BESKRYWINGSPUNT 1:  KOMMISSIE VAN DIE AKV

SINERGIE ONDERWEG NA 2025

Alle gemeentes, ringskommissies en sinodale strukture streef deurlopend sinergie na.  Die Kerk voer gesprek om die bediening aan lidmate en die gemeenskap te bevorder deur kerklike belange en dienste op alle vlakke te konsolideer en te optimaliseer.

Die besluit word uitgebrei met die volgende amendement, gestel deur ds WJJ Kok en gesekondeer deur ds CEC Hertzog:

Die Kommissie van die AKV en die Raad van Finansies kry opdrag om alle sinodale poste, rade en komitees se werkopdragte te herbelyn om sodoende sinodale dienste verder te konsolideer en te optimaliseer.

 

BESKRYWINGSPUNT 2:  KOMMISSIE VAN DIE AKV

BESLUITE VAN DIE AKV

Die Raad vir Kerkregtelike Advies stel voor dat die volgende invoeging gemaak word in die Kerkorde as Ordinansie 4.4.4 (xviii):

Sonder dat dit nodig is om na ‘n vorige besluit of besluite te verwys, vervang of wysig, na gelang van die geval, die nuutste besluit vorige besluite wat oor dieselfde of grootliks oor dieselfde onderwerp of onderwerpe as die nuutste besluit handel.  In die geval van twyfel of ‘n besluit ‘n ander besluit vervang of wysig, is die uitleg van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering in hierdie verband finaal.

Die huidige Ordinansie 4.4.4 (xviii) word Ordinansie 4.4.4 (xix).

Die besluit word uitgebrei deur die volgende amendement, gestel deur dr P van Staden en gesekondeer deur dr GJ Malan:

Die uitleg dien by die eersvolgende AKV vir bevestiging.

 

BESKRYWINGSPUNT 3:  RING VAN POTCHEFSTROOM

SKRIFBESKOUING EN KERKWEES IN DIE TOEKOMS

  1. Die 71ste AKV het in Beskrywingspunt 1 punt 3 besluit:

Die Hervormde Kerk wil kerk van die Woord wees.  Die Woord van God is die enigste bron vir die verkondiging van die evangelie.  Ons bely in gehoorsaamheid aan die Woord ons geloof in God Drie-enig:  Vader, Seun en Heilige Gees.  Op grond van die Woord verstaan ons die Hervormde Kerk as deel van die volk van God, die huisgesin van die Vader, die liggaam van Christus en die tempel van die Heilige Gees.

Die 72ste AKV brei hierop uit:

  1. Die Hervormde Kerk aanvaar die Bybel as die Woord van God. Voortgaande studie van die Bybelse geskrifte help die Kerk om sy roeping in die wêreld beter te verstaan en dit is bepalend vir die relevansie van die Kerk.
  2. As Kerk van die Hervorming moet die Kerk voortdurend hervorm in gehoorsaamheid aan die Woord van God.
  3. Die Kerk se Skrifbeskouing bepaal sy Skrifverstaan en is rigtinggewend vir ons nadenke oor kerkwees in die toekoms.
  4. Die Kerk beoefen teologie as wetenskap op die Bybels-reformatoriese grondslag. Dit sluit in dat die geskrewe Woord van God, die Bybel, deur die inspirasie van die Heilige Gees ontstaan het en gesaghebbend is.  Op dié grondslag word alle (insluitend eie) paradigmas voortdurend krities en reformerend bestudeer.
  5. In die Hervormde Kerk is daar verskillende standpunte met betrekking tot Skrifverstaan. Dit is belangrik dat die gesprek oor Skrifbeskouing en Skrifverstaan in die Kerk sal voortgaan.  Die onderlinge eenheid word so bevorder en die Kerk kan met integriteit kerk in die wêreld wees.
  6. Die Kommissie van die AKV kry opdrag om verdere studie oor Skrifbeskouing en Skrifverstaan te doen, en gesprek te stimuleer. Ringe en gemeentes word by hierdie studie en gesprek ingesluit.

Die volgende amendement gestel deur ds L Geel (sr) en gesekondeer deur ds WJJ Kok, word aanvaar:

Die Kommissie van die AKV kry opdrag om verdere studie oor Skrifbeskouing en Skrifverstaan te doen, en gesprek te stimuleer.  Ringe en gemeentes word by hierdie studie en gesprek ingesluit.

 

BESKRYWINGSPUNT 4:  KERNKOMITEE:  EREDIENS

VONKK-LIEDERE

  • Die AKV handhaaf die besluit rakende die gebruik van VONKK-liedere in die eredienste van die NHKA.
  • Die AKV handhaaf die NHKA se deelname aan die werksaamhede van die VONKK-werkgroep.
  • Die vergadering versoek die VONKK-werkgroep om gereelde toerustings- en inligtingsgeleenthede te reël om die Kerk bekend te stel aan die liedere wat tot die korpus toegevoeg is, en hoe dit in die erediens gebruik kan word.
  • Die AKV handhaaf die besluit om vir die NHKA ‘n sinodale lisensie van R50 000.00 uit te neem, in plaas daarvan dat elke gemeente apart op VONKK hoef in te teken. Dit verseker dat die NHKA deel van die bestuurspan van VONKK is en dat geen verdere vergaderingskoste of reiskoste vir lede van die NHKA betaalbaar is nie.
  • Die AKV neem kennis van die onderneming van die direkteur van Bybel-Media dat die intekengeld vanuit die NHKA nie vir die breë werksaamhede van Bybel-Media gebruik sal word nie, maar uitsluitlik vir VONKK geoormerk sal word.

 

BESKRYWINGSPUNT 5:  KERNKOMITEE:  EREDIENS

GEBRUIK VAN FLAM-LIEDERE

  • Gemeentes wat graag van FLAM-liedere gebruik wil maak, kan skakel met ds JT Manders oor hoe om die liedere in ‘n gemeente te implementeer.
  • Gemeentes moet daarop let dat ‘n CCLI-lisensie (naas die Liedboek-lisensie en die sinodale VONKK-lisensie) benodig word om FLAM-liedere in die eredienste te gebruik.

 

BESKRYWINGSPUNT 6:  KERNKOMITEE:  EREDIENS

KINDERS SE DEELNAME AAN DIE NAGMAAL

  • In die lig van die studiestukke, keur die AKV in beginsel kinders se deelname aan die Nagmaal goed.
  • Die Kommissie van die AKV word versoek om opdrag te gee dat die praktiese implementering van die saak uitgewerk en afgehandel moet word, en dit dan aan gemeentes deur te gee vir implementering.

Die volgende amendement gestel deur ds L Geel (sr) en gesekondeer deur ds WJJ Kok, word aanvaar:

Kinders se deelname aan Nagmaal

  • Die vergadering neem nie tydens hierdie sitting ‘n besluit oor kinders se deelname aan Nagmaal nie.
  • Die Kommissie van die AKV word versoek om opdrag te gee dat verdere studie gedoen word oor kinders se deelname aan Nagmaal. Studiestukke oor verskillende standpunte behoort betyds aan kerkrade beskikbaar gestel te word vir bespreking en kommentaar.  Studiemateriaal moet ook die moontlike praktiese implementering verreken.

 

BESKRYWINGSPUNT 7:  KERNKOMITEE:  EREDIENS

FORMULIER VIR DIE BEVESTIGING VAN DIE HUWELIK (4)

Die AKV keur die gebruik van die formulier vir bevestiging van die huwelik (4) naas die bestaande formuliere goed, en versoek dat dit ook op die webblad van die NHKA geplaas word.

Die volgende amendement gestel deur dr JM van Staden en gesekondeer deur ds J Uys, word aanvaar:

Die AKV keur die gebruik van die formulier vir die bevestiging van die huwelik (4) goed in die plek van Formuliere 1 tot 3.

 

BESKRYWINGSPUNT 8:  KERNKOMITEE:  EREDIENS

ALTERNATIEWE FORMULIER VIR DIE BEVESTIGING VAN DIENAARS VAN DIE WOORD

Die AKV keur die gebruik van die alternatiewe formulier vir bevestiging van die dienaars van die Woord naas die bestaande formulier goed, en versoek dat dit op die webblad van die Kerk aangebring word.

Die volgende redaksionele wysigings word aanvaar:

Predikante is deel van die kerk van die Here en moet daarom as lig vir die wêreld hulle dienswerk verrig.  In hulle lof en aanbidding, hulle danksegging en onderlinge gemeenskap, hulle barmhartigheid en verkondiging van die Woord van die Here, laat hulle hulle lig in die wêreld skyn.

Geliefde suster/broer, N, u is na hierdie gemeente beroep om die dienswerk soos die kerkraadsvergadering dit saam met u bepaal, te doen.  Voordat u as dienaar van die Woord bevestig word, moet u eerlik op die volgende vrae antwoord …

Al die teenwoordige dienaars van die Woord (uit al die kerke wat op dieselfde belydenisgrondslag as die NHKA staan) word nou na vore geroep om deel te neem aan die handoplegging of die gee van die regterhand van gemeenskap.  Handoplegging [1  Handoplegging:  Die predikant wat georden word, kniel.  Die teenwoordige dienaars van die Woord staan voor of om die predikant wat georden word.  Hy/sy/hulle plaas hulle regterhand(e) op die kop van die predikant wat georden word …

 

BESKRYWINGSPUNT 9:  KERNKOMITEE:  EREDIENS

ENGELSE VERTALING VAN DIE FORMULIER VIR DIE BEVESTIGING VAN DIE HUWELIK

Die AKV keur die gebruik van die Engelse vertaling van die formulier vir bevestiging van die huwelik goed, en versoek dat dit ook op die webblad van die NHKA geplaas word.

Die volgende redaksionele wysigings word aanvaar:

We are gathered here in the Name of our Lord as witnesses for the purpose of joining in marriage NN and NN and to ask for God’s blessing upon this union.

Let us humbly call to mind what God in His Word teaches concerning the institution, purpose and obligations of the marriage state.

 

BESKRYWINGSPUNT 10:  KERNKOMITEE:  EREDIENS

ENGELSE VERTALING VAN DIE FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE DOOP

Die AKV keur die gebruik van die Engelse vertaling van die alternatiewe formulier vir bediening van die Doop goed, en versoek dat dit in die plek van die bestaande Engelse formulier op die webblad van die NHKA geplaas word.

 

BESKRYWINGSPUNT 40:  BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA

  1. Daar word met waardering kennis geneem van die werk van die BSA, en die BSA word opnuut verseker van die Kerk se voorbidding en ondersteuning.
  2. Dank word uitgespreek teenoor alle gemeentes, sakeondernemings en individue wat die Bybelgenootskap ondersteun het.
  3. Dr KD Papp word bedank vir sy werk as organiserende sekretaris namens die Kerk by die BSA.
  4. Die vergadering neem met dank kennis van die Afrikaanse vertaling van die Bybel wat DV in 2020 beskikbaar sal wees. Al die vertalers en ander kundiges van die Kerk wat daaraan deelgeneem het, word gelukgewens en van harte bedank vir hulle harde werk.
  5. Kerkrade word versoek om DV Sondag 29 November 2020 in te rig as ‘n spesiale dank- en feesgeleentheid rondom die Afrikaanse vertaling van die Bybel.
  6. Die vergadering neem kennis van die voorstelle rakende die Jaar van die Bybel 2020.
  7. Kerkrade word versoek om DV Sondag 23 Augustus 2020 in te rig as Bybel-Sondag met ‘n spesiale fokus op die Bybel. Gemeentes word versoek om op dié betrokke Sondag ‘n spesiale offergawe op te neem wat spesifiek bedoel is vir die twee miljoen Bybels-projek in 2020.
  8. Kerkrade word gewys op die staande besluit van die AKV dat die erediensoffergawes van Hervormingsondag (die laaste Sondag in Oktober) gedurende November aan die BSA oorbetaal word as eerste bydrae van die nuwe finansiële jaar van die BSA.
  9. Kerkrade word versoek om alles in hulle vermoë te doen om die bedrag (R55.00 per lidmaat vir 2019) wat die BSA benodig om een Bybel bekostigbaar beskikbaar te stel, jaarliks voor 31 Oktober direk aan die BSA oor te betaal.

 

BESKRYWINGSPUNT 11:  RING VAN WES-KAAPLAND

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE DOOP AAN VOLWASSENES EN KINDERS

Dit gebeur soms dat daar ‘n volwassene sowel as ‘n kind tydens dieselfde erediens gedoop word.  Dit is prakties ‘n probleem as albei formuliere gelees moet word.  Daarom die beskrywingspunt om ‘n formulier vir dié doel daar te stel.

 

BESKRYWINGSPUNT 14:  RING VAN HEIDELBERG

NUWE EMBLEEM VAN DIE KERK

Dat die nuwe embleem van die Kerk (sien die korporatiewe identiteit) die Kerkwapen sal bevat in alle korrespondensie (na binne sowel as na buite).

Genoemde beskrywingspunt is kommentaar op onderstaande skrywe van die Kommissie van die AKV aan 2019 se ringsvergaderings rakende die Kerk se korporatiewe identiteit:

Die besluit om ‘n nuwe korporatiewe identiteit te vestig, is geneem om te verseker dat die Kerk ‘n eietydse beeld het wat maklik herkenbaar is en wat ook tot mense buite die Kerk spreek.  Maar dit is natuurlik baie belangrik dat almal in die Kerk hierdie korporatiewe identiteit konsekwent moet aanwend om verwarring te voorkom.

Gemeentes en predikante word daarom aangemoedig om Omsendskrywe 18/2018 en die meegaande stylgids weer te lees, en om die briefhoofde wat daarmee saam versend is sonder wysiging te gebruik.  Om enige moontlike onsekerheid uit die weg te ruim, word benadruk dat die nuwe embleem in alle kommunikasie na buite gebruik word, terwyl die nuwe embleem saam met die bestaande Kerkwapen op interne korrespondensie (dit wil sê, binne die Hervormde Kerk, soos in hierdie omsendskrywe) en dokumente gebruik word.

Die sentrale oogmerk met ‘n nuwe korporatiewe beeld is om ons eenheid en onderlinge verbondenheid veral na buite duidelik te maak.  Hoe meer ons dit gebruik, en hoe meer ons dit konsekwent gebruik, hoe beter word dit wyd en syd herken.  So word ons onderlinge eenheid sigbaar, en leef en wys ons dat ons Kerk in ons eie tyd steeds dinamies en relevant is.

Die volgende amendement gestel deur ds WJJ Kok en gesekondeer deur ds JF van der Merwe, word aanvaar:

Die AKV bevestig die besluit van die Kommissie van die AKV om die Kerkwapen en die nuwe embleme (logo en voetwassing) te gebruik in alle kommunikasie wat binne die Kerk geskied, maar dat slegs die nuwe embleme (logo en voetwassing) gebruik word in kommunikasie na buite.

 

BESKRYWINGSPUNT 18:  ARGIEFKOMITEE

ARGIEF

  • Die AKV spreek sy dank uit teenoor die argivaris van die Kerk, mnr Nándor Sarkady, asook ander personeel van die Sinodale Dienssentrum, vir die besondere toewyding waarmee die hervestiging van die Argief hanteer is na die verkoop van die Dirk van der Hoffgebou. Die professionele wyse waarop die argivaris die risiko’s wat die verskuiwing van sensitiewe en baie ou materiaal bestuur het, verdien groot lof.
  • Die AKV bevestig dat die bewaring van die Hervormde Kerk se erfenis en argiefstukke van groot belang is, en versoek die Argiefkomitee om alles in werking te stel om die veiligheid, ontsluiting en benutting van argivale bronne te bevorder.
  • Gemeentes van die Hervormde Kerk word versoek om besondere moeite te doen met die instandhouding van notuleboeke, asook doop- en lidmaatregisters. Ringskommissies word versoek om toesig uit te oefen oor die proses.
  • Die AKV ondersteun die voorstel dat die Biblioteek van die Kerk by ‘n gemeente wat toeganklik en gewillig is, gehuisves word.
  • Die AKV ondersteun die versoek van die Argiefkomitee dat die Argief en Biblioteek deel word van die struktuur van die HTK as deel van die program om die HTK uit te bou.

