Artikels

’n Tempel buite Jerusalem ontdek
Argeoloë het nét sewe kilometer noordwes van Jerusalem ’n ontdekking gemaak wat die wêreld verstom het. Hulle het ’n tempel uit die Ystertyd II-tydperk (10de tot 6de eeu voor Christus) ontdek wat gedurende dieselfde tyd as die tempel van Salomo gefunksioneer het. Nie...

Die jeug en konnektiwiteit
Konnektiwiteit is iets wat alle jongmense verstaan, maar besef ons altyd dat ons konneksie met God moet wees? God het reeds hande na ons toe uitgesteek, die vraag is: Wat is ons respons daarop? Konneksie en konnektiwiteit is nie noodwendig terme wat daagliks in ons...

Jou daaglikse geestelike skoonheidsroetine
’n Bekende kosmetiese maatskappy het ’n promosie geborg waarin mense gevra is om foto’s en briewe te stuur van die mooiste vroue wat hulle ken. ’n Brief wat ingestuur is deur ’n jong seun het veral aandag getrek. Uit die brief was dit duidelik dat hy uit ’n gebroke...

As die Leermeester se mantel op jou val
Liturgie V: Voorganger G: Gemeente TOETREDE: Lied 464:1 en 2 1 O Heer my God, as ek in eerbied wonder – en al u werke elke dag aanskou: Die son en maan, die aarde, sterre, wolke, hoe U dit elke dag so onderhou... Dan moet ek juig, my Redder en my God! Hoe groot is U;...

#IAmAndIWill
9,6 miljoen mense sterf jaarliks aan kanker. Dit is meer as die gekombineerde sterftes van MIV/vigs, malaria en tuberkulose. Daar word beraam dat teen die jaar 2030 sowat 13 miljoen mense jaarliks sal sterf as gevolg van kanker. Wêreldkankerdag op 4 Februarie elke...

Gryse jeug
Die soveelste katedraal wat ek in Januarie in Ierland betree het, begroet my met dieselfde gesig. ’n Paar bejaardes wat eerbiedig aan welke vorm van godsdiensbeoefening ook al deelneem. Met my terugkeer na ons eie land word ek weer ten seerste bewus van my eie...

Sáám op pad (intergenerasie-jeugbediening)
Ds Annieka Pottas Die navorsing wys dat wanneer mense, maar veral jongmense, beskryf hoe ’n gemeente lyk waar hulle gelukkig is, sal hulle dikwels sê: Die kerk is soos familie. Dit verwoord iets van wedersydse liefde, aanvaarding, ’n plek om te behoort, maar in effek...

’n Onverwagse uitnodiging maak nuwe deure oop
Soms ontvang ’n mens uit die bloute ’n uitnodiging wat jou effens onkant betrap. Iemand wat jou nie goed ken nie, nooi jou om by ’n saak van gemeenskaplike belang betrokke te raak. ’n Mens is dikwels onseker of jy die uitnodiging moet aanvaar. Maar jare later besef jy...

Die Bybel bring hoop vir almal
Die onskatbare waarde van die Bybel vir die kerk en die onontbeerlike rol wat die Bybel speel in lidmate van die kerk se geloofslewe, kan maklik as vanselfsprekend aanvaar word. Maar het dit nog waarde om die Bybel te lees? Is die Bybel relevant vir vandag? In 2020...

HTS Teologiese Studies 1943-2019
In 2019 word HTS Teologiese Studies / Theological Studies se 75ste volume uitgegee. In November 1943 is die eerste aflewering “onder redaksie van Teologiese Professore van die Ned. Herv. Kerk aan die Universiteit van Pretoria” gepubliseer. Die eerste uitgewer was die...

Hier is ons vriende in Afrika
Die Here roep ’n mens soms op ’n plek en manier wat jy nie verwag nie. So het dit ook gebeur dat drr André Ungerer en Wouter van Wyk pas die Evangelies Kongregasionalistiese Kerk in Angola (EKKA) gaan besoek het. By ’n byeenkoms van die Afrika Gemeenskap van...

’n Emmer koue water… en toe die realiteit!
Dit was ’n normale Sondag. Ons het as gesin saamgekuier. Meteens word die gesprek verander: Pa, Ma – ons het besluit om vir ’n paar jaar Engeland toe te gaan. Ons reaksie: Vir hoe lank en wanneer? En die antwoord: Vir eers beplan ons vir so vyf jaar, en ons gaan al...

Kom ons maak ’n plan met werkloosheid
Die wrede werklikheid van werkloosheid is oral om ons. Nou het ons egter ’n kans om ’n verskil te maak in ons land. Die Hervormde Kerk is, saam met ’n aantal ander kerke en geloofsgebaseerde organisasies, nou al ’n paar jaar lank betrokke by die werk van die...

