By My is daar rus
Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind. Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd. (Psalm 131: 2-3)
Heer, soms word ek ongeduldig
as ek meen ek ly onskuldig;
maar dan sien ek dit tóg in
as ek oor u werk besin:
Die fondasies van die aarde,
sterre, diere – al u dade –
laat u ondeurgrond’likheid
blyk uit u voorsienigheid.
Heer, te midde van my lyding
is ek dankbaar vir die tyding:
U is nie in majesteit
of in glorie opgesluit.
U het self gevoel wat seer is
in ’n hart wat omgekeer is.
Ek glo aan die medely
wat U ondervind vir my.
(JA Loader,
Gesang 572: 1 en 3, Liedboek van die Kerk)
