Donderdag 19 Februarie – Ek gaan oorgelewer word om gekruisig te word

Markus 8: 27-33

Die dood ruk die mat onder ons uit. Meestal kom dit soos ’n dief in die nag. Sonder waarskuwing of tyd vir voorbereiding. Die meeste van ons het al hierdie ervaring gehad. Soms het ’n mens dalk geleentheid om voor te berei, maar die finaliteit kom ruk nogsteeds die mat onder ons voete uit.

Die dissipels word met die aankondiging van Jesus se dood gekonfronteer. Hy kondig dit driemaal aan en telkens sien ons die dissipels se skok en onbegrip. Petrus se reaksie is baie intens: Dit sal nie met U gebeur nie. Ons lees by die ander aankondigings dat hulle baie bedroef was en nie die betekenis kon verstaan nie. Vir drie jaar stap hulle saam met Hom, luister na sy prediking en sien die wonders. Vir drie jaar probeer hulle eintlik verstaan wie Hy is.

In die vertelling van Markus word dit duidelik dat die mense nie verstaan het wie Hy is nie. Selfs sy volgelinge het nie verstaan nie. Petrus antwoord op Jesus se vraag wie Hy is, asof hy verstaan, maar sy optrede wys gou die teendeel.

U is die Christus, was sy belydenis maar hy het niks verstaan van die lyding waardeur Jesus sou gaan nie. Sy eerste reaksie is om Jesus eenkant toe te roep en stil te maak. Hy sou gewildheid verloor. Jesus het dadelik geweet dat Petrus nie verstaan nie. Hy wys sy volgelinge daarop dat Hy die gestuurde van God is wat as die Seun van die mens baie moet ly en gaan sterf en uit die dood gaan opstaan. Dan berispe Jesus vir Petrus omdat hy dink aan wat mense wil hê.

Jesus stap hierdie lydensweg gehoorsaam aan God se wil. Hy moes wroeg oor die dood wat voorlê, maar Hy stap dit enduit.

Ds Manda le Roux, Weskus

Sondag 2 November – Grootste gebod

Markus 12: 28-34 NT Wright vra, as jou huis vandag begin brand, wat sal jy graag wil red op pad uit? Uiteindelik staan jy met dit wat jy gekies het buite die huis en kyk toe hoe alles tot as verbrand, maar jy besef dat die keuses wat jy gemaak het, ’n uitdrukking is...

read more

Saterdag 1 November – ’n Uitverkore geslag

1 Petrus 2: 9 As kerk is ons nie net ’n groep mense wat saam aanbid nie; ons is ’n uitverkore geslag, ’n koninklike priesterdom, geroep om die lof van God te verkondig. Hierdie identiteit gee ons ’n besondere verantwoordelikheid en voorreg. Dit beteken dat ons geroep...

read more

Vrydag 31 Oktober – Verbondenheid aan Christus

Johannes 15: 5 Ons afhanklikheid van Christus is fundamenteel vir ons geloof en ons werk in die kerk. Sonder Hom kan ons niks doen nie, maar in verbondenheid met Hom dra ons baie vrug. Hierdie beeld van die wingerdstok en lote herinner ons daaraan dat ons lewenskrag...

read more

Donderdag 30 Oktober – Die Groot Opdrag

Matteus 28: 19-20 Die kerk het die groot opdrag ontvang om die evangelie aan alle nasies te verkondig en dissipels te maak. Hierdie sending is nie net vir ’n paar uitgesoekte individue nie, maar vir die hele kerk. Ons is almal geroep om deel te neem aan die Groot...

read more

Woensdag 29 Oktober – Die rykdom van Christus se Woord

Kolossense 3: 16 Die rykdom van Christus se Woord is die bron van ons geloof en lewe. Wanneer ons die Woord van God in ons harte laat woon, vorm dit ons denke, houdings en dade. Dit gee ons wysheid en lei ons op die weg van die waarheid. Die Woord van Christus is nie...

read more

Dinsdag 28 Oktober – Die gemeenskap van gelowiges

Handelinge 2: 42 In Handelinge 2: 42 lees ons van die vroeë kerk: Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. Hierdie teks beskryf die hart van die gemeenskap van gelowiges...

read more