Anders maar eenders – die NHKA en die NGK
Skaars twee weke na die Hervormde Kerk (NHKA) se Algemene Kerkvergadering (AKV), het die NG Kerk (NGK) hul Algemene Sinode (AS) gehou. Vir iemand wat die AS vir die eerste keer bygewoon het, was die verskille en ooreenkomste opvallend. Die AS met 200 afgevaardigdes is...

Die ADV gaan voort
Beskrywingspunt 52 van die 72ste Algemene Kerkvergadering (AKV) se oogmerk was dat diakens deel moet vorm van die AKV. Hierdie beskrywingspunt is nie goedgekeur nie. Ek kan heelwat fronse en wenkbroue sien wat in vraagtekens trek. Wat het die lede van die vergadering...

’n Nuwe huweliksformulier
’n Formulier is gewoonlik nie ’n dokument wat mense aan die praat kry nie. Dis maar ’n vasgestelde teks wat telkens weer by ’n plegtige geleentheid gelees word. Mettertyd raak die woorde bekend, sodat ’n mens nie meer behoorlik luister of daaroor nadink nie. Die 72ste...

Die NHKA op pad na 2025
Konsolideer. Dink saam. Werk saam. So kan ’n mens die belangrikste uitkomste van die pas afgelope 72ste Algemene Kerkvergadering (AKV) saamvat. Konsolideer Die heel eerste beskrywingspunt op die agenda van die AKV het dié opskrif gedra: Sinergie op pad na 2025....

Beplan vir die lekker en sosiale deel van aftrede
Wanneer ’n persoon sy of haar aftrede beplan, is die grootste fokus en bekommernis meestal die finansiële aspek daarvan. Wat ook heeltemal reg is. Maar, buiten die fondse wat benodig word om jou aftrede te geniet, moet daar ook gedink word aan wat jy fisies gaan doen...

Die nuwe Kommissie van die AKV
Die 72ste Algemene Kerkvergadering het ’n kombinasie van ervaring en nuwe bloed verkies tot lede van die Kommissie van die AKV. Al die predikantslede van die Kommissie van die 71ste AKV was herkiesbaar, en vier van die ouderlingslede. Die AKV het die voorsitter, dr...

72ste Algemene Kerkvergadering
Toekennings tydens die openingsplegtigheid Na afloop van die erediens (gelei deur die voorsitter van die uittredende Kommissie, dr André Ungerer) tydens die opening van die 72ste AKV is toekennings aan vyf persone gemaak. Die HCM Fourie-erepenning is oorhandig...

Vreugde
Op verskillende plekke in die Bybel lees ons van die vreugde waarmee gelowiges vervul is. Dink maar net aan Psalm 16: 11: U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap; en Psalm 30: 12: Ek was in rou, maar U het my van vreugde laat dans. Nie net Dawid...

Nuutskepping in musiek en poësie
Voor alle tye, voor elke begin is ’n woord gespreek, is ’n lied gesing... In Heidelberg, Duitsland, Julie 2014, praat ek oor die tema van die skepping in nuwe kerkliedere. Die derde Somerskool vir Musiek en Religie word aangebied deur die Hochschule für Kirchenmusik...

Geloof vóór bang
As dit gaan soos dit nou gaan, het die oumense altyd gesê: In tye soos hierdie moet ’n mens geloof sit vóór bang. Dit is ’n spanningsvolle tyd. By feitlik elke aspek wat te doen het met die politiek, ekonomie, onderwys, familie en die regstelsel kan ’n mens die woord...

’n Reisperspektief – Reformasie 500 jaar
Ons het in 2017 ’n jaar lank “fees gevier” om Reformasie 500 jaar te herdenk. Daar was opnuut verskille in mening van wat gepas sou wees en wat nie – wie welkom sou wees en wie nie… Ek bly egter daaroor nadink: die besondere ervaring tydens ons onlangse reis in Europa...

My repliek op die toekenning vir besondere diens
Dit is voorwaar ’n eer wat die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, die Raad van Finansies en daardeur die Kerk, aan my en my gesin bewys het. Aan almal wat die afgelope 18 en ’n half jaar my pad gekruis het, baie dankie. Hierdie toekenning word vandag aan my...

’n Nuwe lewe in Nieu-Seeland
Dit is ’n proses wat in die geheim begin. Agter toe deure met gedempte stemme. Niemand weet van jou planne nie, want jy weet self ook nog nie... Moet jy bly of moet jy gaan? Wipplankgedagtes. Middernagberaadslagings. Praat, oorweeg, dink, bid. Lyste van voordele en...