Die volgende amendement gestel deur prof WA Dreyer en gesekondeer deur dr E le Roux, word aanvaar:

  • Die AKV spreek sy dank uit teenoor die argivaris van die Kerk, mnr Nándor Sarkady, asook ander personeel van die Sinodale Dienssentrum, vir die besondere toewyding waarmee die hervestiging van die Argief hanteer is na die verkoop van die Dirk van der Hoffgebou. Die professionele wyse waarop die argivaris die risiko’s wat die verskuiwing van sensitiewe en baie ou materiaal bestuur het, verdien groot lof.
  • Die AKV bevestig dat die bewaring van die Hervormde Kerk se erfenis en argiefstukke van groot belang is, en versoek die Argiefkomitee om alles in werking te stel om die veiligheid, ontsluiting en benutting van argivale bronne te bevorder.
  • Gemeentes van die Hervormde Kerk word versoek om besondere moeite te doen met die instandhouding van notuleboek, asook doop- en lidmaatregisters. Ringskommissies word versoek om toesig uit te oefen oor die proses.
  • Die AKV ondersteun die voorstel dat die Biblioteek van die Kerk by ‘n gemeente wat toeganklik en gewillig is, gehuisves word.
  • Die AKV besluit om die Argief, Museum en Biblioteek deel te maak van die HTK, in uitvoering van die AKV se vorige besluite om die HTK uit te bou.
  • Om die voortgang van Bybels-reformatoriese en evangeliese teologie in Suid-Afrika te bevorder, vestig die AKV ‘n Sentrum vir Reformatoriese Teologie aan die HTK, met die opdrag om jaarliks teologiese konferensies aan te bied, ‘n Suid-Afrikaanse Werkgemeenskap vir Reformatoriese Teologie te vestig en die THT uit te gee.
  • Die AKV gee toestemming dat fondse vanuit die Teologiese Fonds aangevra kan word vir die aktiwiteite, indien nodig, asook fondse by privaat donateurs te werf.
  • Die Kommissie van die AKV word versoek om ‘n dagbestuur vir die Sentrum vir Reformatoriese Teologie aan te wys, wat verantwoordelikheid sal aanvaar vir die Argief, Biblioteek, Museum, Konferensie en THT.

 

BESKRYWINGSPUNT 20:  SP ENGELBRECHTMUSEUM

REGISTRASIE AS ‘N MAATSKAPPY SONDER WINSBEJAG

Die AKV gee opdrag dat die SP Engelbrechtmuseum as ‘n maatskappy sonder winsbejag registreer, en as ‘n maatskappy sonder winsbejag onafhanklik fondse mag werf om die Museum te befonds na gelang van ‘n soortgelyke model as die OTM-tehuise en Rata.  Die Museum word geleidelik oor die volgende drie jaar uit die sinodale begroting gefaseer.  Die sinodale begroting dra die Museum se standaard onkostes tot tyd en wyl die Museum finansieel selfstandig is.

 

BESKRYWINGSPUNT 22:  KERNKOMITEE:  GEMEENTELIKE DIENSWERK

WELSTANDSPROGRAM

  • Die vergadering neem met kommer kennis van die toenemende druk waaronder predikante en pastoriegesinne verkeer.
  • Kerkrade en lidmate word opgeroep om opnuut moeite te doen met die emosionele versorging van predikante.
  • Die vergadering spreek dank en waardering uit vir die onbaatsugtige dienste gelewer vanuit die Welstandsprogram deur vrywillige beraders en predikante onder leiding van prof TFJ Dreyer.

BESKRYWINGSPUNT 23:  KERNKOMITEE:  GEMEENTELIKE DIENSWERK

STUDENTEGEMEENTES EN –BEARBEIDING

  • Die vergadering spreek hom gunstig uit oor die bearbeiding van studentelidmate van die Kerk.
  • Die finansiële versorging van werkruimtes vir studentebearbeiding word gehandhaaf.
  • Predikante en gemeentes word versoek om studente vanuit hul gemeentes aan te moedig om by die onderskeie studentegemeentes van die Kerk in te skakel.
  • Ouderlingevergaderings bekom jaarliks inligting van alle graad 11-leerders asook skoolverlaters wat uit gemeentes verhuis na tersiêre instellings. Die inligting (toekomstige adres en telefoonnommer) word na die onderskeie studentegemeentes gestuur.

Die volgende amendement gestel deur ds CEC Hertzog en gesekondeer deur dr E le Roux, word aanvaar:

  • Die vergadering spreek hom gunstig uit oor die bearbeiding van studentelidmate van die Kerk.
  • Die Kommissie van die AKV oorweeg of die bestaande werkwyse om studentebearbeiding aan die hand van studentegemeentes te behartig steeds die mees effektiewe en finansieel volhoubare werkwyse is.
  • Alternatiewe wyses van die bearbeiding van studente en ander jong skoolverlaters, ook op ander plekke in die Kerk, word ondersoek en ‘n aanbeveling word aan die 73ste AKV gemaak.
  • Intussen word die finansiële versorging van werkruimtes vir studentebearbeiding steeds gehandhaaf. Die beginsel van ‘n jaarlikse besnoeiing van 5% in die subsidie word toegepas en studentegetalle word onder meer gebruik in die vasstelling van die subsidies wat toegeken word.
  • Predikante en gemeentes word versoek om studente vanuit hul gemeentes aan te moedig om by die onderskeie studentegemeentes van die Kerk in te skakel.
  • Kerkraadsvergaderings bekom jaarliks inligting van alle graad 11-leerders asook skoolverlaters wat uit gemeentes verhuis na tersiêre instellings. Die inligting (toekomstige adres en telefoonnommer) word na die onderskeie studentegemeentes gestuur.

 

BESKRYWINGSPUNT 27:  RING VAN MIDDELBURG (GEMEENTE WATERVAL BOVEN)

HERROEPING VAN BESKRYWINGSPUNT 41 VAN DIE 71STE AKV

Die besluit wat tydens die 71ste AKV in verband met homoseksualiteit geneem is, word herroep.

Daar word geen onderskeid tussen die nie-nakoming van verordeninge getref nie.

Die volgende voorstel gestel deur prof E van Eck en gesekondeer deur dr T van Wyk, word aanvaar:

In die lig van die aanvaarding van Beskrywingspunt 41 van die 71ste AKV, bevestig die vergadering dat die bespreking van sake soos homoseksualiteit pastoraal van aard is en dus nie in ‘n ruimte soos die AKV bespreek word nie; en die vergadering herbevestig die besluit geneem oor homoseksualiteit tydens die 71ste AKV.

 

BESKRYWINGSPUNT 28:  KOMMISSIE VAN DIE AKV

WYSIGING VAN ORDINANSIE 4.1.2

Ordinansies 4.1.2 (xxxix) tot (xlviii) wat soos volg lui:

4.1          KERKRAADSVERGADERING

4.1.2       WERKOPDRAG

(xxxix)    tref reëlings vir hulp in noodsituasies

(xl)          sien toe dat die diakonale fonds aangevul word deur

(a)          offergawes by die Nagmaaltafel

(b)          offergawes by die erediens

(c)          oorbetalings van die Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging en bydraes, skenkings en erflatings

(xli)         vergader minstens vier keer per jaar en verder so dikwels nodig, en word met Skriflesing, gebed en sang geopen

(xlii)        bepaal jaarliks vooruit die datum, tyd en plek van vergaderings

(xliii)       kom in ‘n buitengewone vergadering byeen, soos bepaal deur die voorsitter en skriba, en waarvan minstens vyf dae voor die vergadering deur die skriba kennis gegee word met vermelding van die doel van die vergadering

(xliv)       kan oor dringende sake vóór of ná ‘n erediens besluite neem, mits ‘n kworum teenwoordig is, ‘n besluit eenparig geneem word en die besluite in die konsistorieboek aangeteken word

(xlv)        sien toe dat konsistoriebesluite by die eersvolgende geskeduleerde vergadering bekragtig word

(xlvi)       kerkrade sien toe dat herderlike briewe en kanselboodskappe al die lidmate in die gemeente bereik

(xlvii)      sien toe dat die gemeente al die verpligtinge nakom

(xlviii)     is bevoeg om riglyne vir hulle eie vergaderings op te stel, mits dit nie strydig is met die Kerkorde nie.

word gewysig om soos volg te lees:

4.1          KERKRAADSVERGADERING

4.1.2       WERKOPDRAG

(xxxix)    tref reëlings vir hulp in noodsituasies

(xl)          sien toe dat die diakonale fonds aangevul word deur

(a)          offergawes by die Nagmaaltafel

(b)          offergawes by die erediens

(c)          oorbetalings van die Nederduitsch Hervormde Sustersvereniging en bydraes, skenkings en erflatings

4.1.3       WERKWYSE

Die kerkraad

(i)            vergader minstens vier keer per jaar en verder so dikwels nodig, en word met Skriflesing, gebed en sang geopen

(ii)           bepaal jaarliks vooruit die datum, tyd en plek van vergaderings

(iii)          kom in ‘n buitengewone vergadering byeen, soos bepaal deur die voorsitter en skriba, en waarvan minstens vyf dae voor die vergadering deur die skriba kennis gegee word met vermelding van die doel van die vergadering

(iv)          kan oor dringende sake vóór of ná ‘n erediens besluite neem, mits ‘n kworum teenwoordig is, ‘n besluit eenparig geneem word en die besluite in die konsistorieboek aangeteken word

(v)          sien toe dat konsistoriebesluite by die eersvolgende geskeduleerde vergadering bekragtig word

(vi)          kerkrade sien toe dat herderlike briewe en kanselboodskappe al die lidmate in die gemeente bereik

(vii)         sien toe dat die gemeente al die verpligtinge nakom

(viii)     is bevoeg om riglyne vir hulle eie vergaderings op te stel, mits dit nie strydig is met die Kerkorde nie.

 

BESKRYWINGSPUNT 29:  KOMMISSIE VAN DIE AKV

INDELING VAN GEMEENTES BY RINGE

  1. Ordinansie 2.2.1 wat soos volg lui:

Die Algemene Kerkvergadering bepaal watter gemeentes ‘n ring vorm.

word gewysig om soos volg te lees:

Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering bepaal watter gemeentes ‘n ring vorm.

  1. Die AKV gee opdrag aan die Kommissie van die AKV om, in oorleg met ringsvergaderings, ‘n herindeling van ringe in die Kerk te maak.

Die volgende redaksionele wysiging word aanvaar:

Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering bepaal in oorleg met ringsvergaderings watter gemeentes ‘n ring vorm.

 

BESKRYWINGSPUNT 64:  KOMMISSIE VAN DIE ADV

WYSIGING VAN ORDINANSIE 4.11 (i)

Ordinansie 4.11 (i) wat soos volg lui:

4.11   NEDERDUITSCH HERVORMDE SUSTERSVERENIGING

(i)       Die vrouelidmate bewys barmhartigheid saam met die diakens aan lidmate en ander mense in nood.

word gewysig om soos volg te lees:

4.11   NEDERDUITSCH HERVORMDE SUSTERSVERENIGING

  • Die vrouelidmate bewys barmhartigheid saam met die diakens en alle ander gelowiges aan lidmate en ander mense in nood.

 

BESKRYWINGSPUNT 31:  RING VAN MIDDELBURG

NOUGESETTE UITVOERING VAN DIE BESLUITE VAN DIE AKV

Saam met die kerk van alle eeue bely die Kerk dat God ‘n drie-enige God is wat Homself in die Bybel openbaar as Vader, Seun en Heilige Gees.  Die hoogste gesag in die Kerk is Jesus Christus.  Die Kerk is liggaam van Christus saam met alle ander kerke.  Die NHKA is verbonde aan die belydenis van die algemene Christelike kerk en is kerk van die reformasie.  Die NHKA het ‘n eie gestalte met ‘n eie Kerkorde.  Die Bybel is die bron van die Kerk se geloof en lewe.  Die Kerk beoefen sy teologie vanuit ‘n Bybels-reformatoriese perspektief.  In sy teologie hou die Kerk rekening met die konteks waarin die evangelie ontstaan het en die konteks waarin die evangelie verkondig word.  Die NHKA het ‘n presbiteriaal-sinodale karakter.

Die AKV versoek predikante en kerkrade om nougeset uitvoering te gee aan die besluite van die AKV.

 

BESKRYWINGSPUNT 32:  HERVORMDE DOSENTERAAD

KERK AS VEILIGE RUIMTE

Die 72ste AKV bevestig en besluit dat

  • die Kerk ‘n veilige ruimte vir alle mense behoort te wees. Dit beteken dat vroue en mans ewe menswaardig behandel word in alle fasette van kerkwees.
  • die Kerk se belydenis oor God se onvoorwaardelike liefde vir alle mense in kerklike en teologiese taal gereflekteer sal word.
  • respek vir mekaar se menswees, op grond van God se inklusiewe liefde, die leidende beginsel is vir optrede teenoor mekaar.

Die volgende redaksionele wysiging word aanvaar:

  • die Kerk se belydenis oor God se onvoorwaardelike liefde vir alle mense in kerklike en teologiese taal gereflekteer kan word.

 

BESKRYWINGSPUNT 33:  HERVORMDE DOSENTERAAD

VERTEENWOORDIGING VAN VROUE IN DIE NHKA

Die 72ste AKV bevestig dat

  • die Woord van God ons leer dat alle mense voor God gelyk is, en dat God vir elke mens talente en gawes gegee het om in diens van God se koninkryk te gebruik.
  • elkeen se dienswerk in die Kerk ewe waardevol is.
  • die Kerk verskillende mense (vroue en mans) se talente en gawes sal benut sodat ook vroue betrokke sal wees by alle fasette van kerkwees: Rade, vergaderings, komitees en leierskapstrukture.

Die volgende redaksionele wysiging word aanvaar:

  • die Kerk alle mense se talente en gawes sal benut sodat ook vroue betrokke sal wees by alle fasette van kerkwees: Rade, vergaderings, komitees en leierskapstrukture.

 

BESKRYWINGSPUNT 34:  HERVORMDE DOSENTERAAD

SEKSUELE TEISTERING

Die 72ste AKV bevestig en besluit dat

  • die Kerk ‘n veilige ruimte vir alle mense behoort te wees.
  • verbale en fisiese seksuele teistering nie in ooreenstemming met die evangelie is nie, en derhalwe nie vir die Kerk aanvaarbaar is nie.
  • die etiese kode van die Hervormde Kerk uitgebrei sal word om seksuele teistering in te sluit.
  • ‘n prosedure vir die aanmeld van seksuele teistering binne die Hervormde Kerk ontwikkel sal word, en dat dit deel sal vorm van die Kerkorde se riglyne oor opsig en tug.
  • ‘n liggaam vir die aanmeld van seksuele teistering en onregverdige arbeidspraktyk binne die Hervormde Kerk daargestel word.

 

BESKRYWINGSPUNT 35:  HERVORMDE DOSENTERAAD

ARBEIDSPRAKTYK

Die 72ste AKV bevestig en besluit dat

  • die etiese kode van die Hervormde Kerk uitgebrei word om onregverdige arbeidspraktyk in te sluit.
  • ‘n prosedure vir die aanmeld van onregverdige arbeidspraktyk binne die Hervormde Kerk ontwikkel word, en dat die prosedure opgeneem word in die Kerkorde onder die ter sake ordinansies.
  • ‘n liggaam binne die Hervormde Kerk daargestel word waar onregverdige arbeidspraktyk aangemeld kan word.

 

BESKRYWINGSPUNT 68:  RAAD VAN FINANSIES

SAMESTELLING VAN DIE RAAD VAN FINANSIES

Ordinansie 9.2.2.1 wat soos volg lui:

9.2.2.1    Samestelling

(i)            Die Raad word saamgestel uit

(a)          sewe lede driejaarliks deur die Algemene Kerkvergadering verkies, met inagneming van ‘n groslys saamgestel uit voorstelle deur ringsvergaderings, die Raad van Finansies en die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering

(b)          twee lede benoem deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering uit sy geledere

(c)          die algemene sekretaris van die Kerk van tyd tot tyd met adviserende stem.

(ii)           Indien ‘n vakature ontstaan, benoem die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, na advies van die Raad, ‘n lid om die vakature te vul.

word gewysig om soos volg te lees:

(i)            Die Raad word saamgestel uit

(a)          vyf lede wat deur die Algemene Kerkvergadering gekies word en gesamentlik oor voldoende finansiële vaardighede en kennis beskik om aan oudit- en risikobestuur, beleggingsbestuur en algemene finansiële bestuur uitvoering te gee.  Skriftelike gemotiveerde nominasies moet by die Algemene Kerkvergadering ingehandig word

(b)          een lid benoem deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering uit sy geledere

(c)          Die algemene sekretaris met adviserende stem.

(ii)          Indien ‘n vakature ontstaan, benoem die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering, na advies van die Raad, ‘n lid om die vakature te vul.

 

BESKRYWINGSPUNT 36:  RING VAN WES-KAAPLAND

LIGGAAM VIR ETIESE SAKE

Die AKV stel ‘n liggaam saam wat etiese aangeleenthede ondersoek en die Kerk daaroor adviseer (soos die eertydse Raad vir Etiek en Maatskaplike Sake).

Die volgende redaksionele wysiging word aanvaar:

Die AKV brei die Kernkomitee:  Kerk en Teologie uit na Kernkomitee:  Kerk, Teologie en Etiese Sake wat etiese aangeleenthede ondersoek en die Kerk daaroor adviseer (soos die eertydse Raad vir Etiek en Maatskaplike Sake).

 

BESKRYWINGSPUNT 37:  RING VAN NOORDELIKE PRETORIA

REGISTRASIE VAN HUWELIKE

Die NHKA tree in gesprek met die Departement van Binnelandse Sake oor die rompslomp en gepaardgaande tydverkwisting wat die huidige voorskrifte met betrekking tot die registrasie van huwelike vir predikante van die Kerk wat as huweliksbevestigers aangestel is, teweegbring.

