Hoe kry ek my gemeente om in pas met God se missionale ritmes te begin beweeg? Want soms raak ’n gemeente vasgeval in die moeras van kerk en kultuur en kort dit ’n hupstootjie. By IN PAS praat ons van hefboompraktyke wat gemeentes hiermee kan help.

Daar is tans 15 gewoontes en 45 praktyke geïdentifiseer by gemeentes wat intensioneel met God se missionale roeping probeer leef. Hoe groter ons netwerk groei, hoe meer ontdek en leer ons by die inspirerende stories wat op gemeentevlak uitspeel. Dit maak ons baie opgewonde oor die toekoms en die rol van die kerk.

Daar word begin met die basiese dinge van die IN PAS-reis, die sogenaamde Hefboompraktyke.

’n Missionale avontuur hoef nie ingewikkeld en kompleks te wees nie. Dit is ook nie abstrak en teoreties nie. Dit behels spesifieke gewoontes en praktyke wat uitspeel in die unieke ritme van die gemeente en haar konteks. Maar dikwels is ’n gemeente vasgeval in die modder van kerk en kultuur. Dis veral dan dat die bewegings van missionaliteit nie maklik kom nie en dikwels lei tot weerstand en konflik.

So, waar sal ’n mens begin wanneer ’n gemeente al soveel keer probeer begin het, maar nooit regtig in beweging gekom het nie? Hoe kom ’n gemeente uit die modder van ’n ou manier van kerkwees, terug op die pad vorentoe en in pas met God se missionale roeping?

Jy beweeg van dink na doen. Of dalk vir eers net oefen om te doen.

Soos Alan Hirsch dit stel: Act yourself into a new way of thinking. Want think yourself into a new way of acting werk nie.

Een van ons IN PAS-spanmaats vertel dat sy vrou hom gereeld daaraan herinner dat predikante die enigste mense is wat sy ken wat dink dat as hulle iets gesê het, dit klaar gebeur het! As musiekonderwyser weet sy hoe belangrik praktiese inoefening is vir nuwe vaardighede om te kan ontwikkel.

Uit die lys van 45 praktyke het ons 11 geïdentifiseer wat soos ’n hefboom die gemeente uit die modder kan lig en in beweging kan bring. Afhangende van waar die gemeente in die modder vassit, het elke praktyk ’n unieke rol om te speel. Die grafika hiernaas is ’n poging om die hefboompraktyke te groepeer ten opsigte van die lewe van die gemeente in verhouding met God en die gemeenskap.

Dis immers waaroor IN PAS gaan.

Wat is dit?

Eerste dinge eerste.

Wandel in die Woord is ’n praktyk van luister na die Woord van God, waar ’n groep ’n redelik kort gedeelte oor ’n lang tydperk gereeld saam lees. Vandaar die term “wandel in”. Ons “loop stadig deur” die Woord.

Elke keer wanneer die teks gelees word, luister deelnemers eers self na die teks en dan na iemand anders in die groep. Een van die kernwaardes van Wandel in die Woord is dat die ander persoon vrymoedig moet voel om te deel wat hy of sy in die Bybelgedeelte gehoor het.

Terug in die groot groep sal deelnemers vertel wat hulle by die ander persoon gehoor het, in stede van ’n herhaling van dit wat hulle self gesê het. Wandel in die Woord is dus in wese ’n luisteroefening.

Herhaaldelike beoefening van Wandel in die Woord, byvoorbeeld in kerkraadsvergaderings, help dat ’n hegte geloofsgemeenskap gevorm word binne die raamwerk van die Woord. Dit skep ’n klimaat waarbinne besluite en maniere van doen gevorm word deur die verhaal van die Bybel. En ons leer om geloofs- en Godsvrae te vra.

Oor tyd, ontwikkel dit ’n deurleefde missionale verbeelding.

