Dinsdag 23 Desember – Verbondenheid
’n Derde ent: Verbondenheid (solidariteit) is die bewuswording van eenheid met die Here jou God. ’n Bewuswording van God se eenheid met die mensdom, met sy skepping. So lief het God die wëreld… In verbondenheid ervaar jy dat jy in jou stilte en afsondering nie alleen is nie.
Deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle dat jy nie meer van jouself moet dink as wat jy behoort nie, maar dat jy jou gedagtes daarop moet instel om verstandig te wees, volgens die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. Want soos ons baie ledemate in een liggaam het, en nie al die ledemate dieselfde funksie vervul nie, net so is ons, al is ons baie, een liggaam in Christus, en individueel lede van mekaar (Rom 12: 3-5, AFR2020).
Raak bewus van wat jy ervaar wanneer jy besef dat jy stil is, dat jy in jouself stil is, dat jy in geborgenheid is met die Here jou God. Die Here bly deur die eeue heen getrou aan sy belofte van sy teenwoordigheid by jou. So ook vanoggend. So ook vanmiddag. So ook vanaand.
“Hierdie boekrol van die wet mag nie uit jou mond verdwyn nie. Jy moet dit dag en nag mymerend prewel, sodat jy alles wat daarin geskryf is, nougeset kan nakom; want dan sal jy voorspoedig wees op jou pad; dan sal jy sukses behaal. Het Ek jou nie beveel, ‘Wees dapper en sterk’ nie? Moenie paniekbevange wees nie en moet jou nie laat afskrik nie, want die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan.” (Jos 1: 8-9, AFR2020).
Bly in dankbare verbondenheid met jou Skepper vandag terwyl jy in sy skepping beweeg. Hy het die wêreld, en ook vir jou, lief.
Dr Pierre Jacobs (jr), Gaborone
Sondag 14 September – Branders wat breek en blaas
Psalm 93 Met trompetgeskal word die koms van die Koning aangekondig. Die dag van die Here word met die ramshoring aangekondig. In hierdie Psalm word gefokus op God as die Skepper en Onderhouer van die skepping. Hy regeer. Hy is Koning. Kenmerkend is sy majesteit,...
Saterdag 13 September – Dit is elke môre nuut
Klaagliedere 3: 22-23 (AFR53) Ons teks bring ’n boodskap van hoop en vertroosting te midde van swaarkry: ...dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot (verse...
Vrydag 12 September – God se grootheid
Psalm 104 (AFR53) Psalm 104 besing God se grootheid in sy skepping. Dit begin met ’n oproep tot lofprysing: Loof die Here, o my siel! Here my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed (vers 1). Hierdie vers herinner ons dadelik aan God se...
Donderdag 11 September – As ons u werke aanskou
Psalm 8 Psalm 8 is ’n pragtige lied van Dawid wat ons herinner aan die majesteit van God en die wonder van sy skepping. Dit begin en eindig met dieselfde lofprysing: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde. Dawid se verwondering oor God se...
Woensdag 10 September – Weet jy nie?
Jesaja 40: 28 (AFR53) Hierdie vers is deel van ’n groter gedeelte waarin die profeet Jesaja God se grootheid en krag beskryf om die moed en hoop van sy volk te versterk. Die volk van Israel was in ballingskap en het gevoel dat God hulle vergeet het. Jesaja herinner...
Dinsdag 9 September – Liefde, liefde, liefde
1 Johannes 4: 7-21 Die meeste van ons sukkel om die begrip liefde ten volle te begryp. Selfs in Jesus en Johannes se tyd was dit so. Die woord liefde (agape) kom 29 keer in hierdie kort verse voor. Dis duidelik waaroor hierdie verse gaan. Liefde. Ongelukkig is liefde...