Woensdag 18 Februarie (Aswoensdag) – As U die Seun van God is…
Matteus 4: 1-11
Dit is vandag Aswoensdag, die eerste dag van die 40 dae wat oploop na die Paasgebeure toe. Dit is ook die gebruik om met as die teken van die kruis op ons voorhoof of hand te maak. Ons gebruik as om ons daaraan te herinner dat ons van stof is en weer na stof gaan terugkeer. Dit is die een kant van ons identiteit. Ons maak die teken van die kruis om ons daaraan te herinner dat God ons deur die dood van sy Seun kom nuutmaak het. Dit is ook deel van ons identiteit. In hierdie 40 dae moet ons daarop fokus om dit wat ons verhinder om soos nuwe mense te leef, te identifiseer en agter te laat.
Tradisioneel staan ons vandag ook stil by Jesus se versoeking in die woestyn. Die Versoeker vra ook ’n vraag na identiteit. Vir 40 dae vas Jesus en dan val die Versoeker in met die vraag oor brood: Sê vir die klippe om brode te word. Maar Jesus antwoord ’n mens leef nie net van brood nie. Die tweede toets lê op die gebied van mag: As U die Seun van God is spring hier af, en derdens wil hy aanbid word.
Telkemale antwoord Jesus uit die Skrif en wys Hy dat Hy getrou is aan God se wil. Sy gehoorsaamheid aan God bevestig dat Hy die Seun van God is.
Dit is die bevestiging regdeur die evangelies. Tydens sy dood is God se stem hoorbaaar: Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Petrus antwoord op die vraag wie Jesus is dat Hy die Christus is en aan die kruis spot hulle: As U die Seun van God is klim hier af, maar dan refrein die woorde wanneer Hy sterf: Waarlik Hy was die Seun van God.
Deur Christus word ons verloste kinders van God. Fokus in hierdie 40 dae op jou nietigheid en verganklikheid as mens, maar dan ook op die verlossing wat deur die Seun van God gekom het.
Ds Manda le Roux, Weskus
Maandag 27 Oktober – Toegeruste heiliges vir dienswerk
Efesiërs 4: 11-12 Die kerk is nie net ’n gebou of institusie nie, maar ’n lewende liggaam van gelowiges, toegerus vir dienswerk. Die teks onderstreep dat elke gelowige ’n rol het in die bediening. Die leiers in die kerk is nie daar om al die werk self te doen nie,...
Maandag 27 Oktober – Toegeruste heiliges vir dienswerk
Efesiërs 4: 11-12 Die kerk is nie net ’n gebou of institusie nie, maar ’n lewende liggaam van gelowiges, toegerus vir dienswerk. Die teks onderstreep dat elke gelowige ’n rol het in die bediening. Die leiers in die kerk is nie daar om al die werk self te doen nie,...
Sondag 26 Oktober (Hervormingsfees) – Die evangelie – die krag van verlossing
Romeine 1: 16-17 Op hierdie Hervormingsfees herdenk ons die begin van die Protestantse Hervorming. Die kern van dié beweging was die herontdekking dat die evangelie die krag van verlossing bevat vir elkeen wat glo. In Romeine 1: 16 lees ons: Ek skaam my nie oor die...
Saterdag 25 Oktober – Ek as kind in God se huis
Lukas 9: 51-56 Dit is belangrik om hierdie vreemde teks se konteks te bespreek. Jesus se optrede hier is presies die teenoorgestelde van wat verwag word. Vroeër in die hoofstuk stuur Jesus die twaalf uit. Hulle moes redelik aangrypende dinge gesien en beleef het in...
Vrydag 24 Oktober – Ek as profeet in God se huis
1 Korintiërs 12: 12-31 Die beeld van die kerk as liggaam van Christus met verskeie lede word algemeen gebruik, nie net in ons tuisgemeentes nie, maar ook in die breër kerk. Ons erken daarmee dat daar plek is vir verskillende denominasies en dat elkeen se unieke nis en...
Donderdag 23 Oktober – Ek as dienskneg in God se huis
Johannes 13: 3-14 Jesus wat die dissipels se voete was, word ’n sleutelmoment wat ons leer om in diens van ander te wees. Dit is hierdie houding van Jesus wat vir die kerk die pas aangee om in die wêreld betrokke te raak. Die opdrag dat ons nodig het om te dien waar...