Saterdag 21 Februarie – Kennis van God verander die wêreld

Filippense 2: 5-11

Die pragtige lied in Filippense vat die boodskap wat die Christendom die wêreld wil indra, mooi saam. Hierdie lied besing die reddingswerk wat Jesus Christus vir die sondaarmens kom doen het. Die lied bely dat Jesus wat self God was, bereid was om homself te verneder en mens te word. Meer nog, hy was bereid om te sterf aan ’n kruishout ter wille van die sonde van die mens. Christus was bereid om uit liefde vir die mens alles te doen. Dit is die boodskap van liefde en vreugde wat die kerk van die vroegste tye af vir die wêreld wou oordra.

Hoe moet ons hierdie boodskap die wêreld indra? In vers 5 staan daar dat daar in ons dieselfde gesindheid moet wees wat daar in Jesus Christus was. Ons kan nie hierdie boodskap oordra as daar nie by ons ook die gesindheid van liefde, nederigheid, diens en prysgawe is nie.

Christus wat self God is, het die gestalte van ’n slaaf aangeneem en aan mense gelyk geword. Dit word beskryf as vernedering. In hierdie tyd fokus ons op Jesus se lydensweg en kyk na die invloed wat sy lydensweg op ons lewensweg moet hê. Is hierdie gesindheid van nederigheid en prysgawe ook by jou sigbaar?

Wat moet jy prysgee wat vir jou te belangrik geraak het? Wat verhinder jou om Jesus se gesindheid te openbaar? God se Gees woon in jou en sy vrug moet in jou lewe sigbaar word. Wat in jou verskans die beeld van God? Bid dat God deur die werking van sy Gees jou geestesoë sal open sodat jy hierin kan groei.

Die inhoud van hierdie lied moet ook die lied wees wat ons met ons lewe sing. Kom ons besing saam met die vroeë kerk die genade wat God in Jesus Christus aan ons kom bewys het.

Gebed

Neem my lewe laat dit Heer

U gewy wees meer en meer

Laat my hart gedurig juig,

En van dankbaarheid getuig.

(Gesang 308: 1)

Ds Manda le Roux, Weskus

Vrydag 14 November – Vrugbaarheid van stiltes

1 Konings 19 Ek is nie altyd gemaklik met stiltes nie. Ek ry meestal met die motor se radio aangeskakel, of as ek alleen tuis is, moet daar die een of ander wit geruis in die agtergrond aangeskakel wees. Die stilte is soms vir my oorverdowend. Hoekom is daar talle...

read more

Donderdag 13 November – Selfgemaakte mens

1 Korintiërs 4 (AFR2020) Daar is ’n mite wat die rondte doen in ons moderne samelewing: die mite van die selfgemaakte mens. Volgens hierdie mite is alles wat ons het en alles wat ons ooit bereik het, alleenlik deur ons eie toedoen. Daar is talle selfhelpboeke wat ons...

read more

Woensdag 12 November – Buitengewoon en doodgewoon

Filippense 2: 6-8 Oor watter tipe lewens word boeke geskryf, of selfs flieks gemaak? Ons sou maklik hierdie vraag kon antwoord met: buitengewone lewens, natuurlik! Wanneer ons dink aan lewens waaroor noemenswaardige stories vertel word, is ons dikwels geneig om te...

read more

Dinsdag 11 November – Hoop in onverwagse vorm

Johannes 1: 43-51 Hoop is ’n snaakse konsep, is dit nie? Wanneer ons die woordjie hoop hoor, het ons dadelik ’n bepaalde beeld, prentjie of definisie van wat hoop is, en hoe hoop lyk. As daar gevra sou word waarop ons hoop, dan sou ons ’n duidelike prentjie van iets...

read more

Maandag 10 November – Die mat

Markus 2: 1-12 Het jy ’n kledingstuk in jou kas waarvan jy net nie ontslae kan raak nie? Nie as gevolg van ’n sentimentele houding nie, maar eerder as gevolg van die gemak wat saam met jare se dra gekom het. ’n Mat kan ook so ’n voorwerp vir ons wees. Jesus is in ’n...

read more

Sondag 9 November – Tussen eendag en vandag

Johannes 14: 1-14 Toe ons kinders was, het ons al ons toekomsdrome begin met die woorde as ek eendag groot is. Ons drome vir ons toekoms begin dalk nie meer in ons volwasse jare met hierdie woorde nie, maar elkeen van ons het steeds drome (of dalk eerder hoop) vir...

read more