Die opening van die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) het plaasgevind op Woensdag 20 Februarie by Gemeente Philadelphia.

In die lig van die 72ste Algemene Kerkvergadering later vanjaar was daar nie ’n Predikantevergadering of Inligtings- en Besprekingsvergadering na afloop van die HTK-opening nie.

Die erediens tydens die opening is gelei deur dr Tanya van Wyk. ’n Verkorte weergawe van haar preek verskyn op bladsy 6 van hierdie uitgawe.

Na ’n verwelkoming deur dr André Ungerer, hoof van die HTK, het dr Wim Dreyer ’n voordrag gelewer oor die Marginalia by die teologie van prof Natie van Wyk. Prof Van Wyk het repliek daarop gelewer, en ’n HTS-huldigingsbundel wat aan prof Van Wyk opgedra is, is aan hom oorhandig.

Dr Tanya van Wyk oorhandig ‘n HTS-huldigingsbundel aan prof Natie van Wyk

Prof Natie van Wyk lewer repliek tydens die opening van die HTK

Dr Wim Dreyer praat oor die Marginalia in die teologie van prof Natie van Wyk

Share via
Copy link
Powered by Social Snap