Maandag 9 Februarie – God kies en roep
Markus 1: 16-20
Vissers was doodgewone mense wat hard gewerk het om vir hulle en hul families te kon sorg. Jesus ontmoet hulle met ’n boodskap: Volg My, en Ek sal jou ’n visser van mense maak (Mark 1: 17)!
Volg my!, was die eerste opdrag. Toe Jesus vir hierdie manne sê om Hom te volg, het Hy nie bedoel gaan groet eers jou familie of maak klaar waarmee jy besig is of as jy lus is om dit te doen nie. Jesus het bedoel: los alles waarmee jy besig is en kom nou dadelik saam met My. Hierdie manne sou saam met Jesus deur die land reis.
Wanneer jy iemand volg, begin jy later soos daardie persoon dink en optree. Jy word amper daardie persoon se skaduwee. Toe Jesus sê: Volg My, wou Hy gehad het die dissipels moet soos Hy versorg, soos Hy liefhê en omgee.
Christene is mense wat ook op Jesus se roep reageer en sy volgelinge word, maar hoe vang jy vis? Ervaar mense iets van Jesus se liefde en warmte by jou? Prikkel dit hul belangstelling om nader te kom en te kom kennis maak? Of span jy eerder jou nette om vreemdes uit te hou en weg te hou? Of laat sak jy jou nette om meer mense in te laat net soos vissermanne visvang?
Skuif jy alles wat God se plek in jou lewe ingeneem het, opsy sodat jy weer sy stem kan hoor en lééf volgens sy wil? Jesus het tog nie van ’n afstand af na mense omgesien en hulle lief gehad nie. Nee, Hy was saam met hulle.
Mense is geneig om te vra wat kan Jesus vir my doen – draai bietjie die vraag om, wat kan ek bied. Dit is eers wanneer jy van jouself gee, wanneer jy dien wat die geloofsvlam begin brand. Dan hoor en sien jy hoe God wil hê jy ’n visser van mense moet wees.
Mag ons keer op keer God se opdrag hoor en dit waarmee ons besig is neerlê en Hom volg!
Ds Marissa Kidson, Pretoria-Wes
Donderdag 28 Augustus – Hoop kyk terug voordat dit vorentoe beweeg
Sagaria 9: 9-12 In Sagaria 9 kom die koning nederig en op die rug van ’n donkie as oorwinnaar na die volk toe. Die koning kies spesifiek vir die donkie. Hierdie koning kies teen die mag van die perd, strydwa, pyl en boog. Hy is ’n vredeskoning. Hy verbreek die ellende...
Woensdag 27 Augustus – Is die gejaag die moeite werd?
Lukas 12: 13-21 Hierdie boer het ’n groot probleem – sy houding is verkeerd. Dit gaan vir hom oor die ek wat dit en dat sal doen, die ek wat sal afbreek, die ek wat sal opgaar en die ek wat vir myself sal sê dit gaan goed want ek besit baie dinge. Dit gaan vir die...
Dinsdag 26 Augustus – Jy leef wat binne jou is, nie rondom jou nie
Efesiërs 5: 6-20 Paulus praat oor hoe ons moet leef. In die eerste gedeelte van die brief vertel hy wie gelowiges ís in Christus. In die tweede deel van die brief, waaruit ons teks kom, praat hy oor hoe ons moet leef. Die brief begin by ons identiteit, en gaan dan...
Maandag 25 Augustus – As vergifnis geen einde ken nie…
Matteus 18: 21-35 Ek en jy hou nie daarvan as iemand ons op ons foute wys nie. Ek en jy hou nie daarvan om te erken dat ons mense deur ons optrede in die steek gelaat het nie. En om vergifnis te vra, is moeilik en vernederend. Om iemand te vergewe, is net só, indien...
Sondag 24 Augustus (Herdenking van Bartolomeusnag) – Uit u hand kom alles wat mooi is
Psalm 16 Wat maak jy met al die on-woorde in jou lewe? Wat maak jy met woorde soos ontevrede, onvergenoegd, ongelukkig en onseker? Teen die agtergrond van Dawid se inspirerende woorde in Psalm 16, is dit beslis ’n vraag wat ons onsself eerlik moet afvra. Iewers in ons...
Saterdag 23 Augustus – Die geloofsgemeenskap se bymekaarkom is heilig
1 Korintiërs 11: 12-22 Die Nagmaalbyeenkomste is veronderstel om gewyde byeenkomste te wees, geleenthede waar almal met hul andersheid in hul geloof versterk word; dit het ten doel om die onderlinge samehorigheid en eenheid terselfdertyd op te bou. Vanweë die uiterste...