Die Hervormer

September 2025 | Jaargang 118 | Nommer 5

Ons as Christene en die oorlog tussen Israel en Hamas

Wie is reg? Israel sê: Die aggressie kom al die jare van die Palestyne se kant. Ons reaksie is bloot defensief. Ons beskerm die grondgebied wat deur God aan ons gegee is. Die Palestyne sê: Ons grondgebied is van ons af weggeneem en aan Israel gegee. En dele wat nog aan ons behoort, staan onder Israel se militêre beheer. Ons wil ons grondgebied terughê.

Van banke na bakens

Elke Sondag neem lidmate getrou hul sitplekke op kerkbanke in. Party banke is splinternuut, bekleed met sagte materiaal vir daardie ekstra bietjie gemak. Ander banke kraak en wankel ná dekades se gebruik, gevorm deur die gewig van geslagte se aanbidding.

Kan jy begryp wie God werklik is?

Lees Job 11

Kan jy begryp wie God werklik is? So vra Sofar, een van Job se drie vriende, vir Job in Job 11: 7.

Uit die Woord

Kán jy?

Belangrike besluite wag op die 74ste AKV

Wat getuig die Hervormde Kerk teenoor ons medegelowiges, die mense van Suid-Afrika en die owerheid? Watter vorm moet ons Kerk se bediening aanneem te midde van al die uitdagings waarmee ons te doen het? Wat moet ons doen om genoeg predikante met die regte vaardighede te kry wat in ons gemeentes kan dien?

Die Ou Testament vir vandag: Deel 3 van 3. Die Ou Testament in die prediking

 In die vorige twee aflewerings is gefokus op hoe en hoekom ons die Ou Testament lees, sowel as op die wyse waarop die Ou Testament in die liturgie aangewend kan word. Hierdie laaste aflewering van die reeks Die Ou Testament vir vandag handel oor die wyse waarop die Ou Testament sinvol in die prediking aangewend kan word.

Nuwe publikasie oor ’n uitgebreide liturgiese kalender bekendgestel

Op 23 Julie 2025 het prof Natie van Wyk sy nuwe publikasie, Die uitgebreide liturgiese kalender: ’n Kategismus, asook historiese en teologiese toeligting, aan dr André Ungerer, hoof van die Hervormde Teologiese Kollege (HTK), tydens die finalejaar teologiestudente se kontakweek by die Sinodale Dienssentrum oorhandig.

Dominee se staanplek van nader bekyk

Twee kansels troon oor die liturgiese ruimte in die SP Engelbrecht-museum. Benewens die kerkgeskiedenis daarvan, beskik ons oor die restoureerder, mnr AS du Plessis, se noukeurige verslag van 1998. Mnr Du Plessis (geb1941) was toe ’n afgetrede brigadier by Korrektiewe Dienste, ouderling en lid van die eiendomskommissie van die historiese Gereformeerde Kerk Pretoria.

NHKA skitter by UP se Intergeloofsweek

Vanjaar het die NHKA die geleentheid aangegryp om tydens die Intergeloofsweek van die Fakulteit Teologie en Religie aan die Universiteit van Pretoria ons besondere getuienis te lewer.

In memoriam: Ds GJ van Staden

Ds GJ (Gert) van Staden (77) is Sondag 10 Augustus aan huis oorlede. Hy was die afgelope drie maande in en uit die hospitaal met hoë infeksietellings.

Stoepstories: KI (Oftewel: Kul jou hier en kul jou daar intelligensie!)

Opgewonde Otniël van Oudekraalfontein vra: Beste Oupa Stoep, ek is baie opgewonde nou dat ek die moontlikhede van kunsmatige intelligensie (KI) begin ontgin. As jy die regte vrae vra, kan die kletsbot vir jou ’n volledige preek uitwerk, nogal in Afrikaans ook! Dit maak my hande los om die belangrike dinge in die gemeente te doen, soos om ballonne op te blaas vir Klein Jeug se Peppa Pig-partytjie…