Jesaja 40: 30-31 

Kom ons kyk na die arend:

  • Die arend is een van die grootste vlieënde voëlsoorte.
  • Die arend is ’n simbool van krag, dapperheid en ewigheid.
  • Hul vlerke kan tot 1,7 meter wees as dit wyd uitgesprei is.
  • Hulle sweef.
  • Hul oë is uniek en hulle kan kos vanuit die lug opmerk.
  • Hulle het massiewe kloue.

Kom ons kyk na die mens:

  • Ons het nie vlerke nie, maar ons wil ook ons metaforiese vlerke sprei en ons beste bereik in hierdie wêreld.
  • Ons, die kinders van God, is geskep na God se beeld.
  • Dié belofte word in Psalm 8 gevind: Ons is net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak.
  • Soos die arend baie talente en gawes het, het God vir ons ook gawes en talente gegee.

Hoekom gebruik Jesaja hierdie beeld as hy oor die krag van God praat? Omdat Hy daarteenoor aantoon dat hoewel mense, selfs jongmanne, moeg en afgemat word, God se teenwoordigheid in ons lewens beteken dat ons altyd deur sy krag kan leef en werk. Soos iemand wat nooit moeg word nie, of soos iemand wat met ’n arend se vlerke vlieg, so word ons deur die krag van God versterk en kan ons aan sy krag vashou in ons lewens, veral daar waar ons eie kragte so min word.

Ds Tiaan Loedolff, Vaalwater

 

af
af
Copy link