Woensdag 25 Februarie – Deurleef Lydenstyd

Joël 2: 12-13

Die woestyntydperk waarin Lydenstyd ons innooi gaan gewoonlik gepaard met sekere gebruike. Hierdie tydperk nooi ons dieper en dieper in die areas van gebrokenheid en tekort in terwyl ons bewus word van Jesus se reis na die kruis toe. Dit is ’n tyd waarin ons God se teenwoordigheid en voorsiening op ’n ander en vars manier leer ken. In hierdie tyd sien ons God se teenwoordigheid in die stil en alleen momente of God se voorsiening in die droë areas.

Die grootste risiko wat ons in Lydenstyd loop, is om van hierdie reis slegs ’n gewoonte te maak. Om maar deur hierdie Lydenstyd te gaan soos enige ander tyd in ons lewe. Om die eredienste by te woon maar nie werklik daarna op te let nie. Om só met Lydenstyd om te gaan sal wees om strand toe genooi te word maar om nie ons skoene uit te trek nie. Oor die sand te loop vir ’n rukkie en dan huis toe te gaan.

Die teks in Joël herinner ons juis dat God nie veel belang het by gewoontes sonder betekenis nie. Dat die hoe in die uitlewing van ons geloof nie so swaar weeg soos die hoekom nie. In die bekeringsteks van Joël wil God nie geskeurde klere hê nie, maar geskeurde harte. Om nie net berou te toon nie maar werklik te hê. Dit gaan hier oor die beginsel van deurlewing eerder as om iets net deur te gaan.

Dit is met hierdie beginsel in gedagte dat ons opnuut die uitnodiging van Lydenstyd ernstig moet opneem. Moenie die fout maak om jou skoene op die strand aan te hou nie. Trek dit uit en steek jou tone in die sand.

Woestyntye kan ongemaklik wees, maar jy hoef nie daarvan weg te skram nie. Ervaar Lydenstyd met al sy lag, trane en ongemak. Dit is eers wanneer ons ook hierdie seisoen deurleef, dat ons God op nuwe en vars maniere ontdek, selfs in die woestynareas waar ons gedink het ons God verlate is.

Ds Thomas Dreyer, Malelane

Donderdag 11 Desember – Leef in vreugde terwyl jy wag

Filippense 4: 2-9 Filippense 4 is waarskynlik een van die bekendste en mooiste tekste in die Bybel wat handel oor blydskap. Dit is tog jammer dat spanning binne die gemeente hierdie vreugde en blydskap steel. Euodia en Sintige is in onvrede met mekaar. Daarom vermaan...

read more

Dinsdag 9 Desember – Jou God is Koning

Jesaja 52: 7-12; Lukas 2: 8-14 Dit is wonderlik om weer die ou verhaal te hoor, die ou liedere te sing, en te hoor hoe die engel ons kom verseker van die vrede van God wat hierdie Kindjie bring. En tog is dit nie altyd maklik nie. Hoe praat jy oor vrede op aarde,...

read more

Maandag 8 Desember – Laat ons sing

Psalm 146: 5-10 Prys die Heer met blye galme, o my siel, daar’s ryke stof! ’k Sal, solank ek leef, my psalme vrolik toewy aan sy lof. Ek wonder of jy al daar was? Daar waar jou lied van jou weggeneem is? Toe jou woorde en drome opgedroog het? Was jy al daar, of is jy...

read more

Sondag 7 Desember (Tweede Adventsondag) – Waag ’n slag!

Jesaja 7: 1-14; Matteus 1: 23 Staan God op ’n afstand en kyk na wat met ons gebeur? Die vraag is miskien eeue oud, maar steeds relevant. God bly nie iewers daarbo nie. Hy hou ons nie maar net dop van ver af nie. Hy is Immanuel. God by ons. So sê God wanneer Hy belowe...

read more

Saterdag 6 Desember – Dink terug en kyk vorentoe

Matteus 1: 18-25 Advent is ’n vreemde tyd van die jaar. Daar heers ’n stukkie opgewondenheid, maar tog ook angs oor die jaar wat aan die uitloop is. Wanneer ons terugdink aan die geboorteverhaal, staan die belofte van “Immanuel God met ons” kop en skouers uit. God is...

read more