Die Hervormer
Oktober 2025 | Jaargang 118 | Nommer 6
Hoe kan ons help?
Die 74ste Algemene Kerkvergadering (AKV) van die Hervormde Kerk neem van 6 tot 10 Oktober in Midstream (Pretoria) sitting. Soos gebruiklik, sal daar by dié AKV ’n verslag dien oor die werksaamhede van die Kommissie van die AKV. Die verslag gee ’n blik op die uitdagings waarmee die Hervormde Kerk tans worstel.
Wanneer stilte die laaste woord inkry...
Ons leef in ’n era van stemme – báie stemme. En daar is tallose forums en platforms wat eietydse seepkiste bied om daardie stemme te laat hoor…
Lewende stene in God se tempel
Lees 1 Petrus 2: 1-10
Laat julle as lewende stene opbou tot ’n geestelike huis, om ’n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is. (1 Petrus 2: 5, AFR83)
Uit die Woord
’n Tempel vir die Vader
Die KI-revolusie en ons geloof – nuwe tydperk, nuwe uitdagings
Dink vir ’n oomblik aan die boekdrukkuns. Toe Johannes Gutenberg dit in die 15de eeu uitgevind het, het hy nie net ’n nuwe masjien geskep nie; hy het die wêreld vir altyd verander…
Bakens in bejaardesorg – Van Rensburg- en Louis Trichardt-tehuis 1958-2025
Die stadsraad van Pretoria het gedurende die 1950’s aan die NHSV 16 erwe in Danville geskenk. Twee ouetehuise is vir dié erwe beplan…
In fokus: Die Algemene Kerkvergadering
Fotobeeld
Kortsigtig: Moontlike verkorting van teologiese opleiding
Die heel belangrikste besluit wat die 74ste AKV eersdaags moet neem, handel oor teologiese opleiding. Teologiese opleiding bepaal immers die toekoms van die Kerk.
Van ink tot internet: AKV 1925 vs 2025
Die 41ste Algemene Kerkvergadering (AKV) het in 1925 geklink deur harde stemme, met ink op papier sonder enige inligtingstegnologie. Met die 74ste AKV in 2025 is ’n vergadering ondenkbaar sonder skootrekenaars, grootskerms, slimfone, klankstelsels en IT-kundiges.
Legitimasie 2025
Die jaarlikse legitimasiegeleentheid het op Donderdag 4 September 2025 plaasgevind. Dr Frikkie Labuschagne het die erediens gelei. Sewe sesdejaarstudente het by dié geleentheid proponente van die Kerk geword.
Huweliksklokke lui vir NHKA-joernalis
Ds Iwana Hartmann, die NHKA se joernalis en leraar in Gemeente Pretoria-Oos, het op 30 Augustus in die huwelik getree met Rikus Kruger.
Stoepstories: Berading of Bedrading?
Stomgeslane Stiaan van Speelmanskraal vra: Beste Oupa Stoep, help asseblief! Ek word oorval deur lidmate wat my kom sien vir berading. Ek het twee probleme: Ek weet nie wat om te verwag as die mense by die voordeur instap nie, en ek weet ook nie hoe ek hulle altyd met raad kan bedien nie. Het Oupa dalk vir my raad?