Donderdag 12 Februarie – Laat julle lewe aan die Here oor
Psalm 37: 1-5 en 23-26
Ons hou daarvan om in beheer te wees van ons finansies en sukses asook ons huishouding. Sommer van ons lewe. Daar is niks wat die appelkar so gou omkeer as wanneer ’n dag of selfs die lewe nie uitspeel soos ons dit beplan het nie.
Dan lees ’n mens ’n psalm soos Psalm 37 wat sê: Laat jou lewe aan die Here oor (Ps 37: 5). Jy het lus om vir Dawid te sê dat dit nie so eenvoudig is nie. Hy ken nie ons omstandighede nie en sien nie hoe ver die Here van ons af is nie. Tog is daar niemand beter as Dawid om hierdie boodskap oor te dra nie, want hy het eerstehandse ervaring van God se nabyheid en genade.
Omdat jy in beheer wil wees, maak jy altyd planne en soek uitkoms. Ook wanneer dit met jou swaar gaan, wil jy alleen die stryd stry. Jy wil nie hê ander moet weet jy kry swaar nie, want swaarkry word dikwels geassosieer met swakheid. In jou swaarkrytye is jy baie keer ver van God af want jy is so besig om planne te maak, om ’n uitweg te soek en te stoei met jou omstandighede dat jy nie eers na sy wil vra nie. Jy soek konkrete sekuriteit en ’n tydlyn van hoe lank die sukkel of swaarkry gaan duur.
Tog, wanneer jy jou lewe aan die Here oorlaat en op Hom vertrou, het jy versekering wat vir jou van onskatbare waarde is. Sekuriteit wat geen geld vir ons kan koop nie. As jy gekonfronteer word met die gevolge van moord en doodslag, roof en geweld moet jy nie aanvaar dat die Bose tog maar sy sin gekry het nie. Jy moenie vir ’n oomblik glo dat jy weerloos staan nie Jy moenie in jou sukkeltye moed verloor of boedel oorgee nie. Nee, want dieselfde God wat lank gelede al vir die psalmdigter en deur die psalmdigter vir gelowiges gesê het: Laat julle lewe aan die Here oor, rig daardie selfde uitnodiging vandag aan jou,
Ds Marissa Kidson, Pretoria-Wes
Dinsdag 23 September – Die ewige debat: Godsdiens en die wetenskap
Psalm 19: 6-7 Sodra die Bybel begin praat oor die natuurlike wêreld, word daar onmiddellik ’n spanning geskep binne ons wetenskaplike wêreldbeskouing. Party mense lees die woorde van vers 6 oor die son wat soos ’n bruidegom uit sy slaapkamer hardloop as niks meer nie...
Vrydag 19 September – Kyk op, en probeer die sterre tel
Jesaja 40: 26 (Die Bybel vir almal) Kyk op. Wie het die sterre gemaak en wie het gesê hoeveel sterre daar moet wees? Wie het vir elke ster ’n naam gegee? Hulle is almal daar omdat Ek die God is wat kan doen wat Ek wil doen. Die sterrehemel is besaai met sterre en die...
Donderdag 18 September – Kwartels en manna is ook kos
Eksodus 16 Honger laat ’n mens vreemde dinge doen. Ook die Israeliete het iets hiervan beleef ná die euforie van die uittog uit Egipte. Skielik is die wonderwerk van God met hulle vergete. Hulle is honger en verlang na die vleispotte van Egipte. Pleks dat hulle hul...
Woensdag 17 September – Mosterdsaadgeloof
Lukas 17: 5-10 (AFR2020) Dikwels gebruik Jesus beelde vanuit die natuur wanneer Hy na geloof en navolging verwys. In Lukas 9: 57-62 reageer Jesus op die stelling Ek sal U volg. Jesus antwoord: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van...
Dinsdag 16 September – Dans van die flaminke
Levitikus 11: 13-18 (AFR2020) Wie onthou die radiovervolgverhaal Dans van die flamink wat later ’n fliek geword het? Telkens kom dit by my op wanneer ek op my staptog die flambojante skouspel van die grootflaminke in die Milnerton-strandmeer sien. Die verskyning van...
Maandag 15 September – Die rooilug kondig aan…
Matteus 16: 1-4 Seelui het die gesegde: Red skies in the morning, sailors warning. Red skies at night, sailors delight. Hierdie wysheid was ook onder die Jode van die eerste eeu ná Christus bekend. Die lug is rooi in die aand wanneer stofdeeltjies in die atmosfeer...