Tot alles in staat

Ek weet wat armoede is en ek weet wat oorvloed is; van alles het ek ondervinding: om genoeg te hê om te eet sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. (Filippense 4: 12-13)

By Babel se riviere traanblind het ons verlang

en in die wilgerbome ons liere opgehang:

Hoe kon ons vir ontvoerders, vir spotters sing van God;

só met ’n lied van Sion sy heiligheid bespot?

O God, dat U oor Babel u oordeel uit sal spreek:

Hy het ons heiligdomme tot bouval afgebreek.

Van u altare is ons deur sy geweld beroof,

ontneem ook van die sange waarmee ons U kon loof.

Laat ook tog nou, o Here, oor Edom reg geskied.

Maak die geweldenare deur u bevel tot niet:

Gelukkig is diegene wat julle sal kasty

na maat van al die smarte wat ons deur jul moes ly.

(Lina Spies, Psalm 137: 1, 3, 4, Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap