Saterdag 28 Februarie – Tussen jou en God

Matteus 6: 16-18

Hier is ’n belaglike gedagte vir ’n Saterdagoggend: Het jy al gewonder wat die kassier by jou naaste kruidenierswinkel dink wanneer jy ’n vreemde kombinasie van items koop. Ek wonder soms self daaroor. Een van die vreemdste kombinasies wat ek al moes optel is gevriesde hoenderrepies en toiletpapier. Net daardie twee items waarvan die laasgenoemde eintlik nie eers beplan was nie, maar in die mandjie moes kom nadat my vrou my in die winkel via oproep ingelig het dat toiletpapier in die huis gevaarlik skaars raak. My eerste gedagte: Die kassier wonder seker of ek werklik hulle vrieskaste vertrou. So laf soos wat hierdie kan wees wonder ek hoeveel van ons geloofsuitlewing word gekniehalter deur wat ons verwag ander dink.

Die teksgedeelte daag mense uit wat hul geloofspraktyke so publiek probeer maak, maar wat nie werklik vanuit eie oortuiging daaraan deel neem nie. Die vermaning sou dan wees dat ons nie moet kerk toe kom of betrokke wees by uitreike sodat ons deur ander gesien word nie.

Hierdie teksgedeelte beklemtoon ’n baie belangrike beginsel, naamlik dat geloof soms meer kan gaan oor wat ander dink en sal sê as wat dit ’n opregte saak word tussen my en God. Met hierdie beginsel kan die saak in die ander rigting ook beredeneer word.

Hoeveel keer het ek en jy nie al opgetree omdat te veel mense gekyk het of geluister het nie? Nie hoop gespreek het oor ’n land wat dalk gebroke is nie, maar ons dien tog ’n God groter as dit. Nie op die plek gebid het vir iemand wat ons weet dit werklik nodig gehad het nie, want ons was onseker oor wat hierdie persoon of ander sal dink.

Hoeveel van jou eerlike geloofuitlewing ly onder wat ander kan dink eerder as ’n opregte saak tussen jou en God?

Ds Thomas Dreyer, Malelane

Maandag 29 Desember – Ek sal my Gees in julle gee

Esegiël 37: 4-6 Ons samelewing herinner ons voortdurend dat individualisme en onafhanklikheid tekens is van ’n sterk persoon. G’n wonder ons is geneig om te dink ons het niemand anders nodig nie – soos ’n peuter wil ons eintlik skreeu: Ek kan self! Terwyl Esegiël in...

read more

Sondag 28 Desember – Here, ek voel uitgeput en droog

Esegiël 37: 2-3 Alhoewel hierdie tyd van die jaar as besig beskou word, is dit ook ’n tyd vir refleksie, afwagting en verwagting. Ons dink terug aan die afgelope jaar – die goeie en die slegte tye. Ons droom oor die nuwe jaar met al die moontlikhede wat dit inhou. Ons...

read more

Saterdag 27 Desember – Oorgawe

’n Sewende entjie: Oorgawe (om oor te gee) is om die self holisties as geskenk aan God te gee. Hierdie oomblik van oorgawe is die beweging vanaf verbondenheid aan God na eenheid met God. Maria het hierdie oomblik ervaar toe sy in Lukas 1: 46-55 (AFR2020) haar loflied,...

read more

Vrydag 26 Desember – Eenvoud

’n Sesde ent: Eenvoud is die integrasie van oordenking (kontemplasie) en reaksie (om te doen). Hierin gesetel is jou groeiende bevoegdheid om te lewe te midde van die wisselvalligheid van jou dag. Elke dag is daar makliker en meer uitdagende oomblikke en situasies....

read more

Donderdag 25 Desember (Kersfees) – Stilte

Lees vandag ook Lukas 2: Geboorte van Jesus (AFR2020). ’n Vyfde ent: Stilte soos waarvan ons lees in Matteus 6: 6 (AFR2020): Maar jy, wanneer jy bid, gaan na jou binneste kamer, maak jou deur toe en bid tot jou Vader wat in die verborgenheid is, en jou Vader wat in...

read more

Woensdag 24 Desember – Dienaarskap

’n Vierde ent: Dienaarskap word deel van jou doen en late deur die dag heen. Die Heilige Gees herinner jou aan die leer en lewe van Jesus Christus waar ook al jy gaan, nie slegs wanneer jy stiltetyd hou nie. “As julle My liefhet, sal julle my gebooie onderhou. En Ek...

read more