Woensdag 11 Februarie – Die evangelie is vir almal wat glo
Lukas 4: 21-30
Jesus het in ’n sinagoge in Nasaret gepreek. Die mense was eers beïndruk met Jesus se prediking, maar dit het spoedig verander. Jesus se gehoor het verwag dat Hy ook vir hulle wonderwerke sal doen soos wat Hy elders gedoen het. Nie net verwag hulle dat Jesus wonderwerke in Nasaret sal doen omdat Hy van daar af kom nie, maar ook sodat hulle met hul eie oë kan sien dat Hy werklik die Messias is.
In plaas van wonderwerke doen, onbtloot Jesus hul ongeloof met twee voorbeelde uit die Ou Testament: Eers verwys Jesus na Elia en die weduwee van Sarfat. God het Elia nie na ’n Israelitese weduwee toe gestuur nie maar ’n heidense vrou (1 Kon 17: 8 – 16). In die tweede voorbeeld gebruik Jesus vir Elisa en Naäman die Siriër. God het ’n Siriër en nie ’n Jood nie genees (2 Kon 5:1 – 14).
Jesus se boodskap is duidelik: God se genade is vir almal wat glo en nie net beperk tot Israel nie.
Almal in die sinagoge is woedend omdat Jesus hulle geestelik ontmasker het. Hulle glo dat Jode outomaties die Here se guns verdien, maar Jesus sê vir hulle dat God genade bewys aan diegene wat in Hom glo – maak nie saak wat jou herkoms is nie. Die evangelie is juis vir hulle wat hul eie behoefte aan genade erken.
Jesus het Nasaret verlaat omdat hulle Hom verwerp het, maar Hy stap steeds in ons midde en bied steeds sy genade vir ons aan. Aanvaar ons Hom in geloof en met nederigheid? Of verwerp ons Hom omdat sy boodskap nie by ons idees en verwagtinge aansluit nie en ons op so ’n wyse onsself van Hom vervreem?
Mag ons nooit te trots wees om sy genade te aanvaar nie. Mag ons nederig bly glo en God se seën ontvang, want die evangelie is vir almal wat glo!
Ds Marissa Kidson, Pretoria-Wes
Sondag 14 September – Branders wat breek en blaas
Psalm 93 Met trompetgeskal word die koms van die Koning aangekondig. Die dag van die Here word met die ramshoring aangekondig. In hierdie Psalm word gefokus op God as die Skepper en Onderhouer van die skepping. Hy regeer. Hy is Koning. Kenmerkend is sy majesteit,...
Saterdag 13 September – Dit is elke môre nuut
Klaagliedere 3: 22-23 (AFR53) Ons teks bring ’n boodskap van hoop en vertroosting te midde van swaarkry: ...dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot (verse...
Vrydag 12 September – God se grootheid
Psalm 104 (AFR53) Psalm 104 besing God se grootheid in sy skepping. Dit begin met ’n oproep tot lofprysing: Loof die Here, o my siel! Here my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed (vers 1). Hierdie vers herinner ons dadelik aan God se...
Donderdag 11 September – As ons u werke aanskou
Psalm 8 Psalm 8 is ’n pragtige lied van Dawid wat ons herinner aan die majesteit van God en die wonder van sy skepping. Dit begin en eindig met dieselfde lofprysing: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde. Dawid se verwondering oor God se...
Woensdag 10 September – Weet jy nie?
Jesaja 40: 28 (AFR53) Hierdie vers is deel van ’n groter gedeelte waarin die profeet Jesaja God se grootheid en krag beskryf om die moed en hoop van sy volk te versterk. Die volk van Israel was in ballingskap en het gevoel dat God hulle vergeet het. Jesaja herinner...
Dinsdag 9 September – Liefde, liefde, liefde
1 Johannes 4: 7-21 Die meeste van ons sukkel om die begrip liefde ten volle te begryp. Selfs in Jesus en Johannes se tyd was dit so. Die woord liefde (agape) kom 29 keer in hierdie kort verse voor. Dis duidelik waaroor hierdie verse gaan. Liefde. Ongelukkig is liefde...