Dr Ananda Geyser-Fouché is aan die einde van 2019 tot medeprofessor in Ou Testamentiese Wetenskap bevorder.

Sy werk sedert 2012 in die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van Pretoria. Voor dit het sy vir 14 jaar UP se buitelandse betalings in die finansiële afdeling hanteer. Behalwe vir haar baanbrekerwerk in die veld van Tweede Tempel en Qumran-tekste, is sy ook besig met ’n tweede proefskrif oor die verskillende maniere waarop die vroulike Wysheid (en Dwaasheid) in Joodse tradisies en tekste uitgebeeld word.

Prof Geyser-Fouché is vroeër vanjaar deur die NRF gegradeer – dit is ’n nasionale navorsingsgradering en een van die belangrikste prestasies vir akademici. Uit al haar verskillende take is die navorsing haar gunstelingdeel – ’n feit wat duidelik uit haar prestasies blyk. Die NHKA is trots op prof Ananda Geyser-Fouché.

Share via
Copy link
Powered by Social Snap