Hy leer ons dien

Toe Hy hulle voete klaar gewas en sy bokleed aangetrek het en weer aangesit het, sê Hy vir hulle: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. As Ek, wat julle Here en julle Leemeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. Dit verseker Ek julle: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en ’n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.” (Johannes 13: 12-17)

 

Die Here salf ons met sy Gees

tot diens en heiligheid,

tot koning, priester en profeet –

tot ware Christen-wees.

 

Die Gees van God bly wonderbaar

voortdurend inspireer –

dat ons met Hom en met mekaar

in liefde kan verkeer.

 

Die Heil’ge Gees gee uit die skat

deur Christus self verdien –

sy liefde, blydskap, vrede, guns

kom Hy aan ons voorsien.

 

Wie hul laat lei deur God se Gees,

leer iets van Christen-wees –

Hy leer ons bid, getuig en dien

en liefhê sonder vrees.

(Attie van der Colf, Gesang 440, Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap