Geliefdesvan ons Here Jesus, volgens die kerklike kalender moet ons ook ’nSondag spesiaal afstaan sodat die prediking gewy kan word aan aan diegeloofsfeite dat God tegelykertyd die Vader, die Seun en die HeiligeGees is. En vir hierdie doel wil ek graag die volgende woorde vandie Here Jesus aanhaal: “Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog byjulle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, dieHeilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aanalles wat Ek vir julle gesê het” (Joh 14:25-26).

Broersen susters, ons kerklike leerstuk rondom die Drie-eenheid is eintlik’n logiese teenstrydigheid. Ja, ons bely dat ons net in éénGod glo, maar dan deel ons hierdie God as’t ware in drie dele op. Dit is ook geen wonder nie dat ander gelowe ons spot deur te sêons glo in ’n meervoudige god nie. Hulle spot ons minagtend deurte sê dat ons eintlik in drie gode glo, en dat ons probeer omhierdie feit weg te redeneer deur te sê dat ons God ’ndrie-enige God is!

Is dit so? Gloons werklik in meer as een god, veral gesien vanuit ons belydenis datons sê God is tegelyk Vader, Seun en Heilige Gees? Nêrensvanuit die Bybel kan ons onsself verdedig deur te sê dat ditpertinent daar staan, op so en so ’n plek, dat God drie-enig isnie. As daar dan geen bybelse bewyse is vir die woordjie “drie-enig”nie, waar kom ons dan daaraan? Is ons nie eintlik besig om die Bybelte weerspreek met só ’n uitlating nie?

Wel,die gedeelte wat ons vanoggend saamgelees het, bevat ook nie enigeverwysing na ’n Drie-enige God nie … nee, die terme “Vader”,“Seun” en “Heilige Gees” kom bloot daarin voor. Tog, hierdiebelydenis behoort tot die hart van ons Christelike geloof … dit is’n deel van ons Christelike geloof wat ons nie bereid is om oor teonderhandel nie … meer nog: Dit is wat ons ook van die ander geloweonderskei. Ons, as Christene, glo dat hierdie leerstuk aangaande dieDrie-eenheid van God presies alles, wat die Bybel aangaande God sêen leer, saamvat.

Gemeente,ons kan nie anders oor God praat as om hierdie onverstaanbare taal tegebruik nie. Al klink dit ook nou maar dom en onnosel vir andermense as ons praat van ’n Drie-enige God, dan moet dit maar nou sowees. Vir ons is dit ’n bybelse waarheid! Dit wil eintlik net virons sê dat God heeltemal anders is as wat ons in woorde kanbeskryf of uitdink. As ons in die Bybel van God en sy verhouding metdie mens lees, as ons hoor hoe Hy Homself aan die mensdom deur sySeun openbaar, as ons hoor hoe die Gees van die Waarheid oor ons salkom waghou, dan … dan besef ons eintlik dat ons hierdie God nie inwoorde kan oorvertaal nie. Ja, geen menslike poging of -beskrywingsal ooit hierdie God in woorde of belydenisse kan vaspen nie. Tog,ons belydenis dat God drie-enig is, is gelowiges se poging om hierdiealmagtige God, soos wat Hy Homself in die Bybel aan ons openbaar, teverwoord.

Komek verduidelik dit soos volg: Ons kan God se drie-eenheid aan diehand van ’n wetenskaplike waarheid beskryf. Ons almal ken togwater, maar ons weet ook dat water in drie vorms voorkom. Ons kanwater in ’n vaste vorm kry, dit is as ons dit nou gevries het. Alis dit ys, bly dit steeds water. Water kan ook in vloeistofvormvoorkom, met ander woorde, as jy die kraan oopdraai, sal daar wateruit vloei. Maar water kan ook in ’n gasvorm voorkom, dit is as jydie ketel aanskakel vir warm water. Die stoom wat by die tuituitkom, is water in ’n gasvorm. Tog, of dit nou ys, water of stoomis, die wetenskaplike formule daarvan bly steeds H2O.

Maar kan ’nmens só oor God praat? Hoe kan ’n skepsel oor sy Skepperpraat … hoe kan ’n sondaar oor die heilige God iets durf sê? Moet ons nie dalk maar eerder luister na die wyse raad van dieprofeet Habakuk as hy ons vermaan deur te sê: “… almal opaarde moet in sy teenwoordigheid stil wees” (vgl Hab 2:20) nie? Dwing God ons nie self tot stilswye met sy hoogheid en heerlikheid,met sy majesteit en almag nie? Maar kom ons sê dat ons nou welsou swyg, omdat ons reken dat dit beter by God sou pas, wat maak onsdan met die woorde van die psalmdigter wat hartlik uitroep: “Juigtot eer van die Here, almal op aarde” (vgl Ps 100:1)?

Wel, gelukkighoef ons nie stil te bly en te swyg oor God nie! Inteendeel, dieBybel is ’n baie goeie bewys dat God nie oor Homself geswyg hetnie, en dat ons daarom ook nie hoef stil te bly nie! Nee, ons kánoor God praat, en ons móét ook oor Hom praat! Maar danmoet dit beslis spreke wees wat by God sal pas, woorde wat aan syheilige Naam die nodige eerbied sal gee. As selfs Salomo, wat dieopdrag gekry het om vir God ’n woonplek, ’n tempel, te bou, endan uiteindelik by die inwydingsseremonie van die tempel moes bely:“Sou God werklik op die aarde woon? Die hemel, selfs die hoogstehemel, kan U nie bevat nie, hoe dan nog hierdie tempel wat ek gebouhet?”, hoeveel te meer dink julle nie sal ons woorde enigsins virGod kan eer en prys nie? Nogtans het die almagtige God gebruikgemaak van die tempel as aardse woonplek … nogtans sal God deurmenslike belydenisse verheerlik kan word, mits dit deur sy Woord, dieBybel, geïnspireer is.

Geliefdes van onsHere Jesus, voordat ek dit gaan durf waag om God aan julle, metmenslike woorde, te beskryf soos ons Hom in die Bybel leer ken, wilek eers die volgende aangaande hierdie belydenis, dat God drie-enigis, sê: Die groot probleem wat die wêreld met hierdiebelydenis het, is die twee woordjies “drie” en “enig”. Hoekan iets tog drie wees, maar steeds een. Vir die logiese denke vanons verstand is dit nie moontlik om dit te verklaar nie. Daarom leerdie Bybel ons ook dat logiese verklarings niks te doen het met diegeloof in God nie. In Jesaja 55 verse 8 en 9 sê God uitdruklikvir ons: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie … soos die hemelhoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo jule optredeen my gedagtes bo julle gedagtes.”

Het ons danregtig hierdie taal van die drie-eenheid nodig om God te beskryf? Wel, kom ek stel dit so: As ons, as gelowiges, baie vaag oor God wilpraat en steeds in die duister wil bly oor wie Hy werklik is, dan hetons seker nie hierdie taal nodig nie. Maar as ons wél van Godwil praat oor hoe Hy ons versorg en beskerm, oor hoe hy Homself aanons kom bekend gemaak het, en oor hoe Hy ons vandag steeds lei om dieregte pad te loop, dán het ons hierdie taal nodig … ja, danis dit nodig dat ons praat van ’n Drie-enige God!

