Galasiërs 3: 23-29

Deur geloof in Jesus Christus is ons met God versoen: Ons is kinders van God die Vader en diensbaar aan God. Christus het hierdie voorreg vir ons moontlik gemaak deur sy kruisdood en opstanding. Die Here het deur sy hemelvaart sy koningskap bevestig. Hy is die goeie Koning wat sy lewe afgelê het vir ons, sy kinders. Hy bewerk ons vryspraak. Hy is ook die Koning wat regeer tot in alle ewigheid.

Ons bely daarom dankbaar die Here as Koning en Verlosser. As kinders van God word ons vrygespreek van sondeskuld en die ewige dood as straf. Ons word volgens Galasiërs 3: 23 vrygestel van die wet, wat ons voorheen gevange sou hou.

Wie vrygespreek is, vrees nie meer straf nie en beskou ook nie swaarkry of verlies as straf nie. Wie oordeel verdien het en vrygespreek is, waardeer die vryheid en die prys daarvan, en leef elke dag dankbaar in diens van God en medemense.

Gebed

Here, dankie dat ek u kind mag wees. Mag ek in dankbaarheid bewus wees van u teenwoordigheid, heerskappy en soewereiniteit. Amen.

Ds Michael Müller, Klerksdorp-Wilkoppies

af
af
Deel met behulp van
Copy link