Menings

Waar sal my hulp vandaan kom?
Die groot trek Brittanje toe was om verskeie redes moeilik. My biblioteek sou moes agterbly. Ons kon die minimum basiese items saamvat, en net my boeke was al ’n kamer en nog ’n paar boekrakke vol, elkeen van hulle al gelees, sommige so lanklaas dat hulle hand opsteek...

Advent oorgeslaan?
Advent is nog nie Kersfees nie, en Advent is nóóit pret nie. Kan ons Advent oorslaan? Baie mense doen dit, veral vanjaar, want 2020 was só moeilik dat ons vir die gewroeg van Advent ook nog, nie kans sien nie. Die toonaard van Advent is verlange en versmagting na God....

Uit die hart van ’n Hervormer
Vir my om van die NHKA afskeid te neem, was soos ’n begrafnis. Dit was soos ’n uiters finale groet en ’n wete dat dinge van nou af aan onherroeplik verander het. Vir soveel jare het niks anders my, my menswees, my persoonlikheid of my lewensdoel gedefinieer behalwe...

Dankie vir die Bybel 2020-vertaling!
Die eerste vertaling van die Bybel in Afrikaans het in 1933 verskyn. In 1953 is daardie vertaling hersien en opnuut uitgegee. Ons sou 30 jaar wag vir ’n volgende vertaling. ’n Dinamies-ekwivalente Afrikaanse vertaling van die Bybel (wat die Bybel laat klink het of dit...

Hoe vroue se koppe werk (en ook nie werk nie)
Evolusionêr gesproke is ons makgemaakte jagters/versamelaars. Vir bykans 200 000 jaar, van voor ons nog ’n ploegskaar in die grond gedruk het of voordat ons nog enige woord kon skryf of stede kon bou, was ons voorouers nomadies. Die mans het gejag en die vroue het kos...

Hout dryf
Dis vir buitestanders moeilik om die bestaanskrisis te verstaan wat die uitslag van hierdie Amerikaanse verkiesing by die helfte van die bevolking daar ontketen het. Ek begryp dit glad nie. Toegegee, ek kon Amerikaners nog nooit kleinkry nie, en om met hulle saam te...

Die Senekal-stryd
Offisiersopleiding in die destydse SA Weermag het van die beginsel uitgegaan dat militêre mag met die minimum geweld aangewend moet word. (Dié “minimum” is ook ’n gawe gedagte as dit by regering kom: dat die staat se inmenging in die lewe van die burgery so gering...

Dawerende stilte
Ek kan insien dat ek kan aanstoot gee, met wat ek sê, skryf en doen. Ek gee toe dat die dinge waarin ek glo en waarvoor ek staan, ander mense kan afstoot. Ek is gemaklik daarmee dat die mense met wie ek my vereenselwig, ander kan vervreem. Ek verstaan ook die ding dat...

’n Huldeblyk aan my mentor
Martin Luther het by geleentheid gesê dat indien dit nie vir dr Johann von Staupitz was nie, hy tot in die diepste duisternis van die hel sou versink het. Johann von Staupitz was die verteenwoordiger van die Augustynse Orde aan die Universiteit van Wittenburg toe...

Twyfel jy ook?
Ek het twee keer erg getwyfel, so erg ek onthou dit maar alte goed. O, ek het honderde, dalk duisende kere al getwyfel, oor kleinigheidjies, maar dié twee keer was ernstig. Ek kon dit nie afskud nie, en ek het noodgedwonge ander planne met my lewe begin maak. Dít het...

Hoe sit ons die wêreld ore aan?
Namate frustrasie met sosiaal-politieke omstandighede in Suid-Afrika toeneem, groei die aandrang van lidmate dat die Kerk haar stem moet laat hoor. Die herderlike skrywes uit die Algemene Kerkvergadering en sy Kommissie is nie genoeg nie, word beweer. Ons wil gehoor...

Nee, as ons preek, lieg ons nie!
RSG maak groter gewag as gewoonlik van komende Sondag se gesprek op Uit ’n ander hoek, ’n program waarin alternatiewe sieninge van geloof en religie verken word. Sondag se gaste is ons prof Andries van Aarde en prof Pieter Craffert, voorheen predikant van die NG Kerk,...

