Die Hervormer
September 2023 | Jaargang 116 | Nommer 5
Ons kort ’n Groen Hervorming: Oor groei en ontgroei
Meer as 200 jaar gelede het Thomas Malthus reeds in sy geskrif An Essay on the Principle of Population (1798) voorspel dat die bevolkingsaanwas die ekonomie so sou verlam dat maatskaplike ellende toenemend die gevolg sou wees. Meer as 50 jaar gelede het die Klub van Rome dit toe met jota en tittel aangetoon.
Sy’s al wat ons het
Ons woon op ’n klein blou ghoen
Soos kinders met haar gedoen
wat ons wou doen
Sy hang draadloos in die sfeer
haar skouers mank, sy’t geen verweer
Met God vír ons, wie kan teen ons wees?
Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. Wie kan ons veroordeel?
Uit die Woord
God is almagtig, wys en regverdig
Excelsus Lentekonferensie: Lente in Bediening en Teologie
Die Lentekonferensie is deel van Excelsus se program vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling (VBO) en word in samewerking met die Hervormde Teologiese Kollege en die VBO-Forum van die NG Kerk aangebied.
Om te sien...
Fotografie, dink ek soms, leer ’n mens om te sien. Dit leer jou om ráák te sien. En as ’n mens eers sien, dan word jy oorweldig deur al die skoonheid om jou.
Moeder Aarde, Suster Skoonmaker: Vroue se ekologiese en teologiese bydraes
Het jy hulle al gesien? Die skimme wat douvoordag die plastiek en papier uit jou vullis uit versamel, wat jou kantoor of werkruimte se meubels kom afstof en die mat stofsuig…
Ds Johannes Beyer (jr) 1857-1929
Ons dink hierdie Erfenisdag aan een van die bouers van ons Kerk, ds Johannes Beyer.
Hoe berei predikante preke voor?
Karl Barth spreek ’n groep teologiestudente toe. Hy sê: Ons is mense en kan eintlik nie oor God praat nie, maar ons is ook teoloë en moet oor God praat. Hierdie twee: dat ons oor God moet praat, maar eintlik nie kan nie, vorm die benoudheid van die bedienaar van die Woord.
Herontwerp jeugbediening!
Op 8 en 9 Augustus het 44 ouderlinge, jeugwerkers, predikante en teologiestudente saamgetrek by Achterbergh Konferensiesentrum om saam te dink oor jeugbediening in die Hervormde Kerk.
Stoepstories: Die Eindtyd
Angstige Adelheid van Amersfoort vra: Beste Oupa Stoep, hier is ’n ou omie wat met ’n Volkswagen Kombi rondry en heeltyd oor ’n luidspreker skreeu: “Die einde is naby! Die einde is naby!” As dit so is, wat dink Oupa moet ek doen?