 

BESKRYWINGSPUNT 38:  DR FJ LABUSCHAGNE (ALGEMENE SEKRETARIS:  NHKA), GESEKONDEER DEUR DR BJ VAN WYK

NOUER SAMEWERKING TUSSEN DIE NHKA EN DIE NGK

Gestruktureerde en meewerkende bediening word met gemeentes van ander reformatoriese kerke verdiep en verbreed.  ‘n Samewerkingsooreenkoms handel hoofsaaklik met samewerkende aksies wat besondere reëlings benodig.

  • Ordinansie 2.7.1 wat soos volg lui:

2.7         SAMEWERKING VAN GEMEENTES

2.7.1      Twee of meer gemeentes kan saamwerk om ‘n predikant te beroep.

2.7.2      Hierdie samewerking vind plaas op versoek van die kerkrade van die betrokke gemeentes.

2.7.3      As die gemeentes in dieselfde ring geleë is, word die aansoek om saam te werk aan die ringskommissie gerig.

2.7.4      As die gemeentes in verskillende ringe geleë is, word die aansoek aan al die betrokke ringskommissies gerig.

word gewysig om soos volg te lees:

2.7         SAMEWERKING VAN GEMEENTES

2.7.1      Twee of meer gemeentes kan saamwerk om ‘n predikant te beroep.

2.7.2      Sodanige samewerking is ook moontlik met gemeentes van ander reformatoriese kerke wat op dieselfde belydenisgrondslag staan as ons.

2.7.3      Hierdie samewerking vind plaas op versoek van die kerkrade van die betrokke gemeentes.

2.7.4      Die aansoek om saam te werk, word gerig aan die ring waarbinne die gemeente geleë is.

 

BESKRYWINGSPUNT 39:  KURATORIUM

OPLEIDING EN INDIENSSTELLING VAN EVANGELISTE

Die vergadering besluit om nie Besluit 64 van die 71ste AKV rakende die opleiding en indiensstelling van evangeliste te implementeer nie.

3.2.2.1        Uitverkiesingsleer

Die verslag word met dank aanvaar.

Die volgende voorstel ingedien deur prof E van Eck, drr DJC van Wyk en SM de Beer, en gesekondeer deur ds L Geel (sr), word aanvaar:

  • Die vergadering neem kennis van die verskillende interpretasies van die uitverkiesingsleer soos verwoord in die gespreksdokument.
  • Die vergadering besluit om opdrag aan die Kommissie te gee om ‘n hedendaagse/eietydse interpretasie van die Dordtse Leerreëls te laat voorberei vir voorlegging aan die 73ste AKV.
  • Die vergadering besluit, in lyn met ‘n aanbeveling van die dosentevergadering wat reeds in 2001 gemaak is, dat die wenslikheid van ‘n eietydse kerkeie belydenisskrif verder ondersoek word om ons verstaan van die evangelie eietyds te verwoord.

 

BESKRYWINGSPUNT 41:  KERNKOMITEE:  EREDIENS

GLONET-MEDIAPLATFORM

Die AKV keur die Kerk se betrokkenheid by die GLOnet-mediaplatform vir Afrikaanse kerke goed, en begroot vir die oorgangstydperk totdat die intekenare uit die NHKA die onkostes vir die Kerk volledig dra.

Die volgende amendement gestel deur ds JF van der Merwe en gesekondeer deur ds CEC Hertzog, word aanvaar:

Die AKV keur die Kerk se betrokkenheid by die GLOMedia-platform vir Afrikaanse kerke goed.

 

BESKRYWINGSPUNT 43:  RING VAN OOS-KAAPLAND

BESTAANSREG VAN GEMEENTES

  • Die Ring van Oos-Kaapland glo dat daar ‘n ernstige wanbalans in die NHKA in terme van opinies oor bestaansreg as gemeentes bestaan.
  • Die gemeentes neem waar dat ondersteuning aan kleiner gemeentes mettertyd besig is om te kwyn, en dat dit ‘n situasie skep waar groeter gemeentes ‘n groter geleentheid gegun word om te bestaan.
  • Die Ring van Oos-Kaapland glo dat dit die roeping van die Kerk is om die evangelie ook te verkondig op plekke waar dit dalk nie ekonomies so vatbaar lyk om dit te doen nie.
  • Die Ring van Oos-Kaapland versoek daarom dat daar dringende ondersoek ingestel word oor hoe die Kerk dit nog vir kleiner gemeentes wat selfs in die oë van normale mense nie sogenaamd lewensvatbaar is nie, moontlik kan maak om nog gemeente te wees.  Jesus se definisie van gemeente wees strook nie met die huidige uitgangspunt van die Kerk rondom kleiner gemeentes wat dikwels geoordeel word op grond van ekonomiese welstand nie.  Hy sê daar waar twee of drie in my Naam is, daar is Ek by hulle (Matteus 18: 20).
  • Die Kerk onderneem om hierdie uitgangspunt te verander en stem saam dat dit die roeping van die Kerk is om alle mense te bedien.  In ons Kerk waar twee of drie besluit om Kerk te wees, sal ons dit vir hulle moontlik maak om kerk te kan wees.

Die volgende amendement gestel deur ds CEC Hertzog en gesekondeer deur ds CP van der Walt, word aanvaar:

  • Die AKV spreek waardering uit teenoor gemeentes wat in moeilike omstandighede probeer oorleef.
  • Die vergadering moedig gemeentes aan om mekaar vanuit ‘n evangeliese perspektief te ondersteun.

Die SGB kry opdrag om wyses te bedink wat gemeentes wie se volhoubaarheid in gedrang is, kan ondersteun om met hulle dienswerk voort te gaan.

 

BESKRYWINGSPUNT 44:  RING VAN VEREENIGING

VOORTSETTING VAN GROEIPUNTBEDIENING

Die AKV keur dit goed dat voortgegaan word om nuwe missionale projekte as groeipunte te ondersteun.

 

BESKRYWINGSPUNT 45:  KERNKOMITEE:  KERK EN TEOLOGIE

BYSTANDDOOD

Die 72ste AKV besluit dat ‘n studie onderneem word met die doel om ‘n gespreksdokument vir die NHKA oor die saak van bystanddood/ geassisteerde dood saam te stel.  Dit is noodsaaklik vir lidmate se besinning en vir die Kerk se deelname aan die publieke gesprek hieroor.

 

BESKRYWINGSPUNT 46:  KURATORIUM

DOSENTEKORPS AAN DIE HTK

  • Die AKV bevestig die beginsel dat die HTK uitgebou moet word.
  • Die hoof van die HTK, in oorleg met die Kuratorium, benoem predikante van die NHKA met ‘n nagraadse kwalifikasie in die teologie as dosente van die HTK op ‘n kontraktuele basis om behulpsaam te wees met die doseerwerk by die HTK, en om medeverantwoordelik te wees vir die uitbou van Hervormde teologie.

 

BESKRYWINGSPUNT 47:  RING VAN WES-KAAPLAND

TEOLOGIESE OPLEIDING VAN DEELTYDSE PREDIKANTE

Die teologiese opleiding van die NHKA maak voorsiening vir ‘n teologiese kwalifikasie wat – naas voltydse studie in die teologie – spesifiek ontwerp is vir persone wat reeds oor ‘n beroepsgerigte kwalifikasie in ‘n ander dissipline beskik, met die oog op evangeliebediening in ‘n sosiaal vloeibare omgewing.

Die volgende oorwegings word in ag geneem:

  • ‘n Professionele/beroepsgerigte kwalifikasie is ‘n toelatingsvereiste tot die studie, byvoorbeeld onderwys, sielkunde, regte, ekonomie, medies, ‘n ambag, ensovoorts.
  • Die kursus bestaan uit ‘n balans van teologiese en praktykgerigte vakke soos benodig vir deeltydse bediening, met die moontlikheid van spesialisasie.
  • Afhandeling van die studie word nie gekoppel aan tyd nie, maar aan die voltooiing van die vereiste aantal modules.
  • Die kursus word volledig aanlyn aangebied deur gespesialiseerde studieleiers wat op ‘n ad hoc-basis aangestel word vanuit die geledere van die Kerk.
  • Die koste van die kursus word so laag moontlik gehou.
  • Dit staan onder toesig van die Kuratorium en word geadministreer vanuit die HTK.

Die volgende amendement gestel deur dr P van Staden en gesekondeer deur ds DJB Serfontein, word aanvaar:

Die teologiese opleiding van die NHKA maak voorsiening vir ‘n teologiese kwalifikasie wat – naas voltydse studie in die teologie – spesifiek ontwerp is vir persone wat reeds oor ‘n beroepsgerigte kwalifikasie in ‘n ander dissipline beskik, met die oog op dienswerk in ‘n sosiaal vloeibare omgewing.