Maarsteeds sal ons met hierdie probleem sit oor hoe één Goddrie kan wees, en daarom wil ek graag probeer om hierdie kwelvraag tebeantwoord. Heel eerstens wil ek hê ons moet na die woordjie“enig” gaan kyk. Volgens Die Nederlandse Geloofsbelydenis,artikel 1 glo ons almal met die hart en bely ons met die mond dat“daar ’n enige en enkelvoudige geestelike wese is, wat ons Godnoem”. Die belydenis dat God ’n enige wese is (vglDeut 6:4), wil allereers sy totaal uniekheid uitdruk. Met anderwoorde, die God wat bestaan en in Wie ons ook glo, is in sy Godweesalleen. Daar is nie nog gode naas Hom nie, en Hy duld ook nie andergode langs Hom nie. Dit is of Hy alléén of jy aanbidHom nie! Jesaja moes hierdie selfde woorde aan die volk gaan oordra:“… Ek is die eerste en die laaste, buiten My is daar geen Godnie” (vgl Jes 44:6). Daarom mag daar naas hierdie éénen énigste God ook nie ander gode gedien en aanbid word nie. Wat ons egter deeglik moet besef, is dat die diepste wese van God nognie gepeil is as ons die belydenis maak dat Hy één isnie! God se enkelvoudigheid het te doen met die feit dat diekerk haarself wil verdedig teen allerlei vorme van kettery. Daarombely die christelike kerk ook – op die voetspoor van die Bybel – datGod ’n enkelvoudige wese is. Daar is niks in Hom wat nie waarlikGod self is nie. Tog is God se bestaan ook weer nie sóanders, só geestelik, dat Hy Homself nie op tipies-menslikeeienskappe en funksies aan ons kan bekend maak nie. In die Bybelword vir ons gesê dat God kan hoor en praat (vgl Gen 16:11;Mark 1:11), dat Hy hande, ore en oë het (vgl Job 10:8), en datHy boonop emosies kan toon (vgl Deut 7:8; Rom 1:18). Daarom mag ons,as gelowiges, die vrymoedigheid hê om God op eg menslikemaniere en wyses te beskryf. Dit is waarom ons dan vir God beskryfsoos Hy Homself aan ons openbaar, as Vader, as Seun en as Gees.

Broersen susters, om dan nou by die eintlik probleem van ons belydenis uitte kom, wil ek graag hê dat ons na die woordjie “drie” moetkyk. Wat en Wie word met hierdie drie bedoel? Dit is ’n vraag watjulle almal my seker sal op kan antwoord. Ja, dit is die Vader, dieSeun en die Heilige Gees. As ons hierdie belydenis maak, dan betekendit nie dat God ’n gesplete persoonlikheid het, of dat Hy in drieverdeel word nie. Nee, die Bybel leer ons dat die Vader en die Seunen die Heilige Gees elkeen sy eie selfstandigheid het, op so ’nwyse dat hierdie drie Persone slegs één enige God is. God openbaar Homself aan die mens as ’n persoonlike God, en hoeHy as hierdie persoonlike God bestaan, word nader omskrywe met dieleer oor die Drie-eenheid van God. En hier, miskien meer as by enigeander leerstuk oor ons christelike geloof, word die menslikebeperkinge, veral ten opsigte van die insig en begrip in hoe éénGod drie Persone kan wees, só oorweldigend, dat volkome swyedie enigste juiste en gepaste reaksie skyn te wees. Maar God soeknie stilswye by sy kinders nie, maar Hy roep ons op om die heiligeterrein van sy Godheid nadenkend en ootmoedig te betree.

WatterSkriftuurlike bewyse het ons vir die drievoudigheid van die goddelikePersone? Soos ek reeds gesê het, is daar nêrens sulkebewyse wat pertinent van die Drie-enige God praat nie, maar dat daarwel Skriftuurlike bewyse van die drievoudigheid van God te vinde is,dit is ’n bybelse feit. Alhoewel ons meer in die Nuwe Testamentoor die drieheid van God ingelig word, wil dit nou nie impliseer datHy nie alreeds in die Ou Testament ‘n Drie-enige God was nie… Hyis dit van ewigheid af. Die Bybel is vol van getuienisse wat onsleer om in hierdie heilige Drie-enige God te glo. Eerder as ompertinent van die drievoudigheid van God te praat, vind ons in dievolgende tekste die bewyse dat God Homself op meervoudige wyses aanons openbaar. In Genesis 1 vers 26 staan die volgende: “Toe het Godgesê: ‘Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, onsbeeld …’”. Uit hierdie woorde van God kan ons dus aflei datdaar meer as een Persoon in die Godheid is, dat meer as een Persoonteenwoordig was by die skepping. Weliswaar word daar nie pertinentgesê hoeveel Persone daar is nie, maar wat vir ons in die OuTestament onduidelik is, word nou in die Nuwe Testament baieduidelik. Die engel Gabriël verskyn aan Maria, die moeder vanJesus, met die volgende woorde: “Die Heilige Gees sal oor jou kom,en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom saldie een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God” (Luk1:35). Ons lees ook van toe die Here Jesus in die Jordaanrivier deurJohannes gedoop is, dat die Gees van God soos ’n duif op die HereJesus neergedaal het, en boonop is die stem van die Vader uit diehemel aangehoor: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My”(vgl Mark 1:10-11). Maar dit is nie al nie: die Here Jesus sélfhet die formulier vir die doop vasgestel toe Hy die volgende gesêhet: “… doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en dieHeilige Gees” (vgl Mat 28:19).

