Maandag 27 Julie – ’n Weduwee se geloof

Markus 12: 38-44 (AFR2020)

In Markus 12 onderrig Jesus die dissipels na aanleiding van sy vroeëre strydgesprekke met die Fariseërs, Sadduseërs en Skrifkenners. Die eerste gedeelte van Jesus se onderrig bevat ’n waarskuwing teen die skrifkenners: Pasop vir die Skrifkenners wat die huise van weduwees verslind! Die tweede gedeelte van Jesus se onderrig bevat ’n voorbeeld van geloof wat eerder nagevolg kan word: Kyk na hierdie weduwee, wat haar hele lewe in die offergawekis ingooi.

Jesus se waarskuwing teen die Skrifkenners spruit uit die toestand van die tempelsisteem van sy tyd. In plaas daarvan dat die tempel ’n plek van aanbidding was, het die leiers van die tempel eer, aansien en status nagestreef. Boonop het hulle die mense ingedoen deur die huise van die weduwees te verslind. Dit het hulle gedoen deur tiendes te eis wat die weduwees nie kon bekostig nie en deur die wanbestuur van weduwees se bates wat aan die Skrifkenners toevertrou is. Die tempelsisteem was gebroke, korrup.

Teenoor die korrupte Skrifkenners, staan die weduwee wat haar laaste paar sent in die offergawekis ingooi. In die Grieks staan daar sy gee haar hele lewe. Maar die weduwee se handeling strek ook dieper. Op grond van Jesus se veroordeling van die korrupte tempelsisteem, is die tragiese werklikheid dat hierdie weduwee haar laaste bietjie lewensonderhoud gee vir ’n stukkende sisteem. Die weduwee se offergawe is ’n illustrasie van sistemiese ongeregtigheid wat aangerig is deur mense wat juis moes omgee. Maar dalk is die weduwee se offergawe tog ook ’n uitdrukking van haar vertroue in God te midde van ’n wêreld wat opgemaak is uit stukkende mense en stukkende sisteme.

Die voorbeeld van die weduwee wil ons tot geloof rig. Geloof wat besef dat wanneer ons alles gee, ons hele lewe as offer aan God gee, dan kan ’n mens ten spyte van ’n gebroke werklikheid vervulling vind. Vertroue in God stel nie teleur nie. Dit weet ons omdat Jesus juis gekom het om stukkende sisteme heel te maak, om die gebroke wêreld te genees en ons verhouding met God te herstel.

Dr Marina Kok-Pretorius, Potchefstroom  

Saterdag 14 Maart – Die vrugte van regverdiging

Romeine 5: 1-11 (AFR53) In ons besige lewens is die strewe na vrede dikwels ’n verre ideaal. Tog verklaar Paulus ’n diepgaande en onmiddellike werklikheid vir diegene wat hul geloof in Christus geplaas het: Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by...

read more

Vrydag 13 Maart – Regverdiging deur geloof

Romeine 4: 1-5 en 13-17 (AFR53) In ’n samelewing wat dikwels klem lê op prestasie en om te verdien wat ons ontvang, is die konsep van vrye gawe byna ontstellend. Hoe word ’n mens dan reg met God? Paulus ontknoop meesterlik menslike pogings om goddelike guns te verdien...

read more

Donderdag 12 Maart – Geestelike blindheid

Johannes 9: 1-41 (AFR53) Wanneer ons met lyding gekonfronteer word, is ons onmiddellike neiging dikwels om die oorsaak daarvan te verstaan, miskien selfs om blaam te plaas. Dit is presies hoe die dissipels gereageer het toe hulle ’n man sien wat blind gebore is:...

read more

Woensdag 11 Maart – Die aanbod van lewende water

Johannes 4: 5-42 (AFR53) In ons moderne samelewing bou ons soms subtiele hindernisse, maak ons aannames oor ander op grond van hul agtergrond of omstandighede. Johannes 4 vertel van Jesus wat by ’n put in Samaria sit en ’n gesprek met ’n Samaritaanse vrou begin....

read more

Dinsdag 10 Maart – Geestelike wedergeboorte

Johannes 3: 1-17 (AFR53) Wanneer iets traumaties met ’n mens gebeur is dit asof jou verstand sukkel om dit te begryp en te glo. In Johannes 3 ontmoet ons Nikodemus, ’n gerespekteerde Fariseër en ’n leier van die Jode, ’n soeker na die waarheid. Hy kom in die nag na...

read more