Nuwe normaal
Die uitdrukking “nuwe normaal” word nou so baie gebruik, dis geyk nog voor dit gebeur het. Dit kom, sê almal, maar baie min waag nog om te sê hoe die nuwe normaal gaan lyk. Dis dalk ’n geval van leë kraan, hou toe jou bek, nè? Nou ja, hier kom my nek. Hierdie is ’n...

Om die objek van haat en swart fascisme te wees…
Ek is die afgelope tyd opnuut ontnugter en ontstel deur die samelewing waarin ons leef. Na my mening moet die profetiese stem van die Kerk ’n slag gehoor word jeens die onreg van ons tyd. Weens die voorreg wat ek gehad het om in Europa te studeer en weens my lewendige...

Hoe lief het ek u wonings, Heer
Ons het Sondag erediens gehou, in ons kérkgebou erediens gehou. Daar was net 18 van ons. Ons was diep geroer. Dit was ’n moeilike besluit om tot daar te kom. Toe die grendeltyd aanvanklik aangekondig is, was dit maklik om te sê die President het so besluit, en in...

As die swart hond begin grom…
Vreemde tye waarin ons ons bevind. ’n Persoon wat meestal blymoedig is, voel op ’n dag die lou asem van die swart hond teen haar been. Die koue vingers van vrees om haar keel. Die een wat altyd en veel lees, vermy eensklaps die gedrukte woord. Bly weg van die koerant,...

Liefde in die tyd van korona
My seuntjie is 15 maande oud, en genugtig, hy hou sy mamma en pappa uiters besig tydens hierdie buitengewone grendeltydperk. Hy is beslis nie stout nie – net nuuskierig en ondersoekend met ’n lekker skeppie ondeundheid! En tog sê hy met groot oë Stout! elke keer as hy...

Net geraas? Praat saam, maar oor iets (Iemand) anders
Ons ken almal die grappie dat ’n mens tieners in diens moet neem terwyl hulle nog als van alles af weet? Twieters is “tieners”. Wie twiet, weet klaar als en daar is geen ander uitweg nie. Alles is deesdae swart of wit is, álles; grys en gekleurd bestaan glad nie....

Damp, verdamp, dampie
Amerikaanse blogger en bemarkingsghoeroe Seth Godin sê ons is glad nie goed met toekomsvoorspelling nie, maar ons almal hou daarmee vol en weier om van stryk gebring te word. En wat meer is: Dit word van ons vereis. Almal wil nou al weet wat gaan op hul grafstene...

Dit is die droë jare wat die harde hout maak
Swaarkry is ’n reis na identiteitsvinding. Dit is die droë jare wat die harde hout maak. Die wêreld het nood nodig. My pa het graag die beeld gebruik van ’n mielieplant wat te veel reën kry. Nie net word die grond van belangrike voedingselemente uitgeloog nie, maar...

Slagoffers van seksuele teistering?
Die beskrywingspunt rakende die daarstelling van ’n gedragskode om die vroulike predikante van die NHKA teen seksuele teistering te beskerm, het tydens ’n onlangse vergadering van die Raad vir Kerkregtelike Advies weer ter sprake gekom. Ek, as enigste vrou wat in...

Wie (be-)rus by die kerk?
Die virus onthul toe ook ander dog nie net nuwe “siektes” nie. Praktiese Teologie se prof Koos de Wet het eendag tydens ’n rookpouse buite Lettere II dié wysheid kwytgeraak toe ons ewe vroom neus optrek vir die evolusie van Die Huisgenoot, die geskinder van Rapport se...

Hoekom ons die kerk los
Die Kerk loop leeg. Nie net die Almanak-syfers sê so nie, die kerkbanke skreeu dit uit. Daar is natuurlik goeie redes waarom ’n mens jou nie daaroor moet verknies nie, en ewe goeie redes om jou snags te laat wakkerlê. Josh Daffern maak op die webwerf Patheos (...

Die bouers en die brekers
In elke interaksie het elkeen van ons die geleentheid om die ander persoon op te bou, of af te breek… So klink Jo Black se woorde tydens ’n onderhoud op die kykNET-program Reis na gister. Dié woorde laat ’n blywende indruk op my – na ’n moeilike paar weke by die werk...

’n Antwoord op die mening oor Liewe Jesus
Ek is persoonlik geen “vriend” (woordspeling?) van die soetsappige Liewe Jesus nie. Ek was dit nooit. Net soveel grief die oor-familiêre, piëteitlose gebruik van die woord Jahwe my. Die gebruikers daarvan het heel duidelik geen idee van die heiligheid van die...