Wanneer alhierdie meervoudigheid van God oordink en beleef word, kan dieaanname dat God drie-enig is, vir ons ’n geloofswaarheid word. Algaan hierdie leer die menslike verstand te bowe, glo ons dit tans nogdeur die Woord, terwyl ons verwag om eendag die volkome kennis envrug daarvan in die hemel te geniet, soos Paulus dit beskryf in 1Korintiërs 13 vers 12: “Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieëlen sien ’n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soosdit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek tenvolle ken, soos God my ten volle ken.”

Onsmoet baie deeglik besef dat nie een van die Persone van dieDrie-eenheid meer of minder God is nie. Al drie moet goddelike eeren aanbidding van ons ontvang. Die Vader is nie die Seun ofdie Gees nie. Hy gaan ook nie van die Seun of die Heilige Gees uitnie. Die Vader stuur wel die Seun en die Gees. Hy stuur die Seun assy vleesgeworde Woord sodat die Here Jesus ons meer van sy Vader kankom leer (vgl Joh 1:1). Hy stuur die Gees om by ons te wees tot enmet die wederkoms van sy Seun (Joh 14:16). Net so is die Seunook nie die Vader of die Heilige Gees nie. Hy gaan wel van die Vaderuit, maar nie van die Gees nie. Die Here Jesus is daardie Woord watuit God se mond gaan om te doen waarvoor Hy gestuur is, naamlik ommense gelowig te maak (Jer 55:11). Hy alleen is die Woord waardeuralles ontstaan het (Joh 1:3), en waardeur God geskep het (vgl Heb 1:2en Kol 1:16). Net so is die Heilige Gees ook nie die Vader ofdie Seun nie. Hy is die enigste wat vanuit sowel die Vader as dieSeun gaan, en Hy is op die Pinskterdag oor die gelowiges uitgestort. Die Gees van God sal ons alles leer aangaande God en ons gedurig aandie Here Jesus se woorde herinner (Joh 14:26).

Gemeente,die betekenis van hierdie belydenis dat God drie-enig is, is so grooten fundamenteel dat dit nouliks onder woorde gebring kan word. Asons hierdie belydenis maak, dan wil ons daardeur bely en erken datons wel iets weet van hierdie God, maar ook nie alles nie. Hy alléénis die waaragtige Lewe, in Wie daar eenheid van die verskeidenheid,en verskeidenheid in die eenheid is. Met ander woorde, God is ’nenige God wat Homself aan die mens openbaar as Vader, Seun en HeiligeGees. Tog, hierdie drie Persone moet aanbid en verheerlik word asdie één en enigste God. Moeilik om te verstaan? Nee,dit is deel van die geloofsfeite waar ons weet God is soos water …jy kry water in drie vorms, naamlik vastestof, vloeistof en gasdamp,tog bly dit steeds water. God openbaar Homself as die Vader, dieSeun en die Heilige Gees, en tog bly Hulle saam steeds éénGod. Wie nie hierdie leer aangaande God se drie-enigheid verstaan ofglo nie, sal ’n arm gelowige wees. Die Drie-enige God het vir onsgeloofslewe oneindig baie betekenis.

DieVader word ons Skepper genoem deur sy krag; die Seun isons Saligmaker en Verlosser deur sy bloed; die Heilige Gees isons Heiligmaker deur sy inwoning in ons harte. Al verstaan jy nienou hoe één God wel drie Persone kan wees nie, móétjy dit glo as die waarheid. Eendag sal alles vir ons duidelik wees.

Amen

Share via
Copy link
Powered by Social Snap