Donderdag 1 Januarie – Voorneme om te luister
Spreuke 4: 20-23 (AFR2020)
My seun, slaan ag op my uitsprake; spits jou ore vir my woorde. Laat hulle nie aan jou oë ontglip nie; bewaar hulle diep in jou hart. Want dit is die lewe vir hulle wat dit vind; vir die hele liggaam bring dit genesing. Bewaak jou hart meer as enigiets wat bewaar word, want daaruit ontspring die lewe (Spr 4: 20-23).
Ek begin hierdie jaar vanuit die hart. Met die hart as vertrekpunt word ek opnuut bewus van wat tans in my hart is. My hart is vol emosies van die jaar wat agter my lê. Gevoelens soos dankbaarheid, tevredenheid en vergenoegdheid. Ook is daar gevoelens van verlies soos hartseer en ’n bietjie heimwee. Ek raak bewus van ’n stukkie bitterheid en moedeloosheid vanweë uitdagings in 2025.
Hierdie gevoelens is mý gevoelens. Ek kan bewustelik oplet na wat my hart ervaar. Net so kan ek ook bewustelik oplet na wat in my hart leef wat my hart waarlik wil ervaar en na smag.
My voorneme om te luister, is juis ná die wysheid verborge diep in my hart. Ek wil lewe hierdie jaar – vanuit my hart. In my hart ervaar ek waarlik deernis, goedheid, vriendelikheid, empatie – nie net vir myself nie – vir die naastes aan my. Aan dié vir wie ek ’n naaste word. Aan wie ek ’n fontein van lewe kan wees en is.
Spreuke 4 nooi my uit om te let na die wysheid wat in my hart leef. Die wysheid te ag en te onthou. Die wysheid hoog op die prys te stel. Die wysheid te omarm. Hier vanuit die hart kan ek nou my oë rig op die jaar wat voorlê. Dan lyk die vooruitsigte anders vir 2026. Ek kan vandag kies om nie links of regs af te draai nie – maar eerder die gedagtes wat in my denke leef opnuut met deernis te aanskou met die wysheid wat in my hart leef.
Gebed
Skep ’n rein hart vir my, o God. Vernuwe ’n bestendige gees in my binneste.
Dr Pierre Jacobs (jr), Gaborone
Saterdag 8 November – Christus die Hoop
Openbaring 1: 4-8 Mense kry wêreldwyd swaar. Mense wil moed verloor. Sommige dink God is afwesig, want waar is Jesus as hulle Hom nodig het? So is daar talle mense vandag wat gewoonweg nie meer in Jesus Christus en sy wederkoms glo nie. Die gelowiges kry swaar onder...
Vrydag 7 November – Christus is Koning
Johannes 18: 33-37 Die tema rondom die koningskap van Jesus vind ons reeds van die eerste vers van die Evangelie af wanneer ons in Johannes 1: 1 lees: In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Oor hierdie koninkryk kan ons...
Donderdag 6 November – Christus se volkome offer
Hebreërs 10: 11-14 ’n Maratonwedloop is ’n lang wedloop en ’n mens kan langs die pad moeg raak en uitsak. Tyd kan ’n groot bedreiging vir ’n mens se geloof raak. Dae word maande en maande word jare en jare word dekades en voor jou oë gebeur niks. Mense wat boonop...
Woensdag 5 November – Christus die volkome offer
Hebreërs 9: 23-28 Die kerk vier nie Hemelvaart met dieselfde entoesiasme as Kersfees nie. Ons weet nie regtig wat om met Hemelvaart te maak nie. Dit is dan seker ook die rede waarom lidmate die hemelvaart so afskeep. Maar Hemelvaart beteken nie net afskeid nie, dit is...
Dinsdag 4 November – Kan ons nog glo?
Markus 13: 1-8 Dit is deesdae hoogmode om die tekens van die tye te interpreteer, die oorloë, aardbewings, hongersnood, ensovoorts. Al hierdie gerugte maak ons bang en laat ons twyfel. Ons teks vandag is ’n aansporing vir volgelinge van Jesus oor hoe om te reageer in...
Maandag 3 November – Jesus waarsku teen skynheiligheid
Markus 12: 38-44 Prysgawe van jou lewe is dan die tema van die laaste kort toneel, waar Jesus ’n teenstelling maak tussen die ryk mense wat dit kan bekostig om baie geld in die tempelskatkis te gooi terwyl hulle seker maak dat ander mense sien dat hulle dit doen...