Dinsdag 10 Februarie – Jesus voorsien in oorvloed
Johannes 2: 1-12
Jesus, sy moeder en die dissipels is gaste by ’n bruilof in Nasaret. Iewers tydens die week se feesvieringe het die wyn opgeraak. Vir die bruidegom se vader was dit nie net ’n groot krisis nie, maar ook ’n verleentheid. Nie net sou hy sy familie in die skande steek nie, maar die mense sou begin wonder of die seun werklik vir die bruid sal kan sorg.
Gelukkig het Jesus se moeder bewus geword van die gasheer se probleem en dat iets daaraan gedoen moet word. So nader Maria vir Jesus vir sy hulp, maar sy antwoord is verrassend toe Hy vir haar sê dat sy tyd nog nie gekom het nie. Asof daar ’n plan of skedule was wanneer Hy Homself as Seun van God kan openbaar.
Tog het Jesus toe die water in wyn verander. Sommer baie wyn – ses klipkanne vol. Boonop was dit lekker wyn. Die seremoniemeester was selfs vol komplimente omdat die beste wyn vir laaste gehou was.
Uit hierdie gelykenis of eerder teken soos Johannes dit beskryf, leer ons iets van Jesus ken. Hy is ’n Man van oorvloed –oorvloed liefde, genade en sorg. Ja, Jesus het gekom sodat ons ook die lewe in oorvloed kan hê.
Wat maak ons met hierdie lewe? Betoon ons ook liefde, sorg en deernis met ander soos Jesus? Help ons ook ander in hul nood soos Jesus die gasheer in sy nood en verleentheid gehelp het en staan ons steeds in verwondering oor Jesus se teenwoordigheid en wonders in ons lewe?
Gebed
Dankie Here dat U vir ons lief is en weet wat ons nodig het. Dankie vir U oorvloedige genade wat ons daagliks so onverdiend uit u hand ontvang. Leer ons Here om ook deernis met ander te hê en wanneer ons ander help, dit sonder bybedoelings sal wees.
Ds Marissa Kidson, Pretoria-Wes
Maandag 8 September – Wat gee ons vir ander te ete?
Genesis 3: 1-7 Vandag draai ons ons aandag na Genesis 3: 1-7 waar ons die verhaal van Adam en Eva in die tuin van Eden herontdek. Hierdie heilige ruimte vol oorvloed en skoonheid is ’n simbool van God se goedheid en voorsiening. Hier, te midde van die prag van die...
Sondag 7 September – God se goedheid en verlossing
Psalm 34 (AFR53) Psalm 34 is ’n lied van Dawid. Dit begin met ’n vreugdevolle verklaring: Ek wil die Here altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees (vers 2). Dawid se woorde herinner ons aan die belangrikheid van voortdurende dankbaarheid en lofprysing, ongeag...
Saterdag 6 September – ’n Nuwe lewe deur Christus se opstanding
1 Petrus 1: 3-5 Op ’n foto in ’n koerant sien ek ’n tyd gelede ’n merkwaardige gesig. Op die agtergrond sien ’n mens ’n ruïne. Russiese tenks het ’n klein dorpie in Tsjetsjnië feitlik heeltemal verwoes. Op die voorgrond stap daar egter ’n sewejarige seuntjie en...
Vrydag 5 September – Nuwe lewe in die woestyn
Genesis 16: 1-16 Hagar is ’n swanger meisie in die woestyn. Haar jong en ongelukkige lewe is op ’n absolute laagtepunt. Haar lewensgeskiedenis tot op hierdie punt lees soos ’n nagmerrie: As jong, waarskynlik tienermeisie, deur haar Egiptiese ouers aan die vermoënde...
Donderdag 4 September – Die belofte van die opgerolde doek
Johannes 20: 1-10 Die grootste van alle voorbeelde van nuwe lewe in die ganse Skrif, is natuurlik die beskrywings van die opstanding van Jesus Christus, ons Here! In die Johannes-weergawe is daar ’n interessante en veelseggende verwysing dat met Simon Petrus se...
Woensdag 3 September – Die krag van behalwe
2 Konings 4: 1-7 Die vrou is in die slegste moontlike posisie vir ’n vrou in die Ou Nabye Oosterse wêreld. ’n Weduwee wat op die punt staan om haar twee seuns as slawe aan skuldeisers af te staan. Sy bekla haar lot by die profeet Elisa. In die gebeure wat volg, Iê die...