Donderdag 11 Desember – Leef in vreugde terwyl jy wag
Filippense 4: 2-9
Filippense 4 is waarskynlik een van die bekendste en mooiste tekste in die Bybel wat handel oor blydskap. Dit is tog jammer dat spanning binne die gemeente hierdie vreugde en blydskap steel. Euodia en Sintige is in onvrede met mekaar. Daarom vermaan Paulus die twee vroue dat die bediening skade lei as gevolg van hul onmin met mekaar.
Dalk het ons almal hier teen die einde van die jaar iets nodig om ons weer ’n bietjie krag te gee. Om ook ons lewe en verhoudings weer op dreef te kry. Ons word deur die teks gevra om in alle omstandighede met vreugde en blydskap te leef. Of dit nou goed gaan en of ons swaarkry, ons moet die heeltyd bly wees in die Here. Hoekom moet ons bly wees? Want die Here se tweede koms is naby! Ons kan nie maar leef, dink en doen soos ons dit goed vind nie. Ons moet leef met die wete dat die Here naby is. Dít moet die deurslag gee ten opsigte van elke ding wat ’n Christen is, dink, sê en doen. Daardie wete dat Jesus naby is, moet soos ’n vuur in my daaglikse lewe brand. Jesus se tweede koms gee my moed om voort te gaan, en dit bied troos midde-in ons lyding.
Paulus skryf hierdie woorde terwyl hy in die tronk opgesluit is. Nogtans is Paulus bly in die Here, want die Here is naby. En hierdie teenwoordigheid van die Here behoort ook elkeen se gedrag teenoor mekaar te bepaal. Die vraag is: Bepaal die Here se nabyheid ook ons denke, woorde en dade?
Deur gebed en danksegging kom daar weer krag in ons lewe om met vreugde te leef. Die Here word so weer toegelaat om totale beheer oor jou lewe te verkry, en jy kan Hom met jou lewe vertrou. Gebed help jou om jou denke doelbewus met goeie en opbouende gedagtes te vul. Gedagtes wat geloofwaardig, prysenswaardig en inspirerend is. Wanneer ons hierdie dinge noukeurig navolg, gaan ons vreugde en blydskap deur die teenwoordigheid van God se vrede beleef.
Ds Frikkie van Wyk, Montana-Oos
Sondag 29 Junie – Geesdriftig toegerus (1) – gesalf deur die Heilige Gees
1 Johannes 2: 18-27 Julle is egter deur die Heilige Gees gesalf, en julle ken almal die waarheid (1 Joh 2: 20). Wat beteken dit as iemand gesalf is? In die Ou Testament is profete, priesters en konings gesalf met ’n reukolie wat nie net op ’n persoon se kop geplaas is...
Saterdag 28 Junie – Ook in Afrikaans hoor ons die Woord
Handelinge 10: 34-48 Taal word beskou as die belangrikste kenmerk van die mens en sy bestaansgang. Ons ganse bestaan met sy instellings word aan die hand van taal ingerig, of dit nou skoolonderrig, die kerklike verkondiging of die staat se wette en prosesse is. Taal...
Vrydag 27 Junie – Die Gees omvorm die chaos
Genesis 1: 1-2 Verdeeldheid en verwarring is kenmerkend van ons ons tyd en wêreld. Enersyds is ons daagliks getuie van die verdeeldheid tussen volke en state, godsdienste en selfs kerke. Van ’n verbrokkelende wêreld neem ons eweneens kennis. Die stryd tussen...
Donderdag 26 Junie – Ons Helper leer ons
Johannes 14: 15-26 Ongeveer 60 jaar na Jesus Christus se aardse werk klink die Evangelie van Johannes en die vraag: Wie is Jesus? Hierop volg ’n erkenning of ontkenning dat Jesus die Messias is. Vir gelowiges is dit nie maklik om aan die belydenis getrou te bly nie,...
Woensdag 25 Junie – Gees van Christus
Johannes 20: 19-31 Ontvang die Heilige Gees! (Joh 20: 22). Dié woorde van Jesus Christus volg op sy verskyning aan die dissipels in Jerusalem. Dit is woorde wat Hy as opgestane Here aan ’n klein groepie manne rig. Wie die woord spreek, wie dit ontvang en wat gesê is,...
Dinsdag 24 Junie – Heer en Lewendmaker
1 Petrus 1: 3-11 1 700 jaar gelede in Nicea, sowat 50 km van Konstantinopel, het afgevaardigdes van die kerk besin oor God Drie-enig. Die aanleiding hiervan was die dwaalleer van Arius. Sy uitspraak oor Jesus Christus dat daar ’n oomblik was toe Hy nie was nie,...