Drie nuwe kandidate is Donderdag 17 November 2022 gelegitimeer en as proponente tot die NHKA toegelaat.

Hulle is prop L (Louize) de Beer, prop L (Lamé) Janse van Rensburg, en prop W (Wilma) Lötter-Matthee. Baie geluk!

Louizé de Beer het die pryse vir die beste presteerder in Godsdiens- en Sendingwetenskap; Dogmatiek en Christelike Etiek; Nuwe Testamentiese Wetenskap; die Kuratoriumprys vir die beste skripsie; die toekenning vir die beste prestasie oor die hele terrein van teologiese studie; en die Cules Boshoff-erepenning ontvang. Wilma Lötter-Matthee het die toekennings in Ou Testamentiese Wetenskap en Praktiese Teologie ontvang, terwyl Lamé Janse van Rensburg die toekenning vir Kerkgeskiedenis ontvang het.

Van links na regs is Wilma, Louizé en Lamé

Share via
Copy link
Powered by Social Snap