Vrydag 27 Februarie – ’n Nuwe tipe vas

Jesaja 58: 6-7

Tydens die Lydenstyd vas sekere gelowiges. Daar is verskeie maniere waarop gelowiges vas. Sommige pak dit aan deur net groente te eet of net sekere tye te eet. Ander vas weer deur sjokolade prys te gee of weg te bly van die koffiepot. Vas het waarde vir die persoon self. Elkeen kies om dit te vas wat vir hulle van waarde was omdat hierdie juis die groter betekenis dra.

Vas is daarom diep persoonlik en ’n saak tussen God en die gelowige. Party vas weer glad nie maar rig hul geloofsritme so in dat Lydenstyd werklik beleef en deurleef word. Ons rig hierdie tyd in soos wat ons enige ander tyd in die kerklike jaar inrig, ’n tyd en ritme tussen die gelowige en God.

In die teksgedeelte word God se mense aangespreek oor hul gebruike. Die teks wys uit dat die probleem nie by die feit lê dat hulle vas nie, maar dat hierdie vas nie werklik ’n impak het waar dit moet hê nie. Die handeling is dalk opreg, maar dit verander niks meer as die gelowige se gewone ritme nie.

Die beginsel wat die teks hier oordra is dat die uitlewing van ons geloof in geloofsritmes en ruimtes moet ’n uitvloei hê na die wêreld om ons. Die vraag kan dus gevra word: Dra jou kerkbywoning enigiets by tot jou gemeenskap? Of: Dra jou stiltetyd iets by tot jou werksomgewing?

Kerkbywoning, stiltetyd, vas en so meer is goed en gesonde ritmes. Let wel dat hierdie ritmes nie net kan stop in die ruimtes waar hulle gebeur nie, maar moet ’n uitvloei hê na die gemeenskap en wêreld om ons.

As die vas wat ons doen, die erediens wat ons bywoon of die stiltetyd wat ons hou ons nie betrokke maak waar dit werklik nodig is in ons gemeenskappe, werke of omgewing nie, het hierdie geloofsritmes ons nog nie ten diepste verander nie.

Ds Thomas Dreyer, Malelane

Dinsdag 23 Desember – Verbondenheid

’n Derde ent: Verbondenheid (solidariteit) is die bewuswording van eenheid met die Here jou God. ’n Bewuswording van God se eenheid met die mensdom, met sy skepping. So lief het God die wëreld… In verbondenheid ervaar jy dat jy in jou stilte en afsondering nie alleen...

read more

Maandag 22 Desember – Afsondering

Hierdie kort stappe van gebed kan jy daagliks as ’n geheel herhaal. Ons begin ons dae só in afhanklikheid, ons sluit die dag só af in dankbaarheid. ’n Tweede entjie: Afsondering (om alleen te wees) geskied veral wanneer jy stil kan word. Sodra jy die geraas van die...

read more

Sondag 21 Desember (Vierde Adventsondag) – Stilwees

Hierdie week stap ons saam ’n paadjie waarin elkeen toegee aan God se teenwoordigheid en werking in ons. Voltooi die week met deeglikheid: Lees, leer, beoefen. In die Kerstyd is dit opvallend hoe bewus ons raak van die Seun van die mens wat vir ons gebore word (Joh 3:...

read more

Saterdag 20 Desember – ’n Loflied oor God se onferming

Lukas 1: 47-55 Maria sing in haar loflied dat God mense raaksien en dat God op mense se nood en behoeftes reageer. Verder dat God getrou bly aan Homself en bevryding bring vir elkeen wat in afhanklikheid van God leef. God moet geloof word, want Hy gryp in en bring...

read more

Vrydag 19 Desember – Nie net nog ’n baba nie

Miga 5: 2-5 God se liefde kan nie uitgewis word nie. In Miga 5 lees ons van die Here se beloftes tot by Christus se koms. Lukas 1: 39-45 beskryf hoe Johannes die Doper reeds voor sy geboorte reageer oor die koms van Christus. Johannes maar ook sy ma, Elisabet, Maria...

read more