Die volgende oorwegings word in ag geneem:

  • Die toelatingsvereiste vir sodanige kursus is ‘n Nasionale Senior Sertifikaat of gelykwaardige kwalifikasie.  Dit maak voorsiening vir persone wat reeds in ‘n beroep gevestig is.
  • Die kursus bestaan uit ‘n balans van teologiese en praktykgerigte vakke soos benodig vir deeltydse bediening, met die moontlikheid van spesialisasie.
  • Afhandeling van die studie word nie gekoppel aan tyd nie, maar aan die voltooiing van die vereiste aantal modules.
  • Die kursus word landswyd uitgerol en maak gebruik van gespesialiseerde studieleiers, wat op ‘n ad hoc-basis aangestel word, vanuit die geledere van die Kerk.
  • Die koste van die kursus word so laag moontlik gehou.
  • Die Kommissie van die AKV, in oorleg met die HTK en Kuratorium, kom ooreen met die diensverskaffer rakende aangeleenthede soos inhoud en aanbieding.
  • Dit staan onder toesig van die Kuratorium en word deur die diensverskaffer in samewerking met die HTK, aangebied.
  • Die Diploma in Bediening is hoofsaaklik bedoel om lidmate, kerkraadslede en kategete toe te rus vir dienswerk binne en buite die Kerk.

BESKRYWINGSPUNT 48:  RING VAN KROKODILRIVIER

TEOLOGIESE OPLEIDING

Die Kommissie van die AKV ondersoek die moontlikheid van verkorting van die studiejare van teologiestudente.

Die volgende redaksionele wysiging word aanvaar:

Die Kommissie van die AKV, in oorleg met die Kuratorium en die dosente, ondersoek die moontlikheid van verkorting van die studiejare van teologiestudente.

 

BESKRYWINGSPUNT 49:  KOMMISSIE VAN DIE AKV

VBO VIR DIENAARS VAN DIE WOORD

  • Die AKV bevestig die belang van VBO vir alle bedienaars van die Woord wat aan ‘n werkruimte gekoppel is, asook beroepafwagtende predikante en proponente.
  • Die Moderamen tree in gesprek met dienaars van die Woord wat nie deel van die VBO-stelsel is nie, en moedig hulle aan om deel te neem.
  • Gemeentes moedig hulle predikante aan om VBO te deurloop, en bemagtig hulle deur die beskikbaarstelling van fondse en studieverlof.
  • Gemeentes in ‘n beroepsproses vergewis hulle van kandidate se VBO-rekord.
  • Proponente en beroepafwagtendes wat nie die jaarlikse VBO-koste kan dra nie, doen aansoek om kwytskelding van die koste en die Kerk begroot daarvoor.

Die volgende amendement gestel deur ds GS de Beer en gesekondeer deur dr FJ Labuschagne, word aanvaar:

Die eerste paragraaf word verander om te lees:  Die AKV bevestig die belang van VBO vir alle bedienaars van die Woord, insluitend emeriti, wat aan ‘n werkruimte gekoppel is, asook beroepafwagtende predikante en proponente.

 

BESKRYWINGSPUNT 50:  RING VAN MIDDELBURG

AFFILIASIE BY ‘N PROFESSIONELE LIGGAAM

Predikante van die NHKA affilieer by ‘n professionele liggaam ten einde waarde toe te ken aan die VBO-punte wat predikante verwerf.

 

BESKRYWINGSPUNT 51:  DR BJ VAN WYK (FONDSSEKRETARIS VAN DIE TEOLOGIESE OPLEIDINGSFONDS), GESEKONDEER DEUR DR FJ LABUSCHAGNE (ALGEMENE SEKRETARIS:  NHKA)

TEOLOGIESE OPLEIDINGSFONDS

Alle verdere toevoegings tot die kapitaal van die Fonds word by die beleggingsbedrag gevoeg totdat R15 miljoen bereik is, tensy onvoorsiene veranderde omstandighede tot heroorweging mag lei soos beoordeel op sodanige gegewe moment in diskresie van die Kommissie van die AKV.

Die volgende amendement gestel deur ds CEC Hertzog en gesekondeer deur dr BJ van Wyk, word aanvaar:

  • Die AKV aanvaar die mikpunt van R10 000 000.00 as die kapitale waarde van die Fonds.
  • Die Fondswaarde word jaarliks uit renteverdienste en skenkings met ‘n persentasie gekoppel aan die inflasiekoers aangevul om voorsiening te maak vir inflasionêre druk.
  • Die volle restant word jaarliks aangewend vir teologiese opleiding.
  • Die Raad van Finansies word versoek om in oorleg met die Teologiese Opleidingsfonds soveel as moontlik aan studente te spandeer.

 

BESKRYWINGSPUNT 60:  KOMMISSIE VAN DIE ADV

WYSIGING VAN ORDINANSIE 4.2.2 (xxxi)

Ordinansie 4.2.2 (xxxi) wat soos volg lui:

4.2.2      WERKOPDRAG

Die ringsvergadering

(xxxi)     vaardig een predikant en twee diakens af wat die ringsvergadering bygewoon het om sitting te neem op die Algemene Diakensvergadering

word gewysig om soos volg te lees:

 4.2.2      WERKOPDRAG

Die ringsvergadering

(xxxi)     vaardig een predikant en twee diakens af om sitting te neem op die Algemene Diakensvergadering.

 

BESKRYWINGSPUNT 61:  KOMMISSIE VAN DIE ADV

WYSIGING VAN ORDINANSIE 4.2.3 (xv)

Ordinansie 4.2.3 (xv) wat soos volg lui:

4.2.3  WERKWYSE

Die ringsvergadering

(xv)    verkies nie lede van die Kommissies van die Algemene Kerkvergadering en Algemene Diakensvergadering as lede van die ringskommissie nie

word gewysig om soos volg te lees:

4.2.3  WERKWYSE

Die ringsvergadering

(xv)    verkies nie lede van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering as lede van die ringskommissie nie.

 

BESKRYWINGSPUNT 62:  KOMMISSIE VAN DIE ADV

WYSIGING VAN ORDINANSIE 4.7.3 (vii), (ix) EN (xi)

Ordinansie 4.7.3 (vii), (ix) en (xi) wat soos volg lui:

4.7     ALGEMENE DIAKENSVERGADERING

4.7.3  WERKWYSE

(vii)    kies uit die aanwesige afgevaardigdes ‘n voorsitter, visevoorsitter, skriba en viseskriba, met inagneming van die beginsel dat niemand meer as twee termyne na mekaar as voorsitter of skriba gekies sal word nie

(ix)     kies ses bykomende lede uit die afgevaardigdes om saam met die voorsitter, visevoorsitter, skriba en viseskriba die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering te vorm

(xi)     kies tien sekundi vir die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering wat om die beurt gebruik kan word

word gewysig om soos volg te lees:

4.7     ALGEMENE DIAKENSVERGADERING

4.7.3  WERKWYSE

(vii)    kies uit die aanwesige afgevaardigde diakens ‘n voorsitter, visevoorsitter, skriba en viseskriba, met inagneming van die beginsel dat niemand meer as twee termyne na mekaar as voorsitter of skriba gekies sal word nie

(ix)     kies ses bykomende lede uit die afgevaardigdes, waarvan minstens drie diakens moet wees, om saam met die voorsitter, visevoorsitter, skriba en viseskriba die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering te vorm

(xi)     kies tien sekundi vir die Algemene Diakensvergadering, waarvan minstens vyf diakens moet wees.

 

BESKRYWINGSPUNT 63:  KOMMISSIE VAN DIE ADV

WYSIGING VAN ORDINANSIES 4.1.2 (xxi) EN 4.2.2 (xi)

  • Ordinansie 4.1.2 (xxi) wat soos volg lui:

4.1.2 WERKOPDRAG

Die kerkraad

(xxi)  sien toe dat diakens afsonderlik vergader, indien daar ‘n behoefte daarvoor is, om aandag te gee aan barmhartigheidsdiens, diakonale toerusting, diakonale diensgroepe, diakonale fondse en goedere waaruit hulpbehoewendes versorg word, en enige ander aangeleentheid wat aan die diakens opgedra is, en neem verder kennis van die besprekings op so afsonderlike vergaderings van diakens

word gewysig om soos volg te lees:

4.1.2 WERKOPDRAG

Die kerkraad

(xxi)  sien toe dat ‘n Komitee vir Diakonaat saamgestel word om aandag te gee aan barmhartigheidsdiens, diakonale toerusting, diakonale diensgroepe, diakonale fondse en goedere waaruit hulpbehoewendes versorg word, en enige ander aangeleentheid wat aan die diakens opgedra is, en neem verder kennis van die besprekings op sodanige afsonderlike vergaderings van diakens.

