Ek wil die Here loof!
Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister, U is met ’n kleed van lig omhul. Dit is U wat die hemelkoepel soos ’n tentdoek gespan en vir U ’n woonplek ingerig het oor die waters daarbo, U wat op die wolke ry, op die vleuels van die wind, U wat die winde u boodskappers maak, die weerligte u dienaars, U wat die aarde stewig gevestig het, sodat dit nooit sal wankel nie. (Psalm 104: 1-5, AFR1983)
Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek spreek, en wind en golwe bedaar,
Ek sal ook jou getrou bewaar.
Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek ken jou pyn, jou donkerste nag.
Ek is by jou, Ek gee jou krag.
Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Bly waak en bid; volhard in geloof.
Ek is by jou soos Ek beloof.
(Attie van der Colf,
Gesang 519: 1, 2 en 4, Liedboek van die Kerk)
