PREEKSKETS 
Daar is mense wat beweer:

  • Die Bybel is net ‘n klomp stories wat deur mense opgestel is met ‘n godsdienstige sousie oor
  • Die Bybel het uit die hemel geval en is deur God self geskryf

Wie is reg ? Wat is die Bybel ? Het God regtig self die Bybel geskryf ?

Ons aanbid nie die Bybel nie maar God

  • ons mag nie van die Bybel ‘n afgod maak nie
  • die Bybel lewer getuienis oor God maar is nie God nie
  • die Jode het van die wet ‘n afgod gemaak
  • hulle glo die teks (=die letters) van die wet (=eerste vyf boeke van OT) is heilig
  • daarom mag ‘n mens dit glad nie verander nie
  • hulle glo dat die wet letterlik deur God self geskryf is

Daar is nie een of ander bo-natuurlike krag in die Bybel nie

  • die Jode glo dat daar tussen die letters van die wet een of ander geheimsinnige krag verskuil is
  • dit straal iets van die heerlikheid van God uit
  • daarom bedek hulle hulle gesigte as hulle uit die wet lees
  • dit is egter nie die gedrukte letters op papier wat die Woord van God is nie
  • daardie letters is dood en besit geen verborge krag nie

Deur die werking van die Heilige Gees word die dooie letters op papier die lewende Woord van God

  • ‘n mens kan die Bybel honderd maal deurlees maar sonder die werking van God se Gees het dit geen betekenis nie
  • of ‘n mens se lewe kan verander word deur een versie van die Bybel wanneer die Heilige Gees dit vir jou lewendig maak
  • ‘n mens ervaar iets daarvan as jy n bekende stukkie lees en dit skielik vir jou nuwe betekenis kry
  • of as jy in die kerk sit en dit vir jou voel asof die dominee net met jou praat

Die verwysing na die vinger van God in Eks 34:24 moet nie letterlik verstaan word nie

  • dit is ‘n uitdrukking wat verwys na die Gees van God
  • dit hou verband met die krag van God wat wonders laat gebeur, vgl
    • Eksodus 8:19
    • Psalm 8:4
    • Lukas 11:20 en Matteus 12:28

Dat God die wet met sy vinger geskryf het en dit vir Moses gegee het moet nie letterlik verstaan word nie. Dit is ‘n voorstelling om te sê dat die wet (en vir ons dan die hele Bybel) deur die Gees van God tot stand gekom het. Ons sê dat God mense geïnspireer het om die Bybel te skryf. Dit was gelowige mense wat sonder dat hulle dit geweet het en nie los van hulle aardse omstandighede nie, iets op skrif weergegee het van hulle geloof in God. God het dit deur sy Gees so beskik dat hulle geskrifte vir ons bewaar gebly het sodat ons vandag nog deur die Gees van God , God se stem daaruit met ons hoor praat. Die Bybel is onontbeerlik en absoluut noodsaaklik vir mense om tot geloof in God te kom en om daardie geloof in stand te hou. Dit is die instrument wat die Gees gebruik.

Die Heilige Gees maak die Woord van God vry van die letters en bladsye van ‘n boek.

  • gelowiges word die Woord van God vir ander
  • deur hulle lewenswyse
  • beeld van ‘n brief (2 Kor 3:3)
  • iets van die heerlikheid van God uitstraal (2 Kor 3:18)
Share via
Copy link
Powered by Social Snap