Maandag 29 Desember – Ek sal my Gees in julle gee
Esegiël 37: 4-6
Ons samelewing herinner ons voortdurend dat individualisme en onafhanklikheid tekens is van ’n sterk persoon. G’n wonder ons is geneig om te dink ons het niemand anders nodig nie – soos ’n peuter wil ons eintlik skreeu: Ek kan self!
Terwyl Esegiël in die laagte staan en die toneel rondom hom aanskou, gee God vir hom ’n opdrag (vers 4): Tree op as profeet vir hierdie bene. Uit ’n menslike perspektief is dit ’n hopelose taak. Niemand sou Esegiël kwalik neem as hy verbaas was oor hierdie nuttelose opdrag nie. Enigiemand kan sien die beendere is dood.
So ook bevind ons ons soms in situasies wat hopeloos lyk. ’n Verhouding wat verbrokkel het, finansies wat nie wil uitwerk nie, drome wat sterf langs die pad. En dan vra God jou, soos Hy vir Esegiël gevra het, om Hom te vertrou. Ons het nie nodig om op ons eie insigte staat te maak nie; ons moet egter bereid wees om God te gehoorsaam. Die oomblik wanneer Esegiël doen wat God vra, sien ons hoe sowel die woord van God as die Gees van God lewe bring. Ons kan dit nie uit ons eie krag doen nie. Dit is die Gees van God wat mense in beweging laat kom, dit is Hy wat vir dooie bene, stukkende verhoudinge en gebroke drome weer lewe kan gee.
En dit is presies wat gebeur het. Esegiël was gehoorsaam aan God, hy doen wat God sê, al voel dit sinneloos – Esegiël sê vir die dooie bene hulle gaan weer leef. Die Here vervul hierdie belofte. Hy het sy Gees in die bene geblaas en hulle het weer gelewe.
Mag jy God se beloftes ken en dit genoeg vertrou sodat jy ook in situasies wat ons as hopeloos beskou, tog in geloof sal bly staan. Ek gaan my Gees in julle laat kom, en julle sal leef. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.
Ds Yolandé de Lange, El-Flora
Woensdag 22 Oktober – Die beeld van God as Skepper van die kerk
Efesiërs 4: 11-16 God is nie net Skepper van die heelal nie, maar ook van die Kerk. Hiermee word nie bedoel God is die een wat jou naaste kerkgebou opgerig het nie, maar dat God die een is wat die geloofsgemeenskap op ’n lokale, nasionale en internasionale vlak skep....
Dinsdag 21 Oktober – Die beeld van God as Koning van die kerk
Efesiërs 1: 18-23 Die beeld van God as Koning bo alle konings en Heerser oor alles is ook ’n beeld wat welbekend is. In hierdie teks spesifiek is dit Jesus wat as hoof van die kerk aangestel is. Heersers en regeerders ken ons goed. In die meeste gevalle is die...
Maandag 20 Oktober – Die beeld van God as Priester van die kerk
Hebreërs 4: 14-16 Die beeld van Jesus as ons Hoëpriester is welbekend maar het dalk nie die grootste impak nie omdat die Christelike geloof nie juis praktiese voorbeelde het van hoëpriesters nie. Dalk is die beeld van ’n geestelike leier wat die kerk vooruitgaan in...
Sondag 19 Oktober – Die beeld van God as Herder van die kerk
Esegiël 34: 11-31 Die beeld van God as herder is nie onbekend vir die meeste gelowiges nie. Die teks wat gewoonlik geassosieer word met hierdie herderbeeld, is Psalm 23. In die teks van vandag word dieselfde beeld gebruik vir God se volk: God as herder oor God se...
Saterdag 18 Oktober – Kennis van God verander die wêreld
Handelinge 4: 1-22 Hier ontmoet ons twee eenvoudige vissers met geen geleerdheid wat groot opslae veroorsaak in Jerusalem. Eers het hulle een nag te midde van geweldige rukwinde en vuurtonge, in al die tale van die mense in Jerusalem gepraat. Daardie nag raak hulle...
Vrydag 17 Oktober – Jesus is die opgestane Heer
Handelinge 2 Regdeur Jesus se bediening duik die vraag op: Wie is hierdie Jesus? Ons ken Petrus se antwoord toe Jesus vir sy dissipels gevra het: Maar julle, wie, sê julle, is Ek? (Matt 16: 15). Petrus antwoord: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Ons...