliks helder skyn sodat mense elke dag in ons teenwoordigheid die lig van God se liefde kan ervaar. Jesus was ons Lig in hierdie donker wêreld, en die boodskap van hoop wat Hy vir ons gebring het, moet aan ander ook oorgedra word. Ons lig moet helder skyn in hierdie donker wêreld.

Helder skyn u lig vir die nasies,

’n vreugdeglans om die mense te verlig

tot die hele wêreld kan sien U is die lig.

Mag u lig, Heer, deur óns skyn.

(Gesang 488: 1)

Ds Maritza Oosthuizen, Belfast/Waterval Boven

af
af
Copy link