Woensdag 24 Desember – Dienaarskap
’n Vierde ent: Dienaarskap word deel van jou doen en late deur die dag heen. Die Heilige Gees herinner jou aan die leer en lewe van Jesus Christus waar ook al jy gaan, nie slegs wanneer jy stiltetyd hou nie.
“As julle My liefhet, sal julle my gebooie onderhou. En Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ’n ander Parakleet gee, sodat Hy vir ewig by julle kan wees. Hy is die Gees van die waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat die wêreld Hom nie sien nie en ook nie ken nie. Julle ken Hom egter, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. … Die Parakleet, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle in alles onderrig en julle aan alles herinner wat Ek vir julle gesê het.” (Joh 14: 15-17 en 26, AFR2020).
Die kort entjies van jou daaglikse gebed begin nou ’n geheel vorm – stilwees, afsondering, verbondenheid, dienaarskap – waarmee jy deurlopend in jou dag kan wandel. Ek wil jou insig gee, Ek wil jou die pad leer wat jy moet loop. Ek wil jou raad gee, my oog oor jou hou (Ps 32: 8, AFR2020).
Bly vandag deurgaans bewus van jou herhaling in hierdie wandeling saam met God. Hoor die engelekoor waar jy is: Kom loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God, in die hoogste hemel!
Dr Pierre Jacobs (jr), Gaborone
Dinsdag 23 September – Die ewige debat: Godsdiens en die wetenskap
Psalm 19: 6-7 Sodra die Bybel begin praat oor die natuurlike wêreld, word daar onmiddellik ’n spanning geskep binne ons wetenskaplike wêreldbeskouing. Party mense lees die woorde van vers 6 oor die son wat soos ’n bruidegom uit sy slaapkamer hardloop as niks meer nie...
Vrydag 19 September – Kyk op, en probeer die sterre tel
Jesaja 40: 26 (Die Bybel vir almal) Kyk op. Wie het die sterre gemaak en wie het gesê hoeveel sterre daar moet wees? Wie het vir elke ster ’n naam gegee? Hulle is almal daar omdat Ek die God is wat kan doen wat Ek wil doen. Die sterrehemel is besaai met sterre en die...
Donderdag 18 September – Kwartels en manna is ook kos
Eksodus 16 Honger laat ’n mens vreemde dinge doen. Ook die Israeliete het iets hiervan beleef ná die euforie van die uittog uit Egipte. Skielik is die wonderwerk van God met hulle vergete. Hulle is honger en verlang na die vleispotte van Egipte. Pleks dat hulle hul...
Woensdag 17 September – Mosterdsaadgeloof
Lukas 17: 5-10 (AFR2020) Dikwels gebruik Jesus beelde vanuit die natuur wanneer Hy na geloof en navolging verwys. In Lukas 9: 57-62 reageer Jesus op die stelling Ek sal U volg. Jesus antwoord: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van...
Dinsdag 16 September – Dans van die flaminke
Levitikus 11: 13-18 (AFR2020) Wie onthou die radiovervolgverhaal Dans van die flamink wat later ’n fliek geword het? Telkens kom dit by my op wanneer ek op my staptog die flambojante skouspel van die grootflaminke in die Milnerton-strandmeer sien. Die verskyning van...
Maandag 15 September – Die rooilug kondig aan…
Matteus 16: 1-4 Seelui het die gesegde: Red skies in the morning, sailors warning. Red skies at night, sailors delight. Hierdie wysheid was ook onder die Jode van die eerste eeu ná Christus bekend. Die lug is rooi in die aand wanneer stofdeeltjies in die atmosfeer...