Om relevant te wees
Toe ek op skool was, het my predikant vir my ’n storie vertel wat my bygebly het. Hy het my vertel van ’n jong seun wat op ’n dag ’n vreemde gebruik in sy gemeente bevraagteken het. Hy het waargeneem dat die lidmate tydens die erediens, met ’n spesifieke lied, kant...

Die bediening in Paraguay in 2019
Soos altyd, was dit ’n voorreg en vreugde om vanjaar die lidmate in Paraguay te bedien. Hierdie voorreg word finansieel moontlik gemaak deur ’n aantal borge in Suid-Afrika, maar grootliks deur die lidmate in Paraguay. Daarmee saam maak gemeentes Nelspruit en...

Wie kwalifiseer vir staatspensioen en hoe kry ek dit?
Die jare stap aan, en eensklaps moet groot besluite geneem word oor die lewe na aftrede. Gaan die beskikbare fondse genoeg wees om ’n sekere lewenstandaard te handhaaf? Moet ’n toelae van die staat nie dalk oorweeg word nie? Staatstoelae het aan die begin van 2019...

Vennootskap tussen landbou en tradisionele leiers gee hoop
Grond is ’n baie sensitiewe saak in Suid-Afrika. Grondhervorming is uiters omstrede. Politici se uitdagende uitsprake oor hierdie onderwerp het oor die afgelope paar jaar gelei tot toenemende wantroue en verdeeldheid in die gemeenskap. Wie sou dus kon dink dat ’n...

Op die spore van missionale kerkwees
Op Woensdag 14 Augustus het die sesdejaar teologiestudente op ’n Noordwes-toer vertrek. Dié toer vorm deel van die nagraadse diploma wat studente van die NHKA en die NGK in hul finale jaar aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Die doel van die toer is om studente...

360º leierskap
Hierdie tyd van die jaar, rondom Augustus, is in baie huise ’n moeilike en einatyd, met die verkiesing van leerlingrade in skole. Sussa of Boeta het hul hart daarop gesit om verkies te word en word dan teleurgestel. As ouer is dit baie moeilik en seer om te troos en...

Karl Barth se boodskap vir die kerk van ons dag
Is ons nie terug waar Luther 500 jaar gelede, en Barth 100 jaar gelede was nie – baie goeie werke, en ’n afwesigheid van God? So vra prof Natie van Wyk in ’n voordrag op die Tydskrif vir Hervormde Teologie (THT) se jaarlikse simposium wat hierdie keer gehandel het...

Droogtehulp aan Calvinia en Williston
Suid-Afrika het die afgelope jare deur verskeie droogtes gegaan. Ons is diep dankbaar teenoor die Here vir die goeie reën wat in verskillende gebiede vir baie mense en diere uitkoms gebring het. Die droogte in die gebiede van Calvinia en Williston duur egter nog...

Aftelling op pad na die 72ste Algemene Kerkvergadering
(Sondag 22 tot Donderdag 26 September 2019) Dis amper die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se Algemene Kerkvergadering (Algemene Sinode) en ek wou al lankal ’n aftelling soos hierdie aanpak – en toe het dr Wouter van Wyk, sekretaris van die Kommissie van die...

Die Hervormde Teologiese Kollege by die halfpadmerk van 2019
Die Hervormde Teologiese Kollege, of HTK soos algemeen in die Kerk bekend, is op 1 Januarie 2000 in die lewe geroep, en die eerste voltydse hoof was prof TFJ (Theuns) Dreyer. Die ooreenkoms wat met die Universiteit van Pretoria gesluit is, het kortweg daarop neergekom...

Die jeug se behoefte: Nie “cool” nie, maar warm!
Jong mense – nee almal van ons – het ’n kerk nodig wat ’n warm, verwelkomende en opregte geestelike tuiste bied. Jesus het so ’n gemeenskap gevind as ’n 12-jarige tienerseun, terwyl Hy tydelik vir drie dae geskei was van sy ouers. Lees gerus weer Lukas 2: 41-52 en...

Ek voel tuis
Geen mens kan vir lang tye klaarkom sonder basiese hulpmiddels soos water, kos en behoorlike skuiling teen wind en weer nie. Karyn Hall skryf in Psychology Today (24 Maart 2014) dat om tuis te voel (a sense of belonging, soos sy dit stel), vir ’n mens net so belangrik...

Die NHKA en barmhartigheid
Kerk-wees en barmhartig-wees loop hand aan hand. Die geloof in Christus word prakties uitgeleef in gelowiges se roeping om barmhartig te wees. Die oproep om na die weerloses in die sosiale gemeenskap om te sien, word reeds in die Ou Testament gemotiveer. Verskeie...