Want ek was bang…
Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword…” (Genesis 3: 8-10, AFR1983)
Dis stil hier in die skemer
asof die goeie Gewer
’n kleed oor alles sprei.
Ek self word nou ook rustig,
wil my in God verlustig –
ek kan my in sy sorg verbly.
O Heer van mededoë,
gee my verligte oë
dat ek u heil mag sien!
Soms vrees ek, Heer, die duister…
Spreek U en ek sal luister
en leer my hoe om U te dien.
(Izak de Villiers,
Gesang 561: 1-2, Liedboek van die Kerk)