Maandag 22 Desember – Afsondering

Hierdie kort stappe van gebed kan jy daagliks as ’n geheel herhaal. Ons begin ons dae só in afhanklikheid, ons sluit die dag só af in dankbaarheid.

’n Tweede entjie: Afsondering (om alleen te wees) geskied veral wanneer jy stil kan word. Sodra jy die geraas van die wêreld en die geraas in jou gedagtes kan leer ignoreer (lees: by jou laat verbygaan), word dit al hoe meer moontlik om te rus in God. Hier in jou innerlike stilwees het jy volle bewustheid, maar nie noodwendig gekoppel aan spesifieke inhoud nie. Ek hoor opnuut die blye engelekoor wat sing van die Christus gebore vir ons.

Die Here jou God is in jou midde, ’n held wat verlos. Hy verheug Hom met blydskap oor jou, Hy maak jou stil met sy liefde (Sef 3: 17, AFR2020). Vandag word jy in jou stiltetyd bewus van die Here jou God in jou midde. Jy word bewustelik stil in jou gedagtes. Laat jou gedagtes inkom soos goeie vriende wat verbystap, wuif vir hulle en laat hulle aanstap. Raak bewus van jou sinsnede van gister se dagstukkie oor stilwees en dra dit weer op aan die Here (letterlik, sê dit vir die Heer).

Laat jouself bewustelik weg van die leuens en geraas van die wêreld stil word. Die een mens belieg die ander; met vleiende lippe praat hulle uit twee monde. Mag die Here al die vleiende lippe uitroei, die tonge wat grootpraat, hulle wat sê: “Danksy ons tonge is ons sterk; ons lippe is onder ons beheer. Wie is heer oor ons?” (Ps 12: 3-5, AFR2020).

Neem jou tyd vandag hiermee. Bly deurlopend bewus van wanneer jou gedagtes die stilte in jou versteur en keer dan sagkens terug na jou sinsnede en die afsondering by die Here jou God.

Dr Pierre Jacobs (jr), Gaborone

Maandag 8 September – Wat gee ons vir ander te ete?

Genesis 3: 1-7 Vandag draai ons ons aandag na Genesis 3: 1-7 waar ons die verhaal van Adam en Eva in die tuin van Eden herontdek. Hierdie heilige ruimte vol oorvloed en skoonheid is ’n simbool van God se goedheid en voorsiening. Hier, te midde van die prag van die...

read more

Sondag 7 September – God se goedheid en verlossing

Psalm 34 (AFR53) Psalm 34 is ’n lied van Dawid. Dit begin met ’n vreugdevolle verklaring: Ek wil die Here altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees (vers 2). Dawid se woorde herinner ons aan die belangrikheid van voortdurende dankbaarheid en lofprysing, ongeag...

read more

Vrydag 5 September – Nuwe lewe in die woestyn

Genesis 16: 1-16 Hagar is ’n swanger meisie in die woestyn. Haar jong en ongelukkige lewe is op ’n absolute laagtepunt. Haar lewensgeskiedenis tot op hierdie punt lees soos ’n nagmerrie: As jong, waarskynlik tienermeisie, deur haar Egiptiese ouers aan die vermoënde...

read more

Woensdag 3 September – Die krag van behalwe

2 Konings 4: 1-7 Die vrou is in die slegste moontlike posisie vir ’n vrou in die Ou Nabye Oosterse wêreld. ’n Weduwee wat op die punt staan om haar twee seuns as slawe aan skuldeisers af te staan. Sy bekla haar lot by die profeet Elisa. In die gebeure wat volg, Iê die...

read more