  • Ordinansie 4.2.2 (xi) wat soos volg lui:

4.2.2  WERKOPDRAG

Die ringsvergadering

(xi)    roep, indien nodig, komitees in die lewe, en stel toepaslike reglement(e) van orde op, mits dit nie in stryd is met die Kerkorde nie

word gewysig om soos volg te lees:

4.2.2  WERKOPDRAG

          Die ringsvergadering

(xi)    sien toe dat ‘n ringskomitee vir diakonaat saamgestel word, roep, indien nodig, ander komitees in die lewe, en stel toepaslike reglemente op.

 

BESKRYWINGSPUNT 66:  RING VAN OOS-KAAPLAND

WERKGEWERSBYDRAE TOT ‘N PREDIKANT SE PENSIOENFONDS

Pensioenfondsbydraes vir predikante word deur gemeentes gemaak waar die predikant wel ‘n lid van die Pensioenfonds is.  Werkgewersbydraes word nie langer verdeel tussen al die gemeentes van die Kerk nie, maar elke gemeente is self vir die werkgewersbydrae tot ‘n predikant se pensioenfonds verantwoordelik.

Die volgende amendement gestel deur ds A Oberholzer en gesekondeer deur oudl Diederics, word aanvaar:

  • Die Kommissie van die AKV, in oorleg met die Bestuursraad van die NHKA Predikanteaftreefonds, ondersoek die instel na wyses hoe om deeltydse predikante, wat nie bydraende lede van die Pensioenfonds is nie, te help om bydraende lede te word.
  • Indien enigsins moontlik en haalbaar, moet dit geïmplimenteer word so spoedig moontlik.
  • Die proses geskied in samewerking met die predikant en die kerkraad.

 

BESKRYWINGSPUNT 67:  RAAD VAN FINANSIES

ONTTREKKING UIT DIE FONDS VIR SINODALE DIENSLEWERING

Die Raad van Finansies kry magtiging om die maksimum bedrag van R2 000 000.00 uit die Fonds vir Sinodale Dienslewering te onttrek indien daar tekorte ontstaan wat die gevolg is van die bydrae wat gemaak is om die omskakeling van die Pensioenfonds na ‘n vastebydraefonds te bekostig.

 

BESKRYWINGSPUNT 69:  RING VAN VEREENIGING

OMSKRYWING VAN BENOEMING IN DIE KERKORDE

Die AKV gee opdrag dat ‘n omskrywing van die gebruik van ‘n benoeming in die Kerkorde opgeneem word, wat insluit riglyne vir die omskrywing van die besondere taak, wie benoem mag word en tydperk van benoeming.

Die volgende amendement gestel deur ds L Geel en gesekondeer deur dr RJ Jones, word aanvaar:

Die vergadering gee opdrag dat die Raad vir Kerkregtelike Advies die begrip benoeming in die Kerkorde nagaan en wysigings aanbeveel indien nodig.

Die Kommissie van die AKV handel die aangeleentheid af.

 

BESKRYWINGSPUNT 70:  KOMMISSIE VAN DIE AKV

VERSOEK VAN ‘N PREDIKANT OM KRAGTENS ORDINANSIE 3.2.14.2 VAN ‘N GEMEENTE LOSGEMAAK TE WORD

Ordinansie 3.2.3.2 (vi) wat soos volg lui:

3.2.3.2    Afskaling en losmaking

(vi)          Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering maak in die Kerk bekend dat die predikant beroepafwagtend is.

word gewysig om soos volg te lees:

(vi)          Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering kan die betrokke predikant oproep vir gesprek om die predikant se kennis, kerklike betrokkenheid en vaardigheid te beoordeel.

(vii)         Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering kan die predikant na afloop van die gesprek vir verdere opleiding of begeleiding verwys voordat die predikant ‘n volgende beroep mag aanvaar.

(viii)        Indien die predikant gereed is om ‘n volgende beroep te aanvaar, maak die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering in die Kerk bekend dat die predikant beroepafwagtend is.

Ordinansie 3.2.7 wat soos volg lui:

3.2.7       PREDIKANTE MET AMPSVOORREG

(i)            Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering mag enige predikant met ampsvoorreg oproep tot gesprek met betrekking tot kerklike betrokkenheid en teologiese kennis.

(ii)           Indien die kennis van so ‘n predikant nie na wense is nie, word die predikant deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering vir verdere opleiding verwys.

word gewysig om soos volg te lees:

3.2.7       PREDIKANTE MET AMPSVOORREG

(i)      Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering kan enige predikant met ampsvoorreg oproep tot gesprek met betrekking tot kerklike betrokkenheid, teologiese kennis, of toepaslike vaardighede.

 (ii)      Indien die predikant se kerklike betrokkenheid, kennis of vaardighede nie na wense is nie, word die predikant deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering vir verdere opleiding of begeleiding verwys.

Ordinansie 3.2.14.2 (vii) tot (x) wat soos volg lui:

3.2.14.2  Losmaking van ‘n gemeente by ooreenkoms

(vii)         Die kerkraad, ringskommissie of opsighoudende liggaam word van die besluit in kennis gestel.

(viii)        Predikante wat versoek om losgemaak te word, onderteken terselfdertyd ‘n onderneming om geen eise teen die gemeente of die Kerk in te stel nie.  Indien die versoek om losmaking toegestaan word, word so ‘n vrywaring ingesluit in enige ooreenkoms wat met die losmaking gepaard gaan.

(ix)          Indien losmaking van die gemeente met behoud van ampsvoorreg geskied, word die predikant in die Kerk beroepbaar gestel.

(x)          ‘n Predikant wat deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van sy of haar gemeente losgemaak word, is nie dadelik na dieselfde gemeente beroepbaar nie.

word gewysig om soos volg te lees:

(vii)        Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering kan die betrokke predikant oproep vir gesprek om die predikant se kennis, kerklike betrokkenheid en vaardigheid te beoordeel.

(viii)        Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering kan die betrokke predikant na afloop van die gesprek vir verdere opleiding of begeleiding verwys voordat die predikant ‘n volgende beroep mag aanvaar.

(ix)         Die kerkraad, ringskommissie of opsighoudende liggaam word van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering se besluit in kennis gestel.

(x)          Predikante wat versoek om losgemaak te word, onderteken terselfdertyd ‘n onderneming om geen eise teen die gemeente of die Kerk in te stel nie.  Indien die versoek om losmaking toegestaan word, word so ‘n vrywaring ingesluit in enige ooreenkoms wat met die losmaking gepaard gaan.

(xi)         ‘n Predikant wat deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van sy of haar gemeente losgemaak word, is nie dadelik na dieselfde gemeente beroepbaar nie.

(xii)        ‘n Predikant wat deur die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering van sy of haar gemeente losgemaak word, kan met instemming van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering weer beroep word.

(xiii)     ‘n Gemeente wat wil beroep nadat ‘n predikant van die gemeente losgemaak is, kan met instemming van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering weer ‘n predikant beroep.

 

BESKRYWINGSPUNT 71:  KOMMISSIE VAN DIE AKV

BEROEP VAN PREDIKANT OF PROPONENT

Ordinansie 3.2.4 (i) tot (iv) wat soos volg lui:

3.2.4 BEROEP VAN PREDIKANT OF PROPONENT

(i)       Beroepswerksaamhede neem ‘n aanvang so gou doenlik na kennisname dat die predikantswerkruimte vakant gaan raak, maar nie later nie as een maand nadat die predikantswerkruimte vakant geraak het.

(ii)      Alle predikante en proponente is beroepbaar.

(iii)     Die ringskommissie kan op versoek van die kerkraad verlof gee om vir hoogstens drie maande nadat die werkruimte vakant geword het, nie te beroep nie.  Indien enige verdere uitstel om te beroep benodig word, word dit in oorleg met die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering gedoen.

(iv)     Die ringskommissie kan, na oorleg met die Moderamen en die betrokke kerkraad, besluit dat die gemeente vir hoogstens 90 dae nie mag beroep nie sodat strategiese beplanning van ringsgemeentes gedoen kan word wat as riglyn vir die gemeente kan dien wanneer die gemeente beroep.

word gewysig om soos volg te lees:

3.2.4 BEROEP VAN PREDIKANT OF PROPONENT

  1. Beroepswerksaamhede neem ‘n aanvang so gou doenlik na kennisname dat die predikantswerkruimte vakant gaan raak.
  2. Alle predikante en proponente is beroepbaar.
  • Die ringskommissie kan, na oorleg met die Moderamen, op versoek van die kerkraad verlof gee om nie ‘n predikant te beroep nie mits die gemeente se bedieningsplan voldoende voorsiening maak vir alle fasette van die gemeente se werk.
  1. Die ringskommissie kan, na oorleg met die Moderamen en die betrokke kerkraad, besluit dat die gemeente vir ‘n bepaalde tyd nie mag beroep nie sodat strategiese beplanning van ringsgemeentes gedoen kan word wat as riglyn vir die gemeente kan dien wanneer die gemeente beroep.

