Woensdag 25 Februarie – Deurleef Lydenstyd

Joël 2: 12-13

Die woestyntydperk waarin Lydenstyd ons innooi gaan gewoonlik gepaard met sekere gebruike. Hierdie tydperk nooi ons dieper en dieper in die areas van gebrokenheid en tekort in terwyl ons bewus word van Jesus se reis na die kruis toe. Dit is ’n tyd waarin ons God se teenwoordigheid en voorsiening op ’n ander en vars manier leer ken. In hierdie tyd sien ons God se teenwoordigheid in die stil en alleen momente of God se voorsiening in die droë areas.

Die grootste risiko wat ons in Lydenstyd loop, is om van hierdie reis slegs ’n gewoonte te maak. Om maar deur hierdie Lydenstyd te gaan soos enige ander tyd in ons lewe. Om die eredienste by te woon maar nie werklik daarna op te let nie. Om só met Lydenstyd om te gaan sal wees om strand toe genooi te word maar om nie ons skoene uit te trek nie. Oor die sand te loop vir ’n rukkie en dan huis toe te gaan.

Die teks in Joël herinner ons juis dat God nie veel belang het by gewoontes sonder betekenis nie. Dat die hoe in die uitlewing van ons geloof nie so swaar weeg soos die hoekom nie. In die bekeringsteks van Joël wil God nie geskeurde klere hê nie, maar geskeurde harte. Om nie net berou te toon nie maar werklik te hê. Dit gaan hier oor die beginsel van deurlewing eerder as om iets net deur te gaan.

Dit is met hierdie beginsel in gedagte dat ons opnuut die uitnodiging van Lydenstyd ernstig moet opneem. Moenie die fout maak om jou skoene op die strand aan te hou nie. Trek dit uit en steek jou tone in die sand.

Woestyntye kan ongemaklik wees, maar jy hoef nie daarvan weg te skram nie. Ervaar Lydenstyd met al sy lag, trane en ongemak. Dit is eers wanneer ons ook hierdie seisoen deurleef, dat ons God op nuwe en vars maniere ontdek, selfs in die woestynareas waar ons gedink het ons God verlate is.

Ds Thomas Dreyer, Malelane

Saterdag 6 Desember – Dink terug en kyk vorentoe

Matteus 1: 18-25 Advent is ’n vreemde tyd van die jaar. Daar heers ’n stukkie opgewondenheid, maar tog ook angs oor die jaar wat aan die uitloop is. Wanneer ons terugdink aan die geboorteverhaal, staan die belofte van “Immanuel God met ons” kop en skouers uit. God is...

read more

Vrydag 5 Desember – Sy genade is vir ons genoeg

Efesiërs 2: 1-10 ’n Pa en seun het pragtige skilderye van bekende kunstenaars versamel. Toe word die seun opgeroep vir diens in die weermag. Enkele weke daarna is hy in ’n kruisvuur gedood. Een oggend klop daar iemand aan die man se deur, hy stel homself voor as die...

read more

Donderdag 4 Desember – God kom na ons toe

1 Johannes 4: 13 Ek wonder, wat as die Kersverhaal anders gelyk het? As daar niks was om na uit te sien nie? Ons het die Kersverhaal al talle kere gehoor, maar wat as Jesus nie as ’n baba in hierdie wêreld ingekom het nie? Wat as sy verhaal begin het as volwassene wat...

read more

Donderdag 4 Desember – God kom na ons toe

1 Johannes 4: 13 Ek wonder, wat as die Kersverhaal anders gelyk het? As daar niks was om na uit te sien nie? Ons het die Kersverhaal al talle kere gehoor, maar wat as Jesus nie as ’n baba in hierdie wêreld ingekom het nie? Wat as sy verhaal begin het as volwassene wat...

read more

Woensdag 3 Desember – Die Koning wat terugstaan

1 Samuel 8: 1-10 en 22 Kerstyd is ’n tyd van blydskap, maar dit is ’n blydskap wat ’n mens nederig maak. Dis ’n skaam-vreugde, veral as jy begin verstaan waaroor Kersfees regtig gaan. Ons dink baie keer ons verstaan waaroor dit gaan… Dit gaan mos oor die Seun van God...

read more

Dinsdag 2 Desember – Jesus die Lig

Jesaja 9: 1-6 In Jesaja 9 begin die skrywer deur ’n donker prentjie in te kleur. Die volk leef in donkerte. Tog, binne die donker, sien hulle hierdie groot lig. Ons weet lig verdryf die donker. Dit wat Jesaja beskryf, is egter geen klein liggie nie. Dit is ’n groot...

read more