Saterdag 14 Februarie – Dit gaan goed met die mens

Psalm 1

Vir bykans alles in die lewe is daar riglyne, van koekbak tot die hoeveelhede kos vir jou hond. Psalm 1 bied vir ons riglyne vir die lewe.

Almal wil gelukkig wees en vrede ervaar. Hoe om hierdie geluk te bereik, word in die Psalm aan die hand van twee groepe die regverdiges en goddeloses verduidelik. Om tot die groep regverdiges te behoort, is daar geen voorwaardes nie en almal is welkom. Tog is daar huisreëls wat bekend staan as die Tien Gebooie. Tog het die Tien Gebooie geen verlossingswaarde nie – jou verlossing word nie bepaal deur hoe getrou jy hierdie riglyne nakom nie, maar die primêre doel is om in God te glo en Hom te verheerlik.

As jy tot die regverdiges hoort, het jy ’n doelbewuste keuse vir God gemaak. Dan is jy voortdurend besig met die woord van God, maar meer nog, jy leef dit! Jy weet dat daar sonder God geen ware, blywende geluk is nie.

Die Psalm waarsku nie verniet teen die goddeloses en sondaars nie. Ons is daagliks omring met mense, maar voel hulle oor God soos ons? Is Hy ook ’n bepalende faktor in hulle lewe of is hulle op die pad van verganklikheid?

In watter groep is jy tuis? Die van die regverdiges of die goddeloses? Almal sal graag in die groep van die regverdiges gereken wil word. Nie omdat ons sonder sonde is nie, maar omdat ons regtig probeer om ons lewe volgens God se Woord in te rig. Ons vind ons vreugde daarin om te doen wat God wil.

Maar wat sal die mense saam met wie ons sit, staan en loop hier teen Donderdag sê wanneer ons moeg en afgemat is? Dat jy steeds ’n boom is wat koelte bied vir ander wat ook moeg is en dat jy steeds vrug dra? Of sal hulle eerder sê jy is soos kaf wat deur die wind in hul oë gewaai word en so gou moontlik uitgewis moet word?

Ds Marissa Kidson, Pretoria-Wes

Saterdag 4 Oktober – ’n Lewende hoop en egte geloof

1 Petrus 1: 3-9 In die teksgedeelte begin Petrus met ’n doksologie of lofprysing. ’n Lofprysing ondanks moeilike omstandighede vir sy lesers. Vir hom is die hoop te vind in die toekoms wat reeds aangebreek het in die hier en nou. Jesus het gesterf, en daarom leef daar...

read more

Vrydag 3 Oktober – Ongebottelde passie

Johannes 4: 27-42 So ’n rukkie gelede het ek saam met iemand gaan koffie drink. Ek kan hom nie anders beskryf nie as iemand met ’n ontsaglike passie vir die Here. Maar hy sê dat hy so ’n rukkie terug rock bottom geslaan het. Op hierdie harde rots of laagtepunt wat hy...

read more

Donderdag 2 Oktober – Kan ek ook deel wees?

Handelinge 8: 26-40 Though FOMO isn’t a diagnosable psychological condition – at least not yet – this phenomenon can directly impact both mental and physical health. While social media can be a big cause of FOMO, it certainly isn’t the only culprit. The feeling of...

read more

Woensdag 1 Oktober – Vuil voete

Johannes 13 Petrus het daardie eerste dag van die Pinksterfees opgestaan en begin preek. Dit het goed gelyk, daar was nogal baie mense. Hy het ’n goeie gehoor gehad, mense van orals in die bekende wêreld. Hy het ’n goeie preek gehad en toe hy klaar gepraat het, het hy...

read more

Dinsdag 30 September – ’n Telos in geloofsgroei

Matteus 14: 13 Telos beteken einddoel of hoogste doel. Vir ’n gelowige is die hoogste doel om die Here te leer ken. Ek wil nader aan God beweeg en ek wil nader aan Jesus kom. Gelowige meditasie, gebed en Bybelstudie is die algemeenste geloofsdissiplines van die...

read more