 

BESKRYWINGSPUNT 72:  RAAD VAN FINANSIES

HANDELING MET EIENDOM

  1. Die AKV bevestig die kerkordelike voorskrif dat gemeentes die advies van die ringskommissie en die Raad van Finansies inwin sodra hulle begin oorweeg om met eiendom te handel.
  2. ‘n Gemeente wat oorweeg om met eiendom te handel, begin onverwyld ‘n inklusiewe konsultasieproses wat insluit dat
  • die kerkraad in gesprek tree met die ringskommissie en die Bestuurskomitee sodra die gemeente vir die eerste maal begin oorweeg om met eiendom te handel.
  • die kerkraad ‘n nuwe gemeentelike bedieningsplan aan die ringskommissie voorlê wat uiteensit hoe die handeling met eiendom die gemeente se bediening oor die medium- en langtermyn kan affekteer.
  • die kerkraad voorstelle vir die sinvolle aanwending van opbrengste uit die verkoop van eiendomme (in die geval van samesmeltings, of samewerking met ander gemeentes of kerke, ensovoorts) vir oorweging aan die ringskommissie, Bestuurskomitee en gemeentevergadering voorlê.
  • die ringskommissie ‘n strategiese plan vir volhoubare bediening in die ring aan die kerkraad en gemeentevergadering voorhou.
  •  die gemeente skriftelik aan die ringskommissie en Bestuurskomitee redes verskaf indien die gemeentevergadering, na afloop van hierdie inklusiewe proses, besluit om nie die aanbevelings van die ringskommissie en/of Bestuurskomitee te aanvaar nie.
  1. Die Moderamen handel met gemeentes wat nie die voorskrif volg nie.

 

BESKRYWINGSPUNT 74:  RAAD VAN FINANSIES

GEMEENTELIKE ONDERSTEUNINGSFONDS

‘n Gemeentelike Ondersteuningsfonds word geskep.  R400 000.00 van die renteverdienste van die Fonds vir Sinodale Dienslewering word in die 2020/21 finansiële jaar in die Fonds gestort, en daarna inflasionêr aangepas.

 

BESKRYWINGSPUNT 75:  RAAD VAN FINANSIES

BEËINDIGING VAN KERKGELDSTELSEL

Die Kerkgeld vir Kerkwerkstelsel word in sy geheel beëindig.  Die beleidstuk vir gemeentelike beleggings bly steeds geldig.

Die volgende amendement gestel deur ds APJ Beukes en gesekondeer deur dr GJ Malan, word aanvaar:

  • Gemeentes word versoek om vir solank dit moontlik is, deel te bly van die Kerkgeld vir Kerkwerkstelsel.
  • Die Raad van Finansies verbind hom nie tot ‘n vaste rentekoers nie, maar onderneem om die beste rentekoers te beding binne die beleggingsbeleid van die Raad.
  • Die Raad van Finansies belê hoofsaaklik in kontantinstrumente om sodoende risiko’s te beperk.
  • Waar gemeentes vir ‘n langer termyn wil belê, dui hulle dit so aan en sal die Raad ander beleggingsmoontlikhede ondersoek met hoër opbrengste maar met die minimum risiko’s.

 

BESKRYWINGSPUNT 78:  RAAD VAN FINANSIES

STANDAARDISERING VAN REKENINGKUNDIGE STELSELS

Die NHKA standaardiseer die rekenkundige stelsel wat deur gemeentes gebruik word.  Gemeentes kry geleentheid om voor die 73ste AKV oor te skakel na die SAGE 1 rekeningkundige stelsel.  Gemeentes wie se oudits vir langer as twee jaar uitstaande is geniet prioriteit, en word deur die Sinodale Dienssentrum bygestaan om die oorskakeling so spoedig moontlik te doen.

Die volgende redaksionele wysiging word aanvaar:

Die NHKA standaardiseer die rekenkundige stelsel wat deur gemeentes gebruik word.  Gemeentes kry geleentheid om oor te skakel na die SAGE 1 rekeningkundige stelsel.  Gemeentes wie se oudits vir langer as twee jaar uitstaande is geniet prioriteit, en word deur die Sinodale Dienssentrum bygestaan om die oorskakeling so spoedig moontlik te doen.

 

BESKRYWINGSPUNT 79:  RAAD VAN FINANSIES

NAKOMINGSBELEID

Die NHKA aanvaar en implementeer die nakomingsbeleid soos deur die Oudit- en Risikokomitee geformuleer, en stel ‘n raamwerk daar wat die risikobestuursprosesse en interne beheerstelsels moniteer.

Die volgende amendement gestel deur ds CEC Hertzog en gesekondeer deur dr FJ Labuschagne, word aanvaar:

Die NHKA aanvaar in beginsel die nakomingsbeleid soos deur die Oudit- en Risikokomitee geformuleer. Die Kommissie van die AKV dra die finale aanspreeklikheid teenoor sy belanghebbendes om toesig oor die nakomingsvereistes te hou, en is verder ook finaal aanspreeklik vir die goedkeuring, uitvoering en praktiese implementering van die nakomingsbeleid en raamwerk wat die risikobestuursprossesse en interne beheerstelsels moniteer.  Die Kerk is daartoe verbind om te voldoen aan sowel die gees as die letter van toepaslike vereistes, en om altyd met die nodige vaardigheid, sorg en toewyding te handel.  Die volgende entiteite word ingesluit in die trefwydte van die Beleid: Gemeentes; ringskommissies; Sinodale Dienssentrum; NHSV; Raad van Finansies.  Die volgende is spesifiek uitgesluit:  Diensorgane wat as Maatskappy geregistreer is en hul eie Direksie het.

 

BESKRYWINGSPUNT 80:  RING VAN VEREENIGING

OUDITPROSEDURES EN KOSTESTRUKTUUR BY DIE AFDELING INTERNE OUDIT

Die AKV vra ‘n ondersoek aan oor die prosedures wat by die afdeling Interne Oudit gebruik word, ten einde te bepaal of dit in lyn is met die industriestandaard.  Hierdie ondersoek moet insluit die tyd wat dit neem om gemeentes se oudit af te handel en die kostestruktuur daaraan verbonde.

 

BESKRYWINGSPUNT 85:  RAAD VAN FINANSIES

GEBRUIK VAN KLANK- EN VIDEOSTROMING TYDENS DEELNAME AAN VERGADERINGS

Die vergadering spreek hom positief daaroor uit dat verkose lede wat vergaderings per klank- of videostroming bywoon, deel van die kworum van ‘n vergadering uitmaak en dus ook stemgeregtig is.

 

BESKRYWINGSPUNT 86:  RAAD VAN FINANSIES

GEBRUIK VAN E-POS EN ANDER ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE-MIDDELE VIR BESLUITNEMING

Die Kommissie van die AKV bepaal riglyne waarvolgens lede van vergaderings per e-pos en ander elektroniese kommunikasiemiddele besluite kan neem sonder dat hulle fisies per vergadering byeenkom.

 

Die volgende voorstel van ds GS de Beer en gesekondeer deur ds CEC Hertzog en oudl JF Viljoen, word aanvaar:

Die AKV gee opdrag aan die Kommissie van die AKV dat ‘n ondersoek deur die Raad van Finansies onderneem word om die basis van heffingberekening te verander.

Die volgende voorstel van ds GS de Beer en gesekondeer deur ds GF van Wyk, word aanvaar:

In die lig van die besluit om die ADV as vergadering te behou, begroot die Raad van Finansies vir die uitgawes van die ADV.  Dit sal ‘n verskil van ongeveer R5.00 per belydende lidmaat tot gevolg hê.  Die Kommissie van die ADV onderneem om dienooreenkomstig die vrywillige barmhartigheidsoffers doelwit te verlaag met R5.00 per belydende lidmaat.

Die sinodale offergawe van R362.00 per belydende lidmaat word aanvaar.

 

BESKRYWINGSPUNT 26:  RING VAN VEREENIGING

NUWE JEUGBEDIENINGSPROJEKTE VERKLAAR AS GROEIPUNT-BEDIENING

Die AKV besluit om nuwe jeugbedieningsprojekte wat oor gemeentegrense heen uitgerol word, te verklaar as groeipunte waar dit jongmense nader aan Christus en sy kerk bring.  Hierdie projekte moet aan die vereistes van groeipuntbediening voldoen en ook voorsiening maak vir jongmense wat onder die radar van die Kerk opereer.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap