Vrydag 20 Februarie – Wie sy lewe verloor, sal dit behou

Markus 8: 34 tot 9: 1

Ons word gekondisioneer om te fokus op sukses en voorspoed. Ons moet uitstyg bo ander, die hoogste sport bereik. Moenie dat ander in jou pad staan om jouself te verwesenlik nie! Staan op vir jou regte! Jy het die reg op eie geluk.

…wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou. Jesus bied hierdie uitnodiging aan vir die mense wat Hom wil volg. Radikaal anders as wat mens sou verwag. So was sy prediking en bediening ook. Hy het die reëls en die godsdienstige gebruike van sy tyd as skynheiligheid afgewys. Hy het gesê as jou hart nie reg is nie, is al die uiterlike godsdienstige pligte ook nie reg nie. Sy volgelinge het by die dag meer en meer geword.

Daar is ’n geheimenis wat die persoon van Jesus omsluit. Markus onthul hierdie geheimenis aan die einde van sy verhaal. Hy is waarlik die Seun van God wat verhef is tot die regterhand van God. Hy is die Messias. Eers wanneer ’n mens vanuit die opstandingsgebeure terugkyk, word hierdie geheimenis onthul.

Hy is die gestuurde van God wat ter wille van ons gely, gesterf en uit die dood uit opgestaan het. Hy moes gehoorsaam hierdie kruisweg stap. Hy roep sy volgelinge op om ook op hierdie manier deur die lewe te stap. Die lewe word ’n werklikheid waar mense bereid is om Hom op hierdie kruisweg te volg. …wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou.

Jesus wys regdeur sy lewe hoe hierdie beginsel uitgeleef moet word deur liefdesdiens en omgee. Deur die minste te wees en ander bo jouself te stel.

Wanneer ons na geluk, voorspoed of sukses soek, sal ons volgens sy voorbeeld moet leef. Anders gaan ons aan die einde van ons soeke besef alles was ’n gejaag na wind.

Ds Manda le Roux, Weskus

Saterdag 8 November – Christus die Hoop

Openbaring 1: 4-8 Mense kry wêreldwyd swaar. Mense wil moed verloor. Sommige dink God is afwesig, want waar is Jesus as hulle Hom nodig het? So is daar talle mense vandag wat gewoonweg nie meer in Jesus Christus en sy wederkoms glo nie. Die gelowiges kry swaar onder...

read more

Vrydag 7 November – Christus is Koning

Johannes 18: 33-37 Die tema rondom die koningskap van Jesus vind ons reeds van die eerste vers van die Evangelie af wanneer ons in Johannes 1: 1 lees: In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Oor hierdie koninkryk kan ons...

read more

Donderdag 6 November – Christus se volkome offer

Hebreërs 10: 11-14 ’n Maratonwedloop is ’n lang wedloop en ’n mens kan langs die pad moeg raak en uitsak. Tyd kan ’n groot bedreiging vir ’n mens se geloof raak. Dae word maande en maande word jare en jare word dekades en voor jou oë gebeur niks. Mense wat boonop...

read more

Woensdag 5 November – Christus die volkome offer

Hebreërs 9: 23-28 Die kerk vier nie Hemelvaart met dieselfde entoesiasme as Kersfees nie. Ons weet nie regtig wat om met Hemelvaart te maak nie. Dit is dan seker ook die rede waarom lidmate die hemelvaart so afskeep. Maar Hemelvaart beteken nie net afskeid nie, dit is...

read more

Dinsdag 4 November – Kan ons nog glo?

Markus 13: 1-8 Dit is deesdae hoogmode om die tekens van die tye te interpreteer, die oorloë, aardbewings, hongersnood, ensovoorts. Al hierdie gerugte maak ons bang en laat ons twyfel. Ons teks vandag is ’n aansporing vir volgelinge van Jesus oor hoe om te reageer in...

read more

Maandag 3 November – Jesus waarsku teen skynheiligheid

Markus 12: 38-44 Prysgawe van jou lewe is dan die tema van die laaste kort toneel, waar Jesus ’n teenstelling maak tussen die ryk mense wat dit kan bekostig om baie geld in die tempelskatkis te gooi terwyl hulle seker maak dat ander mense sien dat hulle dit doen...

read more