Woensdag 17 Desember – Die dag van die Here het gekom en kom weer!

Sefanja 3: 14-20

Sefanja beskryf die teenwoordigheid van die Here met ’n pragtige belofte: Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou. Dit is ’n belofte wat vir elke gelowige van God geld. Dis ’n daaglikse herinnering. Die boodskappe wat Sefanja in die teks beklemtoon, is dat God getrou is. God tree op en stel onreg reg. God is aktief in sy geregtigheid en regverdigheid. Soos Hy van ons verwag dat ons reg sal doen, só sal Hy self altyd reg laat geskied, al sluit dit ook in dat Hy straf en optree om deur die straf situasies reg te stel. Wanneer die tyd daar is, sal die Here hul lot verander. Die dag van die Here, wanneer God ingryp, is ’n werklikheid. Hierdie dag van die Here is gevul met oordeel en genade. God se oordeel is ’n terugkeer wat tot bekering kan lei. ’n Tyd gevul met goedheid en afwending van die oordeel van die Here. Groei en vergifnis in plaas van straf. Wanneer die dag van die Here aangekondig word, skep dit dus die tyd vir mense om opnuut na God te draai en God se grootheid vas te gryp. Dit is God se bedoeling om verlossing te skenk en heling te bring.

Die kerngedagte van die teks beklemtoon God se teenwoordigheid: Die Here God is by jou.

Vandag lees ons teks deur die bril van die Adventstyd. Die bril van beloftes. Wanneer Jesus gebore word, is dit ook deel van die aankondiging. Hy is God by ons. Ons leef in God se almagtige geselskap. Christus se koms, waaraan ons in Adventstyd dink, bevestig met vandag se teks God se beloftes van ’n einde aan die oordeel en die begin van ’n lewe in Christus. Dit is die moeite werd om Sefanja 3: 14-20 te oordink en met jou saam te dra as motivering, gebed, troos en gerusstelling.

Ds Denise Schmidt, Jeffreysbaai / Port Elizabeth

Maandag 4 Augustus – Die kerk moet getuig (kerugma)

Handelinge 2: 37-47 Die verkondiging of oordrag van die woord – dit wat die apostels en ander in die gemeente gedoen het – noem ons die kerugma. Dit beteken doodeenvoudig dat hulle dit wat die apostels vir hulle geleer het oor Jesus, geglo het en dat hulle hulle...

read more

Sondag 3 Augustus – Hoe lyk die kerk?

Handelinge 2: 37-47 Diegene wat deel is van ’n kerk (enige kerk), glo graag dat hulle die waarheid beet het, dat hulle die resep het vir kerkwees. Sommige buitestanders/teenstanders/ongelowiges/onverskilliges wat nie deel is van ’n kerk nie, wil weet waarom dit nodig...

read more

Saterdag 2 Augustus – Onderskei die skyn

2 Timoteus 3: 1-17 Ons leef in ’n skynwêreld. Alles gaan oor voorkoms, voorgee. Wanneer mense vir ons vra hoe gaan dit, antwoord ons: Goed, dankie, om die skyn van ons lewens voor te hou. Alles moet goed en reg lyk – die skyn moet voorgehou word, anders loop ons die...

read more

Vrydag 1 Augustus – Elkeen vir homself?

Filippense 2: 1-18 Elkeen vir homself en die duiwel vir die res. Dit is grotendeels die lewensbeskouing van die 21ste-eeuse mens. As jy bo wil uitkom, moet jy vir jouself sorg, want daar is nie tyd, geld of kapasiteit om oor ander besorg te wees nie. Paulus se...

read more

Donderdag 31 Julie – Klop-klop

Openbaring 3 Die boek Openbaring begin met boodskappe van Jesus aan die sewe gemeentes in Klein-Asië. Openbaring 3 bevat die boodskappe aan die laaste drie van die sewe gemeentes: Sardis, Filadelfia en Laodisea. Hoewel hierdie gemeentes redelik naby aan mekaar geleë...

read more

Woensdag 30 Julie – Gee jou hand…

Psalm 84 Wat behels ’n lewe naby aan God? Vir die digter van Psalm 84 is ’n lewe naby aan God ’n lewe in gemeenskap. Daar bestaan nie regtig in Hebreeus ’n woord vir gemeenskap soos ons dit vandag verstaan nie. Die mense van die Bybelse tyd se ganse bestaan was ’n...

read more