Saterdag 27 Desember – Oorgawe

’n Sewende entjie: Oorgawe (om oor te gee) is om die self holisties as geskenk aan God te gee. Hierdie oomblik van oorgawe is die beweging vanaf verbondenheid aan God na eenheid met God. Maria het hierdie oomblik ervaar toe sy in Lukas 1: 46-55 (AFR2020) haar loflied, My siel loof die Here…, uitgespreek het. So beweeg ons ook vandag nog van verborgenheid na eenheid met God wanneer ons in oorgawe die self (onsself) aan God as geskenk bied.

En Ek het die heerlikheid wat U aan My gegee het, aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is: Ek in hulle en U in My, sodat hulle volledig een kan wees en die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefgehad het, net soos U My liefgehad het (Joh 17: 22-23, AFR2020).

Wandel nou deur elke tree van jou bewuswording: stilwees, afsondering, verbondenheid, dienaarskap, in stilte en eenvoud, en met oorgawe. Wat ervaar jy wanneer jy in die teenwoordigheid van God kan wees?

Neem ’n oomblik om die gevoel ten diepste te ervaar, te verweef met die storie in jou kop oor jouself, en veral, die storie in jou kop oor God. In hierdie oomblik van oorgawe kan jy rus, kan jy krag vind, kan jy versterk word, en kan jy jou ore gebruik om te hoor wanneer die Here jou God ’n beurt kry om met jou in dialoog te wees.

Dr Pierre Jacobs (jr), Gaborone

Vrydag 10 Oktober – God kies en roep

Genesis 12: 1-9 In die geskiedenis van die volk Israel is daar ’n klompie dinge wat gebeur het waaroor hulle skaam was. Hierdie volk het miskien, soos baie van ons vandag, gehunker na ’n oorbegin. Genesis 12 is die eerste hoofstuk van God se oorbegin met die mense van...

read more

Donderdag 9 Oktober – Samekomste van die gemeente

Hebreërs 10: 19-25 In die alledaagse gejaag van die lewe is ons voortdurend op soek na kitsoplossings. Ons wil nie sukkel nie en alles moet so vinnig en maklik moontlik wees. Dit is ongelukkig ook ’n beginsel wat in ons geloofslewe toegepas word. Ons kies om nie meer...

read more

Woensdag 8 Oktober – Vrye toegang

Hebreërs 10: 19-25 Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. Die oomblik toe Jesus sy laaste...

read more

Dinsdag 7 Oktober – Leef volgens jou status

Romeine 6 God het ons nie net vrygespreek nie, maar ook ons status verander: van sondaar na kind van God. Ongelukkig is daar steeds mense wat meen dat ons, as kinders van God, nou kan doen wat ons wil, want ons sonde is reeds vergewe. Paulus doen in Romeine 6 ’n...

read more

Maandag 6 Oktober – ’n Lewe deur die Gees

Romeine 8: 1-11 Wanneer ons dink aan God se werk in die kerk, sien ons onwillekeurig die kerkgebou in ons geestesoog en vergeet ons dat óns die kerk is. Ja, ons met ons sonde en tekorte. Dit is ook dikwels die verskoning wat ons gebruik wanneer ons ander te na kom of...

read more