Christene vergewe en versoen
My ouma het altyd gesê sy vergewe, maar sy kan nie vergeet nie. Sy was ’n kleuter toe die Kakies op hulle op hul plaas buite Parys toegesak het. Die Kakies het hul vee met bajonette doodgesteek, die plaashuis aan die brand gesteek en my oumagrootjie en haar kinders op...

Ag, liewe Jesus!
Lees tog asseblief wat hier geskryf is as satire. Dis hoe dit bedoel is. Sensitiewe lesers moet liewers verbyhou. God het in net 30 jaar evolusionêr verander, nee, gegroei! Of hoe? Dalk is revolusionêr ’n beter woord (meer gepas by die neomarxisme van die...

Ouma is die mooiste woord
Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) gee geleentheid vir mense om woorde te borg of te koop. Laurika Rauch, beskermvrou van dié inisiatief, het die woord deernis gekoop. Ander woorde wat onlangs geborg en gekoop is, sluit in dankie, inspirasie, koester en...

Lidmaat of ledemaat?
In die NHKA het ons dié twee al te dikwels met mekaar verwar. Dis seker te verstane, siende dat ons kom uit ’n onlangse verlede toe om aan ’n kerk te behoort nog in bykans al wat ’n openbare sfeer is, die deurslag gegee het. En natuurlik moes dit ook die “regte”...

Is jou selfoon jou baas?
Dis Maandagoggend laat en jy het pas by die werk ingestorm. Jou vergadering het reeds begin, en jy is laat! Jy skarrel om te krap in elke sak, want jou selfoon is net nêrens nie. Skielik besef jy dat jy dit tuis vergeet het! Jou kop draai soos jy probeer uitwerk hoe...

Braakland
Ronnie Botha was ons skriba. Ronnie was nie net gelowig nie; Ronnie het oor geloof leiding gegee. Hy was ’n meningvormer. Ronnie het wysheid gehad. Ronnie kon fyn onderskei tussen wat wesenlik en randeiersaak is, en met ’n gestry oor beuselagtigheid het hy hom nie...

Wat as Kersfees nie meer so voel nie?
Wat as Kersfees nie meer so voel nie? Kan jy Kersfees onthou vir jou as kind? Daardie opgewondenheid? Die aftel van die dae – en nie om te kla oor hoe vinnig die jaar verbygegaan het nie, maar omdat Kersdag om die draai is. Ja, toe ons klein was, was deel van die...

Maak jy nuwejaarsvoornemens?
Nuwejaarsvoornemens is nie regtig my ding nie. Maar oujaar en nuwejaar gee ’n mens wel kans om die verlede te konsolideer en ’n gesonde ingesteldheid te kweek vir die toekoms. Hierdie jaar het ek my voorgeneem om my tande met my linkerhand te borsel, omdat ek gelees...

Rus en vrede
Ek woon nou die dag ’n somerskool oor teologiese opleiding by. Die deelnemers is teologiestudente uit verskillende denominasies en verdeel na elke aanbieding in groepe om te reflekteer. Die eerste vraag is of jy voel dat jou opleiding jou voorberei om jou geloof met...

Nostalgie en Haggai
Daar is hierdie oomblik in die boek Haggai (2:3), waar Haggai vir Serubbabel die goewerneur, die hoëpriester Jesua en vir almal van die volk wat oorgebly het vra: Hoe lyk die nuwe tempel wat julle gebou het in vergelyking met die vorige een...? Waarop die antwoord is:...

Mag ek nog bly wees?
In die brief aan die Filippense vermaan Paulus en Timoteus ons: Wees altyd bly! Ek herhaal: Wees bly! Maar hóé, Paulus, hóé? Ek luister en kyk na alles wat om my gebeur, en ek wonder hoe ek dit nog durf waag om vreugde te ervaar. Op 16 November berig Beeld oor ’n...

Die professionele bevordering van ongemak
Feast of the Clowns word vir die afgelope 20 jaar in die middel van Augustus gevier. Dis ’n optog waarin mense soos narre en hansworse aantrek en met plakkate op die maat van ’n koperorkes deur die middestad van Tshwane marsjeer. Dis ’n fees wat deur die gemeenskap...

Beloftes aan God
My kind is gedoop! Prys die Here, my kind is gedoop! As mamma van ’n nege maande oue baba, is die verantwoordelikheid nog skrikwekkend groot, en die werkinge van ouerskap en mamma-wees nog baie onbekend. Maar die wete dat ek en my man ons seuntjie kon opdra aan die...

