Saterdag 18 Julie – Stil word

Eksodus 2: 23 tot 3: 17

Moses het mos uit Egipte gevlug nadat hy ’n Egiptenaar doodgemaak het. Hy het vir ’n lang tyd in die woestyn gaan leef in die land Median. Daar het hy sy vrou ontmoet en met haar getrou en kinders gehad. Hy het weggekom uit die besige Egipte wat net heeltyd gebou, gebreek en slawe gedryf het. Hy het ingeskakel by ’n groepie mense wat met hul skape rondgetrek het op soek na weiding. Sy lewe het drasties rustiger geword. Dit is toe dat hy eendag terwyl hy skape opgepas het, so by ’n bos verbyloop wat besig was om te brand. ’n Enkele bos wat brand.

Moses het gesien hier is iets vreemd aan die gang, maar hy moes vir ’n hele paar minute eers daar gestaan en kyk het voordat hy kon agterkom dat hierdie bos of boom nie gaan uitbrand nie. Dat dit nie net ’n vreemde verskynsel is nie, maar ’n wonderwerk! Moses het stil geword en tyd gemaak om te kyk en wag. Dalk is dit een van die redes hoekom die Here juis vir hom gekies het om vir Israel te lei – omdat Moses tyd gemaak het om die wonderwerk in die alledaagse lewe raak te sien. God was mos al van Moses se geboorte af in sy lewe betrokke, maar noudat Moses stil geword het, kon hy dit begin raaksien en het die Here met hom begin praat.

As ons mooi gaan kyk en begin tyd maak om te luister, dan sal ons ook makliker die wonders van God in die alledaagse kan raaksien. Wanneer ons dan mooi kyk na ons teksgedeelte, sien ons dat die verhaal nie by Moses begin nie, maar by God. God het eerste tyd gemaak om te luister na die Israeliete wat na Hom roep in hul nood. Ons leer by die Here hoe om tyd te maak vir Hom en vir ander. Mag ons dit deel van ons leefwyse maak om stil te word om te luister na God se roepstem in die alledaagse.

Ds Waldo Pretorius, Ventersdorp

Dinsdag 20 Januarie – Die kosbaarhede van God

Josua 3: 5-11 en 17 Josua 3: 3 vertel van die verbondsark. ’n Heilige kis wat deur Besaleël van doringhout gemaak is. Dit is die tydperk van ’n nuwe begin vir Israel. Die eerste fase waar hulle die beloofde land moet binne gaan. Met ’n prosessie, die priesters wat die...

read more

Maandag 19 Januarie – Die teenwoordige heerlikheid van God

Jeremia 14: 1, 3-4 en 7-9 (AFR2020) Droogtes is ook nie vir ons vreemd nie. Hierdie vertelling van ’n droogte begin so: Die woord van die Here kom na aanleiding van die groot droogte. Die noodkreet weerklink vanuit Jerusalem: daar’s nie water nie. In die stad stuur...

read more

Sondag 18 Januarie – Die verborge heerlikheid van God

Eksodus 33: 7-23 (AFR2020) Moses en die volk is opsoek na veiligheid en sekuriteit nadat hulle Egipte verlaat het. God het immers belowe dat hulle ’n nageslag sou hê. Die episode van die goue kalf veroorsaak dat hulle God se persoonlike teenwoordigheid ontbeer. Moses...

read more

Saterdag 17 Januarie – Ek sal opdaag!

Johannes 12: 20-22 Vanoggend staan ons nie naby aan Palmsondag nie, maar daar is wel ’n les wat ons uit die verhaal van Palmsondag só aan die begin van die jaar kan leer. Tydens Jesus se aankoms in Jerusalem het die volgende in Johannes 12: 20-22 plaasgevind: Daar was...

read more

Vrydag 16 Januarie – Nes die dissipels…

Markus 8: 27-29 Om ’n volgeling van Jesus te wees en te probeer verstaan wie Jesus is, is om gewillig te wees om op dieselfde reis as die dissipels te gaan. Om bereid te wees om so reis aan te pak. ’n Reis gevul met onsekerheid en verwarring, maar ook verwondering!...

read more

Donderdag 15 Januarie – Soos Jesus met ander

2 Korintiërs 3: 18 Hoe leer ’n mens soms die maklikste van ’n ander kultuur of geloof? Meestal deur waarneming en dit is presies hoe mense ook soms van ons geloof leer! Die wêreld kyk na ons as gelowiges as hulle iets oor Christus wil leer, as hulle iets oor ons...

read more