Dinsdag 16 Desember – Bekering! Ernstig en dringend
Lukas 3: 7-18
Vandag se teks nooi ons uit om te dink oor die waarde van ’n nuwe lewe deur ons verbintenis aan God. Die enigste manier om die oordeel wat kom vry te spring, is om die nuwe lewe in God aan te gryp. ’n Lewe wat getuig van God se regering en koningskap. Dit tref hoe Lukas die roeping van Johannes beskryf as dat die woord van God tot Johannes gekom het (Luk 3: 2). Johannes se prediking is ernstig en wys sy gehoor daarop dat hulle seggenskap op hul tradisie en geskiedenis met Abraham nutteloos sal wees juis omdat God mense soek wat van harte verander het. Die hartklop van Johannes se belydenis is dat Christus die Verlosser is. Al die waarskuwings en vertellings in Johannes se prediking het mense nuuskierig gemaak. Dalk is Johannes die Verlosser, dalk is Johannes die een oor wie geprofeteer is? Johannes bely dat slegs Jesus die Here is. Hy is sy “meerdere” en Johannes is nie waardig om eens sy skoene los te maak nie.
Om die dringendheid van die oordeel asook die nodigheid vir bekering te demonstreer, gebruik Johannes twee beelde: die byl wat reeds teen die boom lê om dit enige tyd af te kap, en dié van vuur.
Tog was daar mense wat die evangelie aanvaar het. Die reaksie daarop is dat mense in groot getalle uitgegaan het om deur Johannes gedoop te word. Dit is goeie nuus. Die evangelie val nie op dowe ore nie. Die boodskap van hoop en bekering, van vergifnis en nuwe lewe, het ’n groot hoeveelheid mense se harte aangeraak.
Hoor ons nog die evangelieboodskap? Of vra ons vrae, betwyfel die inhoud, soek ander opsies, redenaar saam met die wêreld en reduseerdie evangelieboodskap? Ons lewens getuig ook van vasval. Ons is ongehoorsaam en doen dinge wat ons op ons knieë dwing. Tog praat die Heilige Gees telkens weer met ons en kan ons deur bekering reageer. Getuig ons vrugdra van versoening met God, mededeelsaamheid, medemenslikheid, eerlikheid, liefde, verantwoordelike optrede, naasteliefde en tevredenheid?
Ds Denise Schmidt, Jeffreysbaai / Port Elizabeth
Dinsdag 29 Julie – Toegerus met God se Gees
Joël 1-3 Ons leef in ongekende tye. Die wêreld is besig om rondom ons te verval. Die ekonomie verswak, met al die gevolge van armoede en misdaad wat dit meebring. Daarmee saam is korrupsie, geweld en uitbuiting aan die orde van die dag. Morele waardes verval. Ons...
Maandag 28 Julie – Die Jona in ons
Jona 3-4 Die verhaal van Jona is ’n onderstebo-verhaal vol onverwagse gebeurtenisse en verrassings. Jona se verhaal lewer op ’n ironiese wyse kritiek op ’n bepaalde verstaan van God en geloof. Dit wil kritiek lewer op gelowiges se selfsug en selfgeregtigheid wat agter...
Sondag 27 Julie – Wurm of skoenlapper?
Romeine 12: 1-21 Die proses van metamorfose beskryf die lewensiklus van ’n vlinder vanaf wurm tot skoenlapper. Romeine 12 praat van gelowiges in terme van ’n proses van metamorfose. In vers 2 lees ons: Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat...
Saterdag 26 Julie – Die rol van die Heilige Gees in God se kerk
1 Korintiërs 12 Terwyl die kerk op aarde besig is om haar opdrag uit te voer om dissipels van alle mense te maak, is dit die Heilige Gees wat die groot werk in gelowiges doen. Dit is Hy wat mense oortuig om te glo. Hy trek mense wat glo in die liggaam van Christus in....
Vrydag 25 Julie – Die werk van die Heilige Gees
Johannes 16: 5-15 Die Heilige Gees kom na gelowiges toe om hulle te troos en dinge anders te laat verstaan. In hierdie stadium is die dissipels bang en onseker. Dit lyk vir hulle asof hulle voortdurend aan die kortste end trek en asof onregverdigheid hul grootste...
Donderdag 24 Julie – As jy in ’n verhouding met God is, is jy ook in ’n verhouding met Jesus Christus en die Heilige Gees
Johannes 14: 15-17 Voordat Jesus in die hemel opgeneem word, maak Hy eers seker dat sy dissipels ’n paar goed verstaan. Een van die sake is dat liefde vir Jesus ook impliseer dat ’n mens gehoorsaam sal wees aan sy opdragte. Anders as wat die gelowiges tot dusver...