Sondag 21 Desember (Vierde Adventsondag) – Stilwees

Hierdie week stap ons saam ’n paadjie waarin elkeen toegee aan God se teenwoordigheid en werking in ons. Voltooi die week met deeglikheid: Lees, leer, beoefen.

In die Kerstyd is dit opvallend hoe bewus ons raak van die Seun van die mens wat vir ons gebore word (Joh 3: 16). Mag hierdie goeie tyding jou opnuut bewus maak van jou eie ontmoeting elke dag met die lewende Here. Elke dag wandel ons ’n entjie dieper in ons oorgawe aan God. Na dag sewe het jy jou volle paadjie leer stap om as gelowige, in afhanklikheid van God se liefde, die uitdagende draai van die lewe te ontmoet.

’n Eerste entjie: Stilwees word die forum waarin ons aan God se teenwoordigheid toegee. God se nabyheid, in Jesus se taal, is die koninkryk van God. Stilte ondersteun hierdie bewuswording van die koninkryk van God in ons en tussen ons. Toe Jesus op ’n keer deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koninkryk van God kom nie met duidelik waarneembare tekens nie. Mense sal nie sê, ‘Kyk, hier is dit!’ of ‘Daar is dit!’ nie, want kyk, die koninkryk van God is in julle midde.” (Luk 17: 20-21, AFR2020).

Met die bewuswording van die Heilige in jou midde, kan jy jouself in afhanklikheid oorgee aan die Heer: “Bedaar en erken dat Ek God is, Ek is verhewe bo die nasies, Ek is verhewe bo die aarde.” Die Here, Heerser oor alle magte, is met ons, ’n toevlugsoord is die God van Jakob vir ons (Ps 46: 11, AFR2020).

Amen, Ek sê vir julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie (Mark 10: 15, AFR2020).

Raak bewus van ’n woord of sinsnede waarmee jy aan God jou oorgawe wil uitspreek, byvoorbeeld: Heer, hier is u dienskneg; of Ek wil minder word, en U sodoende meer. In jou stiltetyd, herhaal nou jou sinsnede of woord in afhanklikheid van God. Vandag kan jy hierdie sinsnede deurgaans herhaal en bewus bly van God-met-jou.

Dr Pierre Jacobs (jr), Gaborone

Maandag 1 September – Maak klaar, God wil iets nuuts doen

1 Konings 19: 19-21 Terwyl die jong Elisa besig is om te ploeg met twaalf spanne van twee, kom Elia by hom en gooi sy mantel oor Elisa. Elia dra sy rol en amp as profeet op Elisa oor. Nou wag daar ’n nuwe uitdaging. Maar eers moet Elisa afhandel en klaarmaak met dit...

read more

Saterdag 30 Augustus – Wat gee jou hoop?

Jesaja 35: 1-10 Jesaja 35 voel so uit plek uit hier waar Jesaja 34 nog praat van die vernietiging van Edom. Dis die werklikheid van mense wat God verwerp en geen agting of aanbidding vir Hom het nie. Soos voorheen in Jesaja, is God se oordeel nie die laaste woorde wat...

read more