Daardie video – waarom word ons kwaad?
Waar ek hier by my lessenaar sit en skryf, het twee weke, twee preke en wat voel na 200 (maar wat waarskynlik nader aan 20 is) persoonlike gesprekke verloop sedert ’n pastoor die finale produk van ’n matriekeindeksamenkunsprojek gesien, namens God aanstoot geneem, die...

My enigste troos…
Daar het ’n hele tyd terug ’n redelike groot swerm bye in ons kerk se dak ingetrek. Hulle het nooit enigiemand gepla nie, tot ons nuwe sekuriteitsligte aan ons kerk wou aanbring. Die struktuur van die dak maak dit baie moeilik om by die bye uit te kom om hulle veilig...

Om te wees, of liefs nie?
Dís die onmoontlike vraag wat ek, en William Shakespeare se Hamlet, in ’n hoek gedryf, vra. ’n Geliefde stoei met kanker. Menslik gesproke, was die diagnose al ’n doodsvonnis. Dog, wonderbaarlike “opstandings” het ons nou al drie keer in drie maande laat besef: Vir...

Voorkeure en persepsies
Deesdae fassineer mense se uiteenlopende persepsies en verskillende voorkeure my opnuut. Dit laat my dink aan CS Lewis se woorde in die kinderboek The Magician’s Nephew: Wat jy sien en wat jy hoor, hang in ’n groot mate af van waar jy staan. Dit hang ook af van die...

Ons sing weer
Hier op die platteland is vernuwing nie altyd goeie nuus nie. Waarom torring aan wat werk? So voel ons. En kom dit by liturgiese verandering, skop ons vas. “Stoer”, so noem ons onsself, en “behoudend” is wat dit beteken. As daar nou een ding is wat krap, is dit...

Ek en my familie
My telefoon lui… dis die begrafnisondernemer. ’n Paar vrae jaag dadelik deur my gedagtes. Wie is dood? Wat het gebeur, want ek weet nie van iemand wat nou siek is nie. Wil die ondernemer dalk reël om by ons nissies uit te kom? Al hierdie vrae vra ek myself nog voor...

Waarom ’n nuwe huweliksformulier?
Beeld berig vanoggend (Woensdag 25 September 2019) dat die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika sou besluit het vroue is nou nie meer swakker nie, en dat ons op sterkte van hierdie gewaarwording die drie huweliksformuliere wat nie hiermee ooreenstem nie, herroep...

Agterdog oor dogma
Ek deel nie die agterdog oor dogma nie. Daar is natuurlik ’n voorwaarde: dat alles krities beskou moet word, en dat die norm vir kritiek die Bybel sal wees. Dis dalk sirkeldink, want die Bybel is tog dogma se bron en bestemming! Ek hoop ons slaag met ’n spiraal, sodat...

Suid-Afrika in September 2019
DEEL 1 – DIE AGTERGROND Donderdagmiddag 15:00 is nie gewoonlik ’n stil tyd op kampus nie. Maar op 5 September voel die kampus soos ’n verlate stofstraatdorpie in ’n cowboy-fliek. ’n Mens verwag dat ’n tolbos nou enige oomblik oor die laning tussen die Teologiegebou en...

Sê jou sê, ongeag…
Ek worstel deesdae met dié kwessie: Word ons progressief dommer? En nee, ek praat nie van minder geleerd, met minder kwalifikasies, ’n onvermoë om wiskundige of natuurwetenskaplike feite te snap nie. Daarvoor ag ek die geesteswetenskappe en gepaardgaande vermoëns...

Kom ons sit weer saam aan tafel
Reg deur die Bybel lees ons van mense wat bymekaar kom en saam eet. Jesus gee aan baie mense kos, maar Hy eet ook saam. Sekerlik die bekendste ete is die maaltyd wat Jesus saam met sy dissipels genuttig het net voor sy kruisiging. En ons lees in Lukas 22: 15 dat Jesus...

Wat kan Simon die Seloot ons leer van ekstremisme?
Die afgelope ruk in ons gemeente se Bybelstudie is ons besig met die apostels. Van Petrus tot Judas Iskariot, het ons al 12 behandel so ver. Elke week het ons na een of twee apostels se lewens gekyk – wie was hulle? Waar het hulle vandaan gekom? Waar lees ons van...