God Drie-Enig
Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.” (Handelinge 2: 38-39, AFR1983)
O God, ons wil U altyddeur
in Christus as ons Vader eer,
en deur die leiding van u Gees,
wil ons aan U gehoorsaam wees.
Ons sonde bring vir ons die dood,
maar U gee ons die lewensbrood.
U Seun het vir ons mens geword,
oor ons u liefde uitgestort.
In Christus vind ons veiligheid
teen twyfel en onsekerheid.
Op Hom kan ons in hoop bly bou;
aan Hom ons lewens toevertrou.
U gee aan ons u Gees as pand;
Hy help ons, lei ons aan die hand.
Hy maak vir ons die Skrifte oop,
laat groei in ons geloof en hoop.
(Andries Breytenbach,
Gesang 448: 1-4, Liedboek van die Kerk)
