Sondag 28 Desember – Here, ek voel uitgeput en droog
Esegiël 37: 2-3
Alhoewel hierdie tyd van die jaar as besig beskou word, is dit ook ’n tyd vir refleksie, afwagting en verwagting. Ons dink terug aan die afgelope jaar – die goeie en die slegte tye. Ons droom oor die nuwe jaar met al die moontlikhede wat dit inhou. Ons wil glo dat dit in die nuwe jaar beter sal gaan, maar soms voel ons ook soos die droë bene in die laagte… Fisies, emosioneel en/of geestelik droog.
Ten spyte van die die swaarkry wat God se volk verduur, sien Esegiël wel vir God raak, maar God is só heilig, dat dit hom eintlik moedeloos maak. Want sy mense is so vol sonde, so vol onreg, so vol slegte bedoelings, dat hy regtig nie weet wat hy moet maak nie. Onthou dat die Here tot op hierdie punt vir Esegiël ’n klomp visioene gegee het; kyk gerus van hoofstuk 1 tot hoofstuk 36. Meestal was dit visioene van oordeel, maar nou is dit die tyd vir visioene van hoop en verlossing.
Wanneer ons na Esegiël se interessante antwoord kyk (vers 3), sien ons dat hy nie vaskyk in die laagte nie, hy staar ook nie na die dooie, droë bene nie. Hy kies om op God te fokus. Sy antwoord in vers 3 fokus dus nie op die uitdagings wat letterlik en figuurlik voor hom lê nie, maar op God.
As jy na die jaar kyk wat verby is – as jy uitgeput voel, of moedeloos raak met jouself, want dit is wat sonde aan ons doen. is dit wonderlik om hierdie antwoord te hoor. Hoekom? Want Esegiël paai ’n mens nie met goedkoop troos nie. Esegiël gee nie mooi antwoorde of valse hoop nie – hy fokus bloot op die almag van God.
Mag jy, terwyl jy in die laagte staan, besef dat verandering by God begin. Dit is God wat besluit om vir droë bene nuwe lewe te gee. Dit is God wat besluit om ’n toekoms vir dooies aan te kondig.
Ds Yolandé de Lange, El-Flora
Donderdag 16 Oktober – Die regte fondament vir jou lewe
Matteus 7: 24-29 Wat interessant is van die huis wat op die sand gebou is, is dat die woord wat in die oorsponklike taal gebruik is, vertaal kan word met ’n droë rivierloop. Dit wil sê, die dwase mens gaan bou sy huis op sand in ’n droë rivierloop. Wanneer die storm...
Woensdag 15 Oktober – God beplan vir ons ’n nuwe toekoms
Jeremia 29: 1-19 Hoofstuk 29 vertel van ’n brief wat Jeremia uit Jerusalem skryf aan die ballinge in Babel. Hy gee aan hulle ’n opdrag deur wat van die Here af kom. Hierdie opdrag herinner baie duidelik aan God se opdrag aan die mens in die tuin van Eden. Bewoon,...
Dinsdag 14 Oktober – God ondersoek die gesindheid van die hart
Jeremia 31: 26-34 Jeremia bring hierdie belofte na die volk in ballingskap. Die Here sou nie net weer die volk terugbring en alles sou wees soos dit was nie. Die Here sou met hierdie volk oorbegin. Hy beloof dat Hy in die toekoms ’n nuwe verbond met die volk sal...
Maandag 13 Oktober – Die Here bou sodat sy Naam geëer sal word
Esegiël 36: 16-38 Die tempel was vir die volk die teken van God se teenwoordigheid. In ’n vreemde land is hulle gestroop van hierdie versekering. Deur Esegiël sê die Here vir sy volk hoekom hulle in hierdie haglike omstandighede is: Hulle het die Naam van die Here...
Sondag 12 Oktober 0150 God maak nuut en herbou
Jesaja 65: 17-25 Die volk is in ballingskap weggevoer deur die Assiriërs. Uiteindelik hoor die Here die noodkreet van sy volk. Die koning van die Assiriërs het gesterf en die nuwe koning laat toe die volk huis toe gaan, sodat hulle hul tempel in Jerusalem weer kon...
Saterdag 11 Oktober – Vreesloos saam met God
Genesis 12: 1-9 Ná Abram se ontmoeting met God het sy lewe verander. Miskien oor die opdrag wat die Here vir hom gegee het: Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. Abram moet oor begin. Hy moet van die...