Woensdag 31 Desember – Oujaar – nuwe lewe

Esegiël 37: 10

Die laaste dag van die jaar vul ’n mens met dankbaarheid vir dit wat was en opgewondenheid oor dit wat voorlê. Ons oortuig onsself as’t ware dat oor minder as 24 uur die lewe meer rooskleurig gaan wees bloot omdat die laaste syfer van ons jaartal verander. As ons egter mooi daaroor nadink, gaan die nuwe jaar niks verander tensy ons verander nie. Want hoeveel keer bid ons sonder verwagting of wonder ons of God ooit luister? Ons is nie op God en sy liefde ingestel nie. Ons bid dat die nuwe jaar vir ons beter sal wees, maar bid ons waarlik vir ons geloof om nuut te word?

Die doodsbeendere in Esegiël se tyd het ook na Israel se doodsheid verwys. Die volk het nie meer ag geslaan op God se Woord nie, die volk het hul eie wil bo die wil van God geplaas, en hulle was geestelik dood. Dit is immers die Gees, wat reeds met die skepping lewe gegee het, wat die kerk skep. Dit is die Gees wat gelowiges bemagtig om God se kerk te wees. Die Gees vul ons met krag. Sonder die Gees – hoor ons in Esegiël 37 – is daar net droë bene.

Dit is belangrik om raak te sien dat hierdie nuwe lewe, nuwe moontlikhede, nuwe hoop, stelselmatig gebeur het… Eers het die beendere nader aan mekaar beweeg, daarna die senings, en vleis, later is die vel van bo af oor hulle getrek. Liggame sonder asem, want hulle was sonder God.

Mag God ons vul met sy Gees. Mag ons deur hierdie gedeelte in Esegiël geïnspireer word om in die nuwe jaar só naby die Here te lewe, dat ons inderdaad sal groei en leef in geloof. Mag hierdie nuwe jaar ook nuwe onderskeiding bring sodat ons die dinge wat God besig is om te doen, kan raaksien, en sodat ons ook die seën van God se teenwoordigheid kan ervaar.

Ds Yolandé de Lange, El-Flora

Sondag 2 November – Grootste gebod

Markus 12: 28-34 NT Wright vra, as jou huis vandag begin brand, wat sal jy graag wil red op pad uit? Uiteindelik staan jy met dit wat jy gekies het buite die huis en kyk toe hoe alles tot as verbrand, maar jy besef dat die keuses wat jy gemaak het, ’n uitdrukking is...

read more

Saterdag 1 November – ’n Uitverkore geslag

1 Petrus 2: 9 As kerk is ons nie net ’n groep mense wat saam aanbid nie; ons is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, geroep om die lof van God te verkondig. Hierdie identiteit gee ons ’n besondere verantwoordelikheid en voorreg. Dit beteken dat ons geroep...

read more

Vrydag 31 Oktober – Verbondenheid aan Christus

Johannes 15: 5 Ons afhanklikheid van Christus is fundamenteel vir ons geloof en ons werk in die kerk. Sonder Hom kan ons niks doen nie, maar in verbondenheid met Hom dra ons baie vrug. Hierdie beeld van die wingerdstok en lote herinner ons daaraan dat ons lewenskrag...

read more

Donderdag 30 Oktober – Die Groot Opdrag

Matteus 28: 19-20 Die kerk het die groot opdrag ontvang om die evangelie aan alle nasies te verkondig en dissipels te maak. Hierdie sending is nie net vir ’n paar uitgesoekte individue nie, maar vir die hele kerk. Ons is almal geroep om deel te neem aan die Groot...

read more

Woensdag 29 Oktober – Die rykdom van Christus se Woord

Kolossense 3: 16 Die rykdom van Christus se Woord is die bron van ons geloof en lewe. Wanneer ons die Woord van God in ons harte laat woon, vorm dit ons denke, houdings en dade. Dit gee ons wysheid en lei ons op die weg van die waarheid. Die Woord van Christus is nie...

read more

Dinsdag 28 Oktober – Die gemeenskap van gelowiges

Handelinge 2: 42 In Handelinge 2: 42 lees ons van die vroeë kerk: Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. Hierdie teks beskryf die hart van die gemeenskap van gelowiges...

read more