AAN ALLE VROUELIDMATE VAN DIE NHKA

Geagte Dames

Die NHSV Hoofbestuur groet u en vertrou dat dit met u almal goed gaan. Die volgende sake word onder u aandag gebring en ons versoek dat u asseblief die datums sal deurgee in u gemeentes:

49STE NASIONALE NHSV KONGRES: 23, 24 & 25 JUNIE 2023

1. LÉÉF DIE LIEFDE Laat julle lig so voor die mense skyn… (Matt 5: 16, AFR1983)

Die 49ste Nasionale NHSV Kongres vind plaas op DV 23, 24 & 25 Junie 2023. Die openingsaand vind plaas te Gemeente Montana, hv Jan Bantjies- en Azanzastraat, Montana. Die Kongres vind plaas te Batter Boys Village, Jeugdstraat 32, Montana, Pretoria.

1.1. OPROEP

Die volgende persone word hiermee opgeroep na die 49ste Nasionale NHSV Kongres:

LEDE MET STEMREG

      • Die erepresident.
      • Erelede van die NHSV.
      • Die predikantsvroue wat deur hul onderskeie takke afgevaardig is.
      • Voorsitters van takke wat nie predikantsvroue is nie.
      • Vrouepredikante van die Kerk wat deur hul onderskeie takke afgevaardig is.
      • Die vroue van beroepafwagtende predikante en proponente, eggenotes van emeriti en weduwees van predikante, indien dit deur hul takke aangedui word dat hulle betrokke is by die werksaamhede van die tak.
      • Afgevaardigdes van rustende takke.
      • Hoogstens twee afgevaardigdes van elke tak.

LEDE MET ADVISERENDE STEM

      • Alle belangstellende vrouelidmate wat as waarnemers die Nasionale Kongres wil bywoon.
      • Sekretaris: Kommissie van die AKV, of sy verteenwoordiger.
      • ’n Verteenwoordiger van die Moderamen.
      • Die voorsitter van die Algemene Diakensvergadering, of sy/haar verteenwoordiger.
      • Voorsitters van ander diensorgane van die Kerk, of hul verteenwoordigers.
      • Daar is geen beperking op die aantal dames per gemeente wat die Kongres wil bywoon nie.

1.1.1. SITTINGSURE

Die Nasionale NHSV Kongres neem DV op Vrydag 23 Junie 2023 om 17:45 ’n aanvang en duur tot Sondag 25 Junie 2023 om 11:30.

Registrasie vind plaas op Vrydag 23 Junie van 16:00 tot 17:00 te Gemeente Montana, Pretoria.

1.1.2. GELOOFSBRIEF

Vra gerus die geloofsbrief aan wat asseblief volledig voltooi en tesame met u besprekingsvorm en bewys van betaling na die NHSV kantoor teruggestuur moet word per e-pos: admin@nhsv.org.za. U dokumente moet die kantoor voor of op 15 Mei 2023 bereik. Bring asseblief die oorspronklike, getekende geloofsbrief saam na die Kongres.

1.1.3. KONGRESFOOIE

Kongresfooie beloop R920 per persoon vir alle Kongresgangers insluitend waarnemers van takke.

Vroue van emeriti en predikanteweduwees kan die Kongres gratis, as waarnemers, bywoon mits hulle nie deur hul takke as lede met stemreg afgevaardig is nie.

Bankbesonderhede kan op die besprekingsvorm gevind word. Kongresfooie word gebruik vir onder andere Kongresboeke, sprekers en kunstenaars, middag- en aandetes, tee, huur van perseel, en administrasiekoste.

1.2. DOKUMENTE VIR DIE ARGIEFBEWAARPLEK

Alle NHSV takke word versoek om dokumente vir bewaring by die Argief van die NHKA saam te bring na die Kongres. Vir riglyne rondom dokumente wat bewaar moet word, klik asseblief hier vir die skakel na die webblad van die NHKA.

1.3. VERBLYF

Kongresgangers kan van gastehuise en ander verblyf in die omgewing van Montana gebruik maak. Kyk gerus ook op www.lekkeslaap.co.za of www.airbnb.com se webblaaie vir volledige inligting in verband met akkommodasie. Daar is ’n keuse van gastehuise, bed en ontbyt, hotelle, selfsorgeenhede, ensovoorts. Kongresgangers is self verantwoordelik vir verblyfreëlings.

Ons sien daarna uit om u te ontvang by die Nasionale NHSV Kongres!

NHSV groete

(Wilna Koekemoer is sekretaris van die NHSV Hoofbestuur)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap