Saterdag 13 Desember – Dit gaan sleg met God se mense

Jesaja 62: 1-12

Dalk kom dit vir jou as ’n bietjie van ’n skok as jy hier lees dat dit sleg gaan met God se mense. Mense raak nie siek omdat hulle groter sondaars is as ander nie. Hulle kom nie ongelukke oor omdat hulle swakker gelowiges is nie. Die waarheid is: Ook ons as gelowiges lewe in ’n stukkende wêreld, wat deur die sonde en verkeerde keuses opgemors is. Geloof is nie ’n waarborg dat dit altyd net goed sal gaan nie.

Dit is hoekom Jesaja vra: Wat maak jy in sulke tye, as jy so hulpeloos en hopeloos voel, en nie weet watter kant toe nie? Jesaja se antwoord: Ek sal nie stilbly nie. As dit om my donker raak, sal ek myself en ander aanhou herinner aan God se beloftes. Dit is soos die wagte wat God self op die stadsmure aanstel. Hulle is daar om wag te staan, maar ook moet hulle die heeltyd God se mense herinner om tog nooit God se beloftes te vergeet nie. Ware geloof is om aan te hou om aan God se beloftes vas te hou, al sien ek nog niks daarvan nie, selfs al skreeu my omstandighede daarteen. Geloof is om te weet: Ek is veilig in God se hand.

Jesaja sê ook jy moet die Here aan sy eie beloftes herinner. Dit is nie ter wille van God dat jy Hom aan sy beloftes moet herinner nie. Dit is ter wille van jouself. Jy het nodig om met God te praat, om telkens weer sy beloftes vir jouself toe te eien, dit deel van jou te laat word. Sodat dit jou deur enige krisis kan dra.

Watter verskil sal ons nie dan aan ons Kersfeesvierings maak nie as ons regtig onsself en almal om ons aanhou herinner aan God se liefde en sy beloftes? Die belofte wat vervul is in Jesus Christus. Moet nooit ophou nie. Moenie moed verloor nie. Ons God is getrou.

Ds Frikkie van Wyk, Montana-Oos

Vrydag 11 Julie – Shalom

Psalm 15 Wie bewustelik in God se nabyheid lewe en deur God aangeraak voel, ervaar ’n heel besondere soort vrede. Die Hebreeuse woord vir vrede, shalom, gaan oor méér as ’n gebrek aan stryd of konflik. Dit dui op ’n diepe vrede, rus na liggaam en siel. Dit is ’n...

read more

Donderdag 10 Julie – Sien jy?

Matteus 14: 22-33; Handelinge 8: 14-25 Nie net jongmense het rolmodelle nodig nie, volwassenes ook. Want ons moet besluit watter soort mens ons wil wees in die lewe. Ook vir die geloofsreis soek ons rolmodelle. Hulle kan gewone mense óf karakters uit die Bybel wees....

read more

Woensdag 9 Julie – Bedaar

Psalm 46 By die Jan Smuts-huis in Centurion, aan die begin van die wandelpad, is ’n gedenkplek gebou. ’n Plek van stilte. ’n Plek vir meditasie. Met ’n dak, pilare en sitplek, die sykante oop na die mooi natuur. Op die gedenksteen die teks uit Psalm 46: Word stil en...

read more

Dinsdag 8 Julie – Kragtige werkinge

1 Korintiërs 12: 4-11 Ons bely die Drie-enige God: Skepper, Verlosser en Gees. Ons lewe in die bedeling van die Gees. Paulus beskryf die gawes van die Gees ook in die vorm van ’n drie-heid en eenheid: verskillende gawes, maar een Gees; verskillende dienste, maar...

read more

Maandag 7 Julie – Gemaak om te vlieg

Handelinge 2: 36-39 Petrus se preek raak die hoorders. Eers skrik hulle. Kyk hoe lyk die wêreld. ’n Onskuldige mens, Jesus, is doodgemaak. Het die magte van die wêreld dan gewen? Hulle vra: Wat moet ons doen? Dit verwoord hul verlange na iets anders. Dan kom hulle in...

read more

Sondag 6 Julie – Volwasse geloof

1 Korintiërs 2: 6-16 Die Apostoliese Geloofsbelydenis beskryf God as die Skepper en brei uit oor Jesus. Dan volg net: Ek glo in die Heilige Gees. Verder niks. Selfs oor die kerk word meer gesê. Ook die Bybel vertel baie meer oor God en Jesus as oor die Gees. Daar is...

read more