Die uitvoerende bestuur van die WGGK (World Communion of Reformed Churches) het van 20 tot 24 Mei 2023 in Kempton Park vergader. Die Suid-Afrikaanse lidkerke van die WGGK – die NGK, NHKA, Uniting Presbyterian Church in Southern Africa, Uniting Reformed Church in SA, die Lesotho Evangelical Church of Southern Africa, en die MRCC – het as gashere vir die vergadering opgetree.

Die uitvoerende bestuur van die WGGK bestaan uit ongeveer 40 persone van gereformeerde kerke oral in die wêreld wat op die vorige algemene vergadering in Leipzig (2017) verkies is.

Dit was die eerste keer dat die uitvoerende bestuur in Suid-Afrika byeengekom het, en die eerste keer in drie jaar sedert die Covid-19-pandemie dat hulle in persoon kon vergader. Die tema van die vergadering was Covenanting in God’s mission.

Prof Wim Dreyer en ds Najla Kassab, president van die WGGK

Verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse lidkerke van die WGGK, saam met ds Najla Kassab

Share via
Copy link
Powered by Social Snap