Sondag 21 Desember (Vierde Adventsondag) – Stilwees
Hierdie week stap ons saam ’n paadjie waarin elkeen toegee aan God se teenwoordigheid en werking in ons. Voltooi die week met deeglikheid: Lees, leer, beoefen.
In die Kerstyd is dit opvallend hoe bewus ons raak van die Seun van die mens wat vir ons gebore word (Joh 3: 16). Mag hierdie goeie tyding jou opnuut bewus maak van jou eie ontmoeting elke dag met die lewende Here. Elke dag wandel ons ’n entjie dieper in ons oorgawe aan God. Na dag sewe het jy jou volle paadjie leer stap om as gelowige, in afhanklikheid van God se liefde, die uitdagende draai van die lewe te ontmoet.
’n Eerste entjie: Stilwees word die forum waarin ons aan God se teenwoordigheid toegee. God se nabyheid, in Jesus se taal, is die koninkryk van God. Stilte ondersteun hierdie bewuswording van die koninkryk van God in ons en tussen ons. Toe Jesus op ’n keer deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koninkryk van God kom nie met duidelik waarneembare tekens nie. Mense sal nie sê, ‘Kyk, hier is dit!’ of ‘Daar is dit!’ nie, want kyk, die koninkryk van God is in julle midde.” (Luk 17: 20-21, AFR2020).
Met die bewuswording van die Heilige in jou midde, kan jy jouself in afhanklikheid oorgee aan die Heer: “Bedaar en erken dat Ek God is, Ek is verhewe bo die nasies, Ek is verhewe bo die aarde.” Die Here, Heerser oor alle magte, is met ons, ’n toevlugsoord is die God van Jakob vir ons (Ps 46: 11, AFR2020).
Amen, Ek sê vir julle: Wie die koninkryk van God nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie (Mark 10: 15, AFR2020).
Raak bewus van ’n woord of sinsnede waarmee jy aan God jou oorgawe wil uitspreek, byvoorbeeld: Heer, hier is u dienskneg; of Ek wil minder word, en U sodoende meer. In jou stiltetyd, herhaal nou jou sinsnede of woord in afhanklikheid van God. Vandag kan jy hierdie sinsnede deurgaans herhaal en bewus bly van God-met-jou.
Dr Pierre Jacobs (jr), Gaborone
Donderdag 28 Augustus – Hoop kyk terug voordat dit vorentoe beweeg
Sagaria 9: 9-12 In Sagaria 9 kom die koning nederig en op die rug van ’n donkie as oorwinnaar na die volk toe. Die koning kies spesifiek vir die donkie. Hierdie koning kies teen die mag van die perd, strydwa, pyl en boog. Hy is ’n vredeskoning. Hy verbreek die ellende...
Woensdag 27 Augustus – Is die gejaag die moeite werd?
Lukas 12: 13-21 Hierdie boer het ’n groot probleem – sy houding is verkeerd. Dit gaan vir hom oor die ek wat dit en dat sal doen, die ek wat sal afbreek, die ek wat sal opgaar en die ek wat vir myself sal sê dit gaan goed want ek besit baie dinge. Dit gaan vir die...
Dinsdag 26 Augustus – Jy leef wat binne jou is, nie rondom jou nie
Efesiërs 5: 6-20 Paulus praat oor hoe ons moet leef. In die eerste gedeelte van die brief vertel hy wie gelowiges ís in Christus. In die tweede deel van die brief, waaruit ons teks kom, praat hy oor hoe ons moet leef. Die brief begin by ons identiteit, en gaan dan...
Maandag 25 Augustus – As vergifnis geen einde ken nie…
Matteus 18: 21-35 Ek en jy hou nie daarvan as iemand ons op ons foute wys nie. Ek en jy hou nie daarvan om te erken dat ons mense deur ons optrede in die steek gelaat het nie. En om vergifnis te vra, is moeilik en vernederend. Om iemand te vergewe, is net só, indien...
Sondag 24 Augustus (Herdenking van Bartolomeusnag) – Uit u hand kom alles wat mooi is
Psalm 16 Wat maak jy met al die on-woorde in jou lewe? Wat maak jy met woorde soos ontevrede, onvergenoegd, ongelukkig en onseker? Teen die agtergrond van Dawid se inspirerende woorde in Psalm 16, is dit beslis ’n vraag wat ons onsself eerlik moet afvra. Iewers in ons...
Saterdag 23 Augustus – Die geloofsgemeenskap se bymekaarkom is heilig
1 Korintiërs 11: 12-22 Die Nagmaalbyeenkomste is veronderstel om gewyde byeenkomste te wees, geleenthede waar almal met hul andersheid in hul geloof versterk word; dit het ten doel om die onderlinge samehorigheid en eenheid terselfdertyd op te bou. Vanweë die uiterste...