Vrydag 12 Desember – Watter geskenke gee ons hierdie Kersfees vir mekaar?
Filippense 1: 3-11
Die kenmerk van ’n gesonde gesin met geloofswaardes is dat so ’n gesin se lewenswandel met die evangelie van Christus ooreenstem. Dit is waartoe Advent die kerk van Christus oproep: om uit dankbaarheid vir wat Christus gedoen het, eensgesind te wees. Ons gee hierdie tyd van die jaar baie geskenke vir mekaar. Wat sou die beste geskenk wees? Die geskenk wat ons kan gee, is om onbeskaamd lief vir die Here te wees. Daarom is dit dalk nodig dat die bedoeling van Paulus se gebed ook deel sal word van ons praktiese geloofsgeskenke wat ons hierdie Kerstyd gaan uitdeel:
Kom ons bid altyd met blydskap vir mekaar. Kom ons werk saam aan die verkondiging van die evangelie. Kom ons wys aan mekaar hoe om met sagte oë na ander te kyk. Kom ons leer mekaar dat Christus alles en in almal is. Kom ons bid dat ons liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat ons die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom.
Die liedjieskrywer Rudi Claase se lied Vingers en voete dra iets van hierdie boodskap oor:
Ons vingers moet voel hulle moenie net raak nie.
Ons voete moet swerf anders maak ons nie saak nie.
Wat in die wêreld is liefde as ons stil sit?
Waarvoor is vingers en voete dan daar
as ons sit agter mure en niks ooit ervaar nie?
Wys aan jul kinders dat lewensgeluk begin by liefde vir die Here. Sonder liefde is daar geen lewensvreugde nie (Spr 1: 7). Wys jou kinders hoe om onvoorwaardelik lief te hê. Wys hierdie Kersfees aan mekaar hoe om as gesin die Here met toewyding te dien. Skep spangees, ’n hegte eenheid binne die gesin. Wys aan mekaar dat ’n verhouding met die Here ’n belangrike plek in jul lewe het en dat om saam met ander gesinne te aanbid, ’n Bybelse opdrag is. Die beste geskenk wat ons vir mekaar kan gee, is geloof wat prakties gemaak word deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart, een in strewe.
Ds Frikkie van Wyk, Montana-Oos
Saterdag 5 Julie – Geesdriftig toegerus (7) – as predikant
2 Timoteus 4: 1-9 Ek beveel jou voor God en voor Christus Jesus wat die lewendes en die dooies sal oordeel, ek beveel jou met die oog op sy koms en sy koningskap: verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld...
Vrydag 4 Julie – Geesdriftig toegerus (6) – as ouderling
Handelinge 20: 17-38 Pas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters ’n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun (Hand 20: 28). Wat is ’n...
Donderdag 3 Julie – Geesdriftig toegerus (5) – as diaken
Handelinge 6: 1-8 Die voorstel het by al die gelowiges byval gevind, en hulle het Stefanus gekies, ’n man met ’n vaste geloof en vol van die Heilige Gees... (Hand 6: 5). Ons staan ’n bietjie stil by die besonderse ampte wat die Here vir sy kerk gee, naamlik diaken,...
Woensdag 2 Julie – Geesdriftig toegerus (4) – as koning
Hebreërs 12: 1-12 Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle ’n stryd om lewe of dood geword het nie (Heb 12: 4). Wat is die take van ’n koning? ’n Koning moet met wysheid sy gebied en onderdane bestuur en beskerm. Ons Koning, Jesus...
Dinsdag 1 Julie – Geesdriftig toegerus (3) – as priester
Romeine 12: 1-8 Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen (Rom 12: 1). Priesters in die Ou Testament se taak was om te offer, te bid en die volk te seën. Dit alles was...
Maandag 30 Junie – Geesdriftig toegerus (2) – as profeet
Jeremia 1: 4-8 Toe sê die Here vir my: Jy moenie sê: “Ek is te jonk” nie. Jy moet gaan na wie toe Ek jou ook al stuur, en alles wat Ek jou beveel om te sê, moet jy sê (Jer 1: 7). Wat is ’n profeet? ’n Profeet is iemand wat deur God geroep is om sy wil en woord aan...