Die Hervormer
September 2022 | Jaargang 115 | Nommer 5
Vergaderings van die Kerk wat alles behalwe algemeen is…
Die 73ste Algemene Kerkvergadering van die NHKA vind vanjaar van Sondag 2 Oktober tot Donderdag 6 Oktober plaas…
Wat sal jy doen met jou laaste woorde?
Wanneer jy deur die dood gekonfronteer word, kry die lewe nuwe betekenis. Dit is wat ek weer die afgelope tyd geleer het.
Die God wat óns aanbid
Lees Filippense 2: 5-11
Die Griekse woord vir aanbidding is proskuneō. Dit word vertaal as “om in nederigheid te kniel, om jouself in nederigheid te verlaag, om aan iemand anders oor te gee, om eerbied te betoon”.
Uit die Woord
Ons kniel hier voor U neer
Stellenbosch vier fees
Ons vier ’n halfeeu van genade! Dit was die voorstel van een van die lede van ons Feeskomitee toe ons die bewoording van ons spesiale etiketwyn moes finaliseer. Op 22 Julie 2022 was Stellenbosch 50 jaar oud en vir ons was dit voorwaar ’n halfeeu van genade wat ons gevier het.
Die NHKA woeker voort tydens die pandemie
In Maart 2020, toe die regering grendeltyd aangekondig het, moes almal, ook die Kerk, nuut en anders begin dink: hoe om voort te gaan met ons roeping, positief te bly, en eenvoudig die moeilike tyd deur te sien.
Van konteks na preek
Dr Hein Delport het ’n tweede PhD-graad aan die begin van 2022 behaal. Die titel van sy proefskrif was ’n Basisteorie vir ’n homiletiese beweging. Vir sy studie het hy gesteun op prof Theuns Dreyer se basisteorie vir prediking in die NHKA. Dr Delport vertel hier meer daaroor.
Die 2020-vertaling van die Bybel
Bybelvertaling was nog altyd ’n saak waarmee die Hervormde Kerk groot erns gemaak het. By die 73ste Algemene Kerkvergadering gaan ons die geleentheid kry om oor nog ’n vertaling van die Bybel in Afrikaans, naamlik die 2020-vertaling, te besin.
Kerkmuseum stel inventaris op
Gedurende Julie vanjaar is inventaris opgestel van die inhoud van die NHKA se SP Engelbrecht-museum. Dit is ’n proses wat met groot noukeurigheid en sorg uitgevoer moet word. So bewaar ons immers wat aan ons toevertrou is.
Predikante kort na mekaar oorlede
Die NHKA moes onlangs opnuut afskeid neem van drie predikante, en ’n gewese predikant van die Kerk.
’n Herinnering aan die pandemie
Op 14 Junie 2020 was dit my voorreg om Kiara Stebbing te doop in Gemeente Kempten. Dit was net nadat ons weer toegelaat is om eredienste te hê met slegs 50 mense in ’n diens…
Stoepstories: Spreekbeurte by die AKV
Twisgierige Tokkelok van Tamboerskloof vra: Beste Oupa Stoep, ons finalejaar teologiestudente is opgekommandeer om te help tydens vanjaar se Algemene Kerkvergadering. Ek het baie definitiewe standpunte oor baie van die sake wat bespreek gaan word…