Hulpbronne vir gemeentes

Kategeselesse

Graad R

Graad 1

Graad 2

Graad 3

Graad 4

Graad 5

Graad 6

Graad 7

Graad 8

Graad 9

Graad 10

Hulpbronne vir die geloofsvorming van kinders en jongmense (kategesemateriaal)

 

Tydens verskeie gesprekke met gemeentepredikante en jeugwerkers, veral by die 2023-Jeugberaad, het die SGB se Jeugbedieningskomitee diep onder die indruk gekom van die innoverende jeugbedieningspraktyke in verskeie gemeentes. Dit is belangrik dat hierdie innovasies en hoopvolle stories met die Kerk gedeel word om mekaar te inspireer en te versterk in die belangrike taak van geloofsvorming. Daarom is ’n omsendskrywe met ’n vraelys in April 2024 uitgestuur om meer inligting oor gemeentes se jeugwerkpraktyke in te win.

’n Merkwaardige 91 voltooide vraelyste is terug ontvang, en die data is nou verwerk. Hier is die eerste vrug van daardie proses: ’n opsomming van die hulpbronne wat deur byna ’n derde van ons gemeentes gebruik word. Hierdie hulpbronne word aangewend om kategese- en jeugbediening te verryk, sodat die geloofsvorming van kinders en jongmense in gemeentes kan floreer. Die Jeugbedieningskomitee hoop dat dit van hulp sal wees terwyl julle na aanvullende materiaal soek vir die 2025-kategesejaar.

Die SGB bied ook graag finansiële hulp aan vir die verkryging van enige van hierdie hulpbronne. Gemeentes wat belangstel, kan ds Rue Hopley (rue@pretoriaoos.com) kontak vir verdere reëlings in dié verband. Geloofsvorming bly een van die Kerk se grootste roepings, en ons wil gemeentes graag hierin op enige moontlike wyse ondersteun.

Gebruik asseblief hierdie hulpbronne na goeddenke. Elke hulpbron het ’n kort opsomming van die inhoud met skakels na die webblad, bestellingsblad of kontakpersoon. Daar is ook ’n leeslys om denke oor jeugbediening te stimuleer, soos voorsien deur die terugvoer uit die vraelyste. Dit is die Jeugbedieningskomitee se droom om binnekort relevante, kerkeie jeugbedieningshulpbronne vir gebruik in alle tipe gemeentes beskikbaar te stel. Tot dan verskaf ons wat tans tot ons beskikking is.

Die skakel na die hulpbronne is hier.

Die Hervormer  – ’n Bybelse tydlyn

Tydlynplakkaatreeks bladsye 1 tot 3