Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ’n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ’n donkie, op die hingsvul van ’n donkie.

Ek sal die strydwaens van Efraim vernietig, die perde uit Jerusalem uitroei. Die pyl en boog waarmee oorlog gemaak word, sal gebreek word. Die koning sal vrede vir die nasies afkondig en hy sal regeer van see tot see, van die Eufraat af tot in die uithoeke van die aarde. (Sagaria 9: 9-10)

Is dit, is dít my Koning –

kyk daar, aanskou die Mens!

Is dit, is dít sy kroning –

wie het dit só gewens?

Is dit sy koningshulde –

dié riet, dié kleed, dié kroon?

Boet Hy só vir my skulde,

word só Gods Seun vertoon!

O Jesus, Man van smarte,

o Liefde onbegrens,

skryf diep in alle harte

die woord: “Aanskou die Mens!”

O laat my nooit vergeet nie

dié kroon, dié kleed, dié riet!

Geen groter troos in leed nie –

dis ook vir my geskied!

(Attie van der Colf, Gesang 389: 1 en 3, Liedboek van die Kerk)

Share via
Copy link
Powered by Social Snap