Sondag 14 Desember (Derde Adventsondag/Gelofteviering) – Sy koms bring blydskap

Jesaja 61: 1-4 en 8-11

Op die derde Sondag van Advent word die Adventkers, wat vreugde of blydskap simboliseer, aangesteek. Die koms van Christus wek inderdaad blydskap en opgewondenheid by ons en vra vir uitbundige lofprysing ten spyte van ’n gebroke wêreld. Jesaja 61 verwoord iets van hierdie vreugde en verkondig die blye boodskap dat die dag van die Here naby is, ’n Dag wanneer droefheid in vreugde verander gaan word, en hartseer in blydskap. Die troos wat hier vir gebrokenes aangekondig word, is ’n Goddelike troos, dit maak ’n daadwerklike verskil aan die mense én hul omstandighede. Dit was Israel ná die ballingskap: gebrokenes van hart. Hulle het in ballingskap na goeie nuus gesmag. Hulle het moontlik na hul land teruggekeer met drome van en hoop op ’n gelukkige en goeie lewe, maar die stede en dorpe was puinhope. Landboutoestande was ellendig. Goeie nuus het in leë drome verander.

Daarom stuur God sy profeet met ’n blye boodskap aan die mense in nood: ’n hartswoord. Hy sê: Ek is by julle; Ek sal ’n verskil maak aan jul nood. Dit is die bewoë God wat praat in Jesaja 61 en wat méns geword het in Jesus van Nasaret. God wat elke gebroke hart raaksien.

Hoe lyk die gebrokene van hart in jou lewe en omgewing? Hoe klink die woorde waarmee ons vertroos: Jy moet dit aanvaar en leer om daarmee saam te leef. Wat sê ons eintlik daarmee? Is dit geloofstaal? Daar is geen herstel en antwoord vir ’n krisis nie. Maar God sien elke gebrokene van hart en reageer met krag.

As daar een ding is wat Advent ons leer, wat ons moet leef en wat die kruis op Golgota nog duideliker sê, dan is dit: God aanvaar nié dat ons harte gebreek moet wees, dat ons platgeslaan moet word deur die lewe nie. God genees die stukkende hart, Hy tel die platgeslane mens weer op. Waag dit gerus om met blydskap in die Here te leef, want God bring genesing. God sien elke gebroke hart raak.

Ds Denise Schmidt, Jeffreysbaai / Port Elizabeth

Donderdag 17 Julie – Die krag van die Gees

Handelinge 1: 8 (AFR2020) Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde. Net voor sy hemelvaart bemagtig Jesus sy dissipels en gee aan...

read more

Woensdag 16 Julie – Die vrug van die Gees

Galasiërs 5: 22-23 (AFR2020) Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen hierdie soort dinge is daar nie ’n wet nie. Paulus onthul hier die kenmerke wat sigbaar word in die...

read more

Dinsdag 15 Julie – Die Gees en ons swakheid

Romeine 8: 26-27 (AFR2020):J  So kom die Gees ons in ons swakheid tot hulp, want ons weet nie mooi waarvoor ons behoort te bid nie; maar die Gees tree self vir ons in met versugtinge wat nie verwoord kan word nie. Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van...

read more

Maandag 14 Julie – Die Gees van waarheid

Johannes 16: 13 (AFR2020) Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak. Die Heilige Gees, as die...

read more

Sondag 13 Julie – Die Heilige Gees ons inspirasie

Johannes 14: 26 (AFR2020) Maar die Voorspraak, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle in alles onderrig en julle aan alles herinner wat Ek vir julle gesê het. Jesus belowe die gawe van die Heilige Gees aan sy dissipels. Hy verwys na Hom as...

read more

Saterdag 12 Julie – Kunswerk

2 Korintiërs 4: 5-10 Om te sê iemand het voete van klei, is nie ’n kompliment nie. Die beeld van klei word in verskeie Bybelverhale gebruik, soms positief, soms nie. God skep Adam uit klei – ’n verhaal van lewe. In Jeremia is God die pottebakker en die mens soos klei...

read more