Opsomming van die ritmes, gewoontes en praktyke

RITME I – ONTDEK EN VIER

Gewoonte 1 – Sigbaar vier

Praktyk #1: Sigbare vieringe

Praktyk #2: Godstories

Praktyk #3: Daaglikse ondersoek

Gewoonte 2 – Ontdek God se reis met ons

Praktyk #4: Ontwikkel ’n verslag oor die gemeente se kultuur (leesverslag)

Praktyk #5: Ons onderskei ons patrone van gestuur-wees

Praktyk #6: Ons doen ’n storiemuur

Gewoonte 3 – Ontdek medereisgenote

Praktyk #7: Stel ’n gemeentelike begeleidingspan saam

Praktyk #8: Vorm ’n gemeentenetwerk (cluster)

RITME II – LUISTER EN ONDERSKEI

Gewoonte 4 – Word stil en ontvang God se teenwoordigheid

Praktyk #9: Stilword

Praktyk #10: Hou ’n joernaal

Gewoonte 5 – Lees die Woord luisterend

Praktyk #11: Wandel in die Woord

Praktyk #12: Lectio Divina

Gewoonte 6 – Onderskei God se wil vir ons

Praktyk #13: Vra Godsvrae

Praktyk #14: Luister na die Gees

Praktyk #15: Vra Woordvrae

Praktyk #16: Voer ’n “egte gesprek”

Praktyk #17: Die luistersiklus

RITME III – WAAG EN EKSPERIMENTEER

Gewoonte 7 – Betree die vreemde

Praktyk #18: Beplan die eerste treë

Praktyk #19: Wandel in die wêreld (Son)

Praktyk #20: Verwelkom die vreemdeling (gasvryheid)

Praktyk #21: Stap’n pelgrimstog

Praktyk #22: Die luisterplons

Praktyk #23: Gebruik erediensreekse

Gewoonte 8 – Bou vennootskappe

Praktyk #24: Vestig vennootskappe

Praktyk #25: Vorm bruggemeenskappe

Gewoonte 9 – Eksperimenteer

Praktyk #26: ’n Lae-risiko-eksperiment

Praktyk #27: Die eksperimentele plons

RITME IV – VERHELDER EN FOKUS

Gewoonte 10 – Ons kyk in die spieël

Praktyk #28: Waar op aarde is ons?

Praktyk #29: Vestig luistergeleenthede

Praktyk #30: ’n Groot vraag aan die gemeente: Waarvoor roep God ons – hier en nou?

Praktyk #31: Die National Church Life Survey (NCLS)

Gewoonte 11 – Ons leer ons gemeenskap ken

Praktyk #32: Ons luister wat in die gemeenskap aangaan

Praktyk #33: Ons kyk met nuwe oë na die gemeenskap

Praktyk #34: Ons leer om na patrone te soek

Gewoonte 12 – Onderskei roeping en fokus

Praktyk #35: Vind die fokus van ons roeping

RITME V – IMPLEMENTEER EN INOEFEN

Gewoonte 13 – Leiers wat deur voorbeeld lei

Praktyk #36: Ontwikkel roepingsgesag

Praktyk #37: Aktiveer missionale intelligensie

Praktyk #38: Ontwikkel ’n lewensritme (Regula)

Gewoonte 14 – Skep konkrete aksies

Praktyk #39: Gee die eerste treë

Praktyk #40: Belyn die gemeentelike aktiwiteite

Praktyk #41: Die leierspanverbintenis

Praktyk #42: Hanteer polariteit en konflik

Gewoonte 15 – Begeleiding

Praktyk #43: Ontwikkel geloofsgewoontes

Praktyk #44: Ontwikkel vaardighede

Praktyk #45: Ontwikkel nuwe oefeninge

(Individuele skrywers dra self verantwoordelikheid vir die feitelike inhoud van en beskouings in hul artikels.)

JohanSGB@nhk.co.za

Share via
Copy link
Powered by Social Snap