Sondag 22 Februarie (Eerste Lydensondag) – Saam met ons in die woestyn

Markus 1: 12-13

Die woestynareas in ons lewens is gewoonlik die plekke en situasies waar ons alleen voel. Dalk selfs ietwat Godverlate voel. Die woestyntye is die seisoene en in die lewe wat ons met alle mag probeer vermy of so gou as moontlik verby kry. Lydenstyd is by uitstek die tyd in die kerklike jaar waar ons in hierdie woestyntye en seisoene ingenooi word. Om opnuut bewus te word van die tekorte, leemtes en ongemak. Ons word gekonfronteer met die seisoen wat nie altyd openhartig verwelkom word nie.

Jesus se versoeking in die woestyn is welbekend. Dalk so welbekend dat daar maklik oor die eerste paar verse gelees word. Die verse wat juis getuig dat Jesus die woestyn in is onder leiding van die Heilige Gees of dat engele hom versorg het. Jesus het nie die woestyn vrygespring nie, maar was ook nie alleen in die woestyn nie. Jesus was nie aan sy eie genade oorgelaat nie. Beide die misterie sowel as die wonderwerk van hierdie versoeking in die woestyn is dat Jesus steeds aan sy lyf die tekort, leemtes en ongemak gevoel het maar nooit werklik alleen gelaat was nie.

Op dieselfde manier beleef ons woestyntydperke in ons lewens. Dit kan maklik gebeur dat die pyn en ongemak van die oomblik ons verblind om enigsins verder te sien of op te merk. God verlaat ons nie. Dit beteken nie dat ons die woestyntydperke gespaar word nie. Die Bybel is vol verhale waar bedienings gebore word en karakters gevorm word juis in die woestyn. Die gerusstellende sekerheid wat ons het is dat God wel met ons bly. Hierdie behoort ons die vrymoedigheid te gee om die woestyntye nie om te wens nie maar ook daarin God se nabyheid, teenwoordigheid en versorging op ’n vars manier te leer ken.

Ds Thomas Dreyer, Malelane

Donderdag 20 November – Vertroue

Lukas 12: 27-28 Kyk hoe groei die lelies: hulle swoeg nie en hulle maak nie klere nie, maar Ek sê vir julle: Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee soos een van hulle nie. As God die gras van die veld, wat vandag nog daar is en môre in die vuur gegooi word, só mooi...

read more

Woensdag 19 November – Verwagting

Psalm 86: 11-13 Leer my u pad Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God, u Naam altyd eer, want u liefde vir my was groot: uit die dieptes van die dood het U my gered. Vandag se teksgedeelte hang nou...

read more

Dinsdag 18 November – Verwondering

Genesis 1: 31 Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die sesde dag. Sonder om te huiwer, bely ons dat God die Skepper van die hemel en die aarde is. Ons bely dit weekliks met...

read more

Maandag 17 November – Volharding

Romeine 5: 3-5 Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop... Vasbyt! Dit is ’n woord wat almal van ons al ’n paar keer in die lewe gehoor het. Die hoop van...

read more

Sondag 16 November – Vernuwing

Openbaring 21: 5 Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” Die brief in Openbaring is geskryf vir vroeë gelowiges wie se wêreld om hulle besig was om te verkrummel. God se openbaring aan Johannes het hulle gehelp om hul hede uit ’n ander (groter)...

read more

Saterdag 15 November – Tussen is en wees

Lukas 6: 36 So, wat doen jy vir ’n lewe? Dit is die vraag wat al by menige braaivleisvuur tussen vreemdelinge gevra is. Let ’n bietjie op wat ons vra: Ons vra ’n vraag met ’n werkwoord daarin. Wat doen jy vir ’n lewe? Hoe antwoord ons egter hierdie vraag? Ons antwoord...

read more