Die Hervormer
Augustus 2025 | Jaargang 118 | Nommer 4
Die laaste artikel
In 2008 gee my goeie vriend, klasmaat en kollega ds Thomas Joubert (aan sy tydgenote ook bekend as Sparks) vir my ’n klein boekie. Dié boekie sou ek weer en weer lees, veral ná my eggenote Hanlie in 2011 vanweë kanker oorlede is. Dis Randy Pausch se boek The Last Lecture.
Wanneer niks alles word...
Hy was bloot besig om te draf op ’n rustige, sonnige middag in ’n stil straat op ’n klein dorpie. Toe – ’n enkele skoot. Dood. Geen bedreiging. Geen roof. Geen haat. Geen woede. Geen rede. Niks…
Van sondvloed tot seël
1 Petrus 3: 13-22
In die Nuwe Testamentiese tyd moes iemand wat die Joodse godsdiens wou aanneem, eers besny word en dan is die proseliet gedoop. Die doop was ’n inlywingsritueel wat die oorgang van die dood na die lewe uitgedruk het.
Die ewige dans: Godsdiens se vloeiende rol in ’n veranderende wêreld
Die manier waarop ons godsdiens verstaan en beleef, is selde staties. Vir geslagte was dit ’n rotsvaste anker, maar vandag voel dit vir baie soos ’n rivier – voortdurend in beweging.
Waar stilte sing...
Merweville, geleë in die uitgestrekte Groot-Karoo, is ’n dorp wat met sy rustigheid en historiese atmosfeer die verbeelding aangryp. Hierdie klein, afgesonderde nedersetting in die Wes-Kaap lê sowat 150 km oos van Beaufort-Wes en is omring deur ’n landskap van golwende vlaktes, droë rivierlope en ’n eindelose horison.
Gemeente Parys vier 100 jaar van genade
Op heden 13 Junie 1925 is de gemeente Parys als een afsonderlike gemeente afgesticht met een deel van de oude gemeente Heilbron…
Gemeente Losberg: Een eeu van genade en getuienis
Met harte vol dankbaarheid en oë gerig op God, vier Gemeente Losberg in 2025 haar eeufees – 100 jaar van genade, getrouheid en gemeenskap.
Die Ou Testament vir vandag: Deel 2 van 3. Die Ou Testament en liturgie
Die erediens is die hartklop van elke gemeente. Dit is waar die gemeente byeenkom om die Here te loof en prys, na die Woord van God te luister, skuld te bely en as geloofsgemeenskap onderling vir mekaar te sorg en te dra.
Skrif-Belydenis-Liturgie – “Nadenke oor die Belydenis van Nicea”
Sondag ná Sondag bely gelowiges hul geloof saam met die kerk van alle eeue, afwisselend tussen die Apostoliese Geloofsbelydenis en die Geloofsbelydenis van Nicea. Dit is ’n ruimte wat uitgekerf is in die liturgie om ons geloof as volgelinge van Jesus te verwoord.
Dominee kry slae
Marico – 14 Augustus 1868 – een geducht pak sjambokslagen. Nou Neef, sal ek darem jou dit vertel… Daar het toe mos ’n ding op die plaas Kwaggafontein van G Schoeman gebeur. Die petalje het twee hoofkarakters: Jan Viljoen en ds Frans Lion Cachet, en twee bykarakters: proponente Hofmeyr en Jooste.
In memoriam: Ds Thomas Joubert en dr Wian Kloppers
In die bestek van slegs een week moes die NHKA twee van haar leraars aan die dood afstaan. Ds Thomas Joubert is 11 Julie oorlede en dr Wian Kloppers op 16 Julie.
Ds Dries Beukes vier 50 jaar!
Op 1 Junie 2025 het Gemeente Swartkop saam met ds Dries Beukes sy 50-jarige ampsjubileum gevier.
Stoepstories: Oudl Rip van Winkel
Wakker Wessie van Wilgenhoutsdrif vra: Beste Oupa Stoep, ek is baie bekommerd oor een van my mede-ouderlinge. Hy dut gereeld in tydens die erediens en die snorkgeluide wat hy maak, word al hoe harder. Dink Oupa ek moet hom kort-kort